`4x4 Roete Groenkloof Vrystaat

Roete: Groenkloof

Groenkloof in die Oos-Vrystaat het twee roetes wat onderskeidelik 2 en 3 gegradeer is. Jy sal plek-plek moet uitklim en eers besin. Groenkloof is ’n werksplaas van 2 000 ha sowat 27 km buite Clocolan. Die Oos-Vrystaat se natuurprag van plaasgrond teen die agtergrond van sandsteenkranse en ’n oneindige hemelruim, maak ’n mens se knieë lam. Groenkloof was op ’n tyd ’n Wesleyaanse sendingstasie, maar is deesdae ’n plaas met beeste en waar mielies en sonneblomme verbou word....

Moolmanshoek

Steeds onoortreflik

Ná tien jaar van roetes gradeer, beïndruk ’n roete nie sommer meer vir Peter Levey nie. As hy dus die slag in vervoering raak, is dit tyd om self plek te bespreek. Daar is 4×4-roetes … en dan is daar die 4×4-roetes by Moolmanshoek. Dié private reservaat tussen Ficksburg en Rosendal in die Oos-Vrystaat bied drie […]Lees meer

De Wildt 4x4

Beter as medisyne!

As jy brand om in die wye ooptes uit te kom, maar jy het nie juis tyd of ’n plaas se geld nie, reken Geoff Levey die De Wildt-4×4 is die roete waarmee jy die jeuk kan krap. Jy kom selde op ’n roete af wat gerieflik naby die huis is, maar jou terselfdertyd laat […]Lees meer

Lekoa

Lekoa: Staan reg vir bederf!

As jy die vakansie in die omgewing van Villiers en Vereeniging is, skuif ’n dag of drie opsy om bederf te word by Lekoa Lodge, sê Geoff Levey.Lees meer

Buffalo Gorge-4x4-roete 4

Buffalo Gorge Eco Adventure

By die Buffalo Gorge Eco Adventure-sentrum naby Middelburg, Mpumalanga, kan jy op ’n paar taai hindernisse oefen tót jy dit onder die knie het. Maar jy kan ook laat waai in ’n “sagte” veldvoertuig, skryf Peter Levey. As jy ’n slag op ’n 4×4-roete naby Gauteng wil gaan oefen om ’n rivier oor te steek […]Lees meer

rebellie

Ruk op na Rebellie

Op die Rebellie-4×4-roete naby Clarens in die Oos-Vrystaat word die koring van die kaf en die manne van die muise geskei, het Philip Sackville-Scott agtergekom. Lees meer

rust

Rust de Winter 4×4 Bundu-roete

  101 Roetegids | 2010 Rust de Winter 4×4 Bundu Rust de Winter is ’n staatseiendom van 27 ha op die oewer van die Elandsrivier. Dit is ook die setel van die 4x4ATV- (All Terrain Vehicle) organisasie, wat verantwoordelik is vir die bestuur van die roete en sy geriewe. Die Bundu-roete loop hoofsaaklik oor bergagtige […]Lees meer

Picture1

Rooiheuwel-vakansieplaas

Rus, vrede en lekker skaapvleis Die padteken by die ingang van die Rooiheuwel-vakansieplaas beloof jy sal jou hart in die Karoo verloor en vrede vind. Volgens Philip Sackville-Scott is dit net ’n paar van die moontlikhede op die plaas … Die Rooiheuwel-vakansieplaas, 80 km wes van Beaufort-Wes, is ’n plek waar jy nog regte, egte […]Lees meer

Picture2

Mac Mac Summit-roete

101 Roetegids | 2010 Mac Mac Summit-roete Die Mac Mac Forest Retreat lê in die middel van die Komatiland-bosbewaringsgebied, halfpad tussen Sabie en Graskop op die Mpumalanga-platorand. Die Mac Mac Summit-roete is eintlik ’n netwerk van paadjies deur ’n konsessiegebied van 77 000 ha in ’n diverse biosfeer, eerder as ’n enkele roete. Watter roete […]Lees meer

trails_weskaap_damon_1

Damon-4×4-roete

Die Damon-4×4-roete het sy naam aan ’n berugte kalant te danke. Dis genoem na ’n veedief wat in die vroeë 1900’s skape en varke in die omgewing van Worcester gesteel het, en dit in ’n geheime grot diep in die Langeberg versteek het. Lees meer

trails_weskaap_biedouw_2

Biedouw-4×4

101 Roetegids | 2010 Biedouw-4×4-roete Die afgeleë Biedouw-4×4-roete is bekend vir sy uitsonderlike natuurskoon. Dis ’n matige roete wat in die Biedouwvallei begin, en om daar te kom, is deel van die avontuur omdat jy deur Clanwilliam en oor die Pakhuispas moet ry en die  besondere Sederberge jou heeltyd omring. Die 30 km lange bergroete […]Lees meer

Bergwoning_roete-1

Bergwoning

Deur diep waters in Bergwoning Die Bergwoning-4×4-roete is een wat elke 4×4-bestuurder eenvoudig móét ry. Neem maar die ompad as jy in die geweste is – dis die moeite werd, sê Philip Sackville-Scott. Reg teen die Golden Gate-bergreeks, skaars 15 km buite Clarens, is waar jy Bergwoning Adventures sal kry. Die plaas lê op die […]Lees meer

trails_mpumalanga_lebombo_2

Lebombo-ekoroete

101 Roetegids | 2010 Lebombo-ekoroete Die Lebombo-ekoroete is ’n 500 km lange vyfdaagse buitelugavontuur in die hart van Suid-Afrika se grootste wildtuin. Hierdie toer vertrek elke Sondag van Krokodilbrug af in die Krugerwildtuin en eindig die volgende Donderdag by Pafuri. Die roete loop styf teen die park se grens van die punt waar Mosambiek en […]Lees meer

DO38_WR20_didibeng_2

Didibeng Mountain Park

Hoog en droog in Didibeng As jy die uitsig en ’n half oor die Maluti’s van die Didibeng-bergpark af wil beleef, beter jy nie aan hoogtevrees ly nie. Philip Sackville-Scott het ’n paar keer diep asemgehaal en toe’t hy die roete gepak. As jy graag aan die wille kant speel – ons praat nou hier […]Lees meer

DO38_WR20_Rhino_2

Rhinopark-4×4

’n Bul van ’n roete Het jy ’n rowwe week agter die rug? Wil jy stoom afblaas? Geoff Levey het net die plek daarvoor – op Gauteng se voorstoep. As jy soek na ’n dag se 4×4-pret naby Johannesburg of Pretoria is die Rhino Park-4×4-roete die antwoord. Hoewel dit net ’n 12 km lange sirkelroete […]Lees meer

dagga

Dagga Three Sisters-roete aka Cederville Scenic

101 Roetegids | 2010 Dagga-Drie Susters | Cedarville Scenic Die Dagga-Drie Sustersroete en die Cedarville Scenic is geleë in die voetheuwels van die Drakensberg, in die sandsteenriwwe van die Cedarberg (nee, ons verwar dit nie met die Sederberge in die Wes-Kaap nie). Dié twee roetes is ’n uitstekende wegbreekkans, met gelyke dosisse rustigheid, adrenalien en […]Lees meer