Hulpligte | Werp lig op die saak


DO35_WR17_Gear_Lights_11


 
Nes ’n modderbespatte wenas of ’n bufferplakker wat spog “Ek is Van Zylspas se baas”, kan hulpligte jou soos ’n meneer in die veld laat lyk. Jy kan selfs begin dink jy is Kingsley Holgate se aangewese opvolger…

Maar meestal en in die meeste situasies is standaardligte meer as genoeg. Het jy dus werklik hulpligte op jou 4×4 nodig?

Dit hang af: Die twee gevalle waar dit beslis ’n verskil sal maak, is as jy dikwels vinnig ry in die aand, veral op paaie waar jy dalk ’n dier of ’n slaggat kan tref. Of as jy in die nag 4×4, waar ’n groter, sterker ligstraal sal voorkom dat ’n donga jou aste vir jou knoop.

Hou ook in gedagte dat hulpligte nie die goedkoopste 4×4-ekstra is nie –hoewel die prys darem gewoonlik ’n goeie aanduiding is van die verrigting en gehalte daarvan.
Ja, jy betaal meer vir sekere handelsname, maar hoe duurder ’n lig, hoe taaier en hoe beter is dit aanmekaargesit. Afhangende van hoe gereeld jy 4×4 en hoe hard jy jou ligte gaan laat werk, kan dit belangrik (of onbenullig) wees.
Die huistoevat-boodskap is dit: As jy die taaiste en die helderste wil hê, gaan jy dieper in jou sak moet grawe.

In die kol
Streng gesproke is ’n “kollig” ’n spesifieke soort hulplig wat ’n lang, dun straal baie ver gooi (terloops, dit word ook ’n bundelstraallig genoem). Dan kry jy ook nog ryligte, vloedligte en misligte – elk met ’n ander gebruik – maar die meeste mense praat sommer van dié hele lot as “kolligte”.

Die kort en lank van ligte

Hier is ’n uiteensetting van die tabelle op die volgende paar bladsye. Dit gee jou ook ’n goeie aanduiding van waarna om te kyk as jy ’n hulplig koop.

Soort.

Maak seker jy kies die regte soort hulplig vir jou behoeftes.

1. Kollig:
Dit het ’n helder lens en spesiaal ontwerpte weerkaatsers wat ’n dun straal oor ’n groot afstand gooi. Kolligte is eintlik bedoel vir tydrenbestuurders, of ’n ou wat dink hy is ’n tydrenbestuurder.

2. Rylig:

Kyk mooi na die lens en jy sal talle riffies of rimpels sien. Dit is eintlik prismas wat die lig versprei, gevolglik die straal se radius aansienlik vergroot en dus ’n wyer gebied verlig. ’n Rylig se straal strek dalk nie so ver soos ’n kollig s’n nie, maar dit is beter vir ry in die nag omdat dit nie net die pad verlig nie, maar ook langs die pad.

Wenk: As jy nie tussen kolligte en ’n ryligte kan kies nie, oorweeg ’n kombinasie van die twee. Party vervaardigers verkoop individuele ligte sodat jy ’n kollig én ’n rylig kan aansit (mits die wattverbruik van die gloeilampe dieselfde is).

3. Mislig:
In mis weerkaats die straal van ’n standaardlig van die waterpartikels en “verblind” die bestuurder. Hoewel daar nie te veel nut vir misligte in Suid-Afrika is nie, kan dit jou tog help in mistige (of stowwerige) omstandighede. Dis belangrik dat dit so laag as moontlik aangesit word sodat dit onder die mis kan inskyn. ’n Amberkleurige lens werk beter as ’n helder lens omdat die golflengte van ’n geel lig nie so maklik deur klein partikels versteur word nie.

4. Vloedlig:

Met sy geriffelde lens lyk dié lig baie soos ’n rylig, behalwe dat die prismas selfs nog meer doeltreffend is en dus die ligstraal oor ’n nog groter area versprei. Die straalsterkte is maar swak, wat dit eintlik nutteloos maak vir bestuur. Maar dit werk soos ’n bom as dit as ’n werklig op ’n dakrak gemonteer is.

Vorm.

Die algemene reël is dat ’n ronde huls die beste is vir ’n kollig (die vorm van die paraboliese weerkaatser is belangrik) en ’n reghoekige of vierkante huls vir ryligte (die vorm help glo om die straal beter te versprei). Maar omdat plek en voorkoms ’n probleem kan wees, is dit nie altyd moontlik om hierby te hou nie. Om dié rede gee vervaardigers jou gewoonlik ’n keuse.

Grootte.

Party hulpligte gaan eenvoudig net nie op jou 4×4 pas nie. ’n Kollig het veral ’n diep paraboliese weerkaatser, en dis soms onmoontlik om dit op ’n standaardbuffer te monteer. Die oplossing? Kies ’n kleiner lig, of laat sit ’n pasgemaakte buffer of bosbreker aan. ’n Lig met ’n groot lens kan weer die vloei van lug na die enjin belemmer. Vra jou 4×4-winkel of toebehoresentrum vir advies.

Soort gloeilamp.

Halogeengloeilampe word algemeen gebruik, maar party vervaardigers het ook HID (high intensity discharge) Xenon-gloeilampe. Dis baie duurder (heelwat duurder), maar gooi ’n baie witter straal, soortgelyk aan daglig. Jy kan beter sien, dis helderder, en boonop maak dit nie jou oë moeg nie. En nes die kompakte fluoorgloeilampe wat jy in die huis gebruik, is HID-ligte meer energiedoeltreffend.

Gloeilampsterkte.

Die sterkte van gloeilampe word in watt (W) uitgedruk, en die algemeenste is 55W, 100W en 130W. ’n Hoër wattverbruik is gewoonlik ’n aanduiding dat dit ’n sterker lig is, maar ander faktore soos die ontwerp van die lens en die gehalte van die weerkaatser kan soms daartoe bydra dat ’n lig met ’n laer wattverbruik stof in die oë van die sterker lig skop.

Lensmateriaal.

Versterkte glas word gewoonlik gebruik omdat dit die hoë temperatuur kan weerstaan wat die gloeilamp genereer. Die groot nadeel hiervan is: Net een klip = koebaai lens. Dis waarom sommige vervaardigers Lexan gebruik, ’n spesiale splintervrye polikarbonaatharpuis wat ook in die helmvisiere van Formule Een-renjaers en ruimtepakke gebruik word. Maar dis baie duurder, en jy sal dit net in die beste (en duurste) modelle kry.

Hulsmateriaal.

Metaal is verreweg die algemeenste en jy kan kies tussen bedekte staal (die goedkoopste), vlekvrye staal (duurder, maar die geld werd as jy aan die kus bly), en soms ook aluminium (ligter, maar duurder).
Jy kry ook hulse van polikarbonaat, wat nie so maklik soos metaal induik of chip nie, en selfs koolstofvesel, wat geweldig lig en sterk is, maar ’n plaas se geld kos.

Bedradingsbundel.

As jou toebehoresentrum jou voertuig se bestaande bedrading kan gebruik, is dit nie ’n probleem as die lig nie ’n bedradingsbundel het nie. Maar meer dikwels sal ’n spesiale bundel gebruik moet word om die hoër wattverbruik te kan hanteer. Dít sal langer duur om dit aan te sit, en gevolglik ook duurder wees.

Ekstras/spesiale kenmerke.

Nuttige ekstras soos ’n deursigtige plastiekbedekking, wat die lig teen klippe beskerm sonder om die straal te versper, en sluitmoere, sodat jou ligte nie voete kry nie. 

Prys.

Oor die algemeen is die prys ’n aanduiding van die gehalte van die tegnologie, materiaal en konstruksie. As jy dus die taaiste en die helderste lig wil hê, gaan jy’n gewillige tjekboek moet hê.

Die lig aan die einde van die tonnel

Die Wet van Ligte.
Volgens wet mag jy nie met ’n lig aan ry wat sterker as 55W is nie. Waarom praat ons dan van ligte wat 100W of meer lewer? Dis omdat dit net vir gebruik in die veld bedoel is. Dis ook waarom die meeste hulpligte plastiekbedekkings het as jy in die stad daarmee ry.
Dis ook onwettig om ligte hoër as die enjinkap aan te sit. Dus, daai ry Camel Trophy-agtige ligte op die rolstaaf lyk dalk indrukwekk
end, maar dis onwettig.

Daar gaan die battery…
In die meeste gevalle sal jou battery sonder probleme genoeg krag aan sterk hulpligte voorsien.
Hoewel jy waarskynlik jou voertuig aan die brand sal moet stoot as jy jou 170W-lampe oornag laat brand, behoort die alternator mans genoeg te wees terwyl jy ry.
Maar as jy gelyktydig kraghonger toestelle soos ’n yskas en lugversorging moet laat loop, gaan jou alternator dalk nie die pas kan volhou nie. Jou 4×4-toebehoresentrum kan jou hieroor raad gee.

Wat ruik so?
Dit gaan afhang hoe lank jy vat om jou fout agter te kom, maar die plastiekbedekking kan aan die lens vasbrand as jy die ligte aansit en nie die bedekking afhaal nie.

Wat’s daai geluid?
Afhangende van hul grootte en waar dit aangesit is, kan hulpligte jou 4×4 langer maak. Wees dus versigtig om dit nie teen die garagemuur of werkbank te vermorsel as jy parkeer nie.

Bl 2 | Koopgids A


HELLA MATADOR

SOORT: Vloed 

VORM: Rond

GROOTTE: 170 x 130 mm

SOORT GLOEILAMP:  Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 55W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Plastiek

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Kantelbaar en ’n nuttige gryphandvatsel

•    Klipbeskerming

PRYS: R700 elk


MAXE 6 DUIM 

SOORT: Kollig

VORM: Rond

GROOTTE: 146 x 133 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Vlekvrye staal

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE: Nee

PRYS: R1 450 per paar


HELLA RALLYE 3003 COMPACT

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 172 x 118 mm

SOORT GLOEILAMP: Nie met gloeilamp verkoop

GLOEILAMPSTERKTE: Nie met gloeilamp verkoop

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Plastiek

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE: Ja

PRYS: Vanaf R995 elk


CIBIE OSCAR

SOORT: Rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 180 x 122 mm

SOORT GLOEILAMP: Nie met gloeilamp verkoop

GLOEILAMPSTERKTE: Nie met gloeilamp verkoop

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Bedekte staal

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Sluitmoere

•    Halogeengloeilampe (55W, 105W, 130W)

PRYS: R1 445 elk


KC HILITES 69 SERIES

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Reghoekig

GROOTTE: 229 x 152 x 120 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen of Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: Halogeen: 100W; HID: 35W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Bedekte staal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    23 jaar-waarborg

PRYS: 

•  Halogeen: R2 900 per paar

•  HID: R9 200 per paar


HELLA LUMINATOR COMPACT

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 170 x 114 mm

SOORT GLOEILAMP: Nie met gloeilamp verkoop

GLOEILAMPSTERKTE: Nie met gloeilamp verkoop

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Bedekte metaal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Hella-halogeengloeilampe

PRYS: Vanaf R1 515 elk 


KC HILITES 50 SERIES

SOORT: Kol-/ry-/vloed-/mislig

VORM: Rond

GROOTTE: 127 x 110 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen of Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: Halogeen: 100W; HID: 35W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Bedekte metaal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    23 jaar-waarborg

PRYS:

•  Halogeen: R2 400 per paar

•  HID: R9 000 per paar


Bl 3 | Koopgids B

KC HILITES DAYLIGHTER

SOORT: Kol-/ry-/vloed-/mislig

VORM: Rond

GROOTTE: 152 x 133 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen of Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: Halogeen: 130W; HID: 35W

LENSMATERIAAL: Glas (halogeen), Lexan (HID)

HULSMATERIAAL: Vlekvrye staal of bedekte staal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Klipbeskerming

•    Sluitmoere

•    23 jaar-waarborg

PRYS:

•  Halogeen: Vanaf R2 400-R2 900 per paar

•  HID: R9 600 per paar


WARN 5 DUIM

SOORT: Kollig

VORM: Rond

GROOTTE: 127 x 110 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Vlekvrye staal

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE: Nee

PRYS: R1 270 elk


HELLA RALLYE 3003

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 222 x 124 mm

SOORT GLOEILAMP: Nie met gloeilamp verkoop

GLO
EILAMPSTERKTE:
Nie met gloeilamp verkoop

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Plastiek

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE: Nee

PRYS: Vanaf R1 300 elk


WARN 6 DUIM

SOORT: Kollig

VORM: Rond

GROOTTE: 152 x 125 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Vlekvrye staal

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE: Nee

PRYS: R1 520 elk


CIBIE SUPER OSCAR

SOORT: Rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 220 x 130 mm

SOORT GLOEILAMP: Nie met gloeilamp verkoop

GLOEILAMPSTERKTE: Nie met gloeilamp verkoop

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Bedekte staal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Sluitmoere

•    Halogeengloeilampe (55W, 105W, 130W)

PRYS: R1 540 elk


HELLA LUMINATOR

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 224 x 130 mm

SOORT GLOEILAMP: Nie met gloeilamp verkoop

GLOEILAMPSTERKTE: Nie met gloeilamp verkoop

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Bedekte metaal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Hella-halogeengloeilampe

•    Xenon HID-weergawe (Luminator X) ook beskikbaar

PRYS:

•  Halogeen: Vanaf R1 605 elk

•  Xenon HID: R3 121 elk


IPF 840 SERIES

SOORT: Mislig

VORM: Reghoekig

GROOTTE: 168 x 88 x 68 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 85W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Aluminium

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Ligstutte vir ekstra stabiliteit

PRYS: R3 295 per paar


Bl 4 | Koopgids C

LIGHTFORCE 140 LANCE

SOORT: Kol-/ry-/vloedlig

VORM: Rond

GROOTTE:142 x 138 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 75W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Polikarbonaat

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    HID-opgraderingstel

•    ’n Keuse van aanknip-filters

•    Straal wat gefokus kan word

•    Dompelbaar

PRYS: R3 506 per paar


KC HILITES SLIMLITE

SOORT: Kol-/ry-/vloed-/mislig

VORM: Rond

GROOTTE: 152 x 70 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 130W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Bedekte staal (swart of chroom)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Klipbeskerming

•    23 jaar-waarborg 

PRYS: R3 600 per paar


LIGHTFORCE 170 STRIKER

SOORT: Kol-/ry-/vloedlig

VORM: Rond

GROOTTE: 173 x 155 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Polikarbonaat

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    HID-opgraderingstel

•    ’n Keuse van aanknip-filters

•    Straal wat gefokus kan word

•    Dompelbaar

PRYS: R3 933 per paar


IPF 108 SERIES

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 159 x 72 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Chroombedekte staal

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Ligstutte vir ekstra stabiliteit

PRYS: R4 238 per paar


LIGHTFORCE 240 BLITZ

SOORT: Kol-/ry-/vloedlig

VORM: Rond

GROOTTE: 242 x 177 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Polikarbonaat

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    HID-opgraderingstel

•    ’n Keuse van aanknip-filters 

•    Straal wat gefokus kan word

•    Dompelbaar

PRYS: R5 387 per paar


KC HILITES RALLY 800

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 203 x 130 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen of Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: Halogeen: 130W; HID: 35W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Vlekvrye staal (gepoets of bedekte swart)

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

• &n
bsp;  Sluitmoere

•    Klipbeskerming

•    23 jaar-waarborg

PRYS:

•  Halogeen: R5 500 per paar

•  HID: R12 000 per paar


IPF 800 SERIES

SOORT: Kol-/ry-/mislig

VORM: Reghoekig

GROOTTE: 214 x 147 x 112 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 130W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Poeierbedekte staal

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Ligstutte vir ekstra stabiliteit

PRYS: R2 866 elk


Bl 5 | Koopgids D

IPF 800 XS


SOORT: Kol-/rylig

VORM: Reghoekig

GROOTTE: 214 x 147 x 112 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 65W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Staal

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Ligstutte vir ekstra stabiliteit

•    65W-gloeilampsterkte gelykstaande aan 130W danksy die weerkaatser se ontwerp

PRYS: R5 930 per paar


IPF 900 XS

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 200 x 115 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 65W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Steel

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Deursigtige bedekking

•    Ligstutte vir ekstra stabiliteit

•    65W-gloeilampsterkte gelykstaande aan 130W danksy die weerkaatser se ontwerp

PRYS: R5 931 per paar


LIGHTFORCE  240 XGT

SOORT: Kol-/ry-/vloedlig

VORM: Rond

GROOTTE: 247 x 175 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 100W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Polikarbonaat

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    HID-opgraderingstel

•    ’n Keuse van aanknip-filters

•    Straal wat gefokus kan word

•    Dompelbaar

PRYS: R3 420 elk


LIGHTFORCE 170 HID

SOORT: Kol-/ry-/vloedlig

VORM: Rond

GROOTTE: 173 x 155 mm

SOORT GLOEILAMP: Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: 35W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Polikarbonaat

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    ’n Keuse van aanknip-filters

•    Straal wat gefokus kan word

•    Dompelbaar

PRYS: Vanaf R9 452 tot R11 256 per paar


IPF 930 SUPER RALLY

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 220 x 141 mm

SOORT GLOEILAMP: Halogeen

GLOEILAMPSTERKTE: 170W/100W

LENSMATERIAAL: Glas

HULSMATERIAAL: Aluminium

BEDRADINGSBUNDEL: Nee

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Bedradingsbundel

•    Deursigtige bedekking

•    Ligstutte vir ekstra stabiliteit

•    Dubbelstraalsterkte (skakel tussen 100W of 170W)

PRYS: R5 599 elk


KC HILITES KC POD

SOORT: Kol-/rylig

VORM: Rond

GROOTTE: 220 x 203 mm

SOORT GLOEILAMP: Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: 70W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Koolstofvesel

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    Ekstra monteerboute vir stabiliteit

•    23 jaar-waarborg

PRYS: R20 000 per paar


LIGHTFORCE 240 HID

SOORT: Kol-/ry-/vloedlig

VORM: Rond

GROOTTE: 247 x 175 mm

SOORT GLOEILAMP: Xenon HID

GLOEILAMPSTERKTE: 35W

LENSMATERIAAL: Lexan

HULSMATERIAAL: Polikarbonaat

BEDRADINGSBUNDEL: Ja

EKSTRA/SPESIALE KENMERKE:

•    ’n Keuse van aanknip-filters

•    Straal wat gefokus kan word

•    Dompelbaar

PRYS: R13 509 elk


Waar koop ek dit?

Kontak die nommers hieronder om ’n handelaar naby jou te kry.

Cibie *011 670 8400

Hella *041 991 0781

IPF *021 511 3311

KC Hilites *021 785 3563

Lightforce *011 792 6644 

Maxe *031 713 2200

Warn *011 627 2500

* Die vervaardigers het die inligting verskaf.  * Pryse is korrek teen druktyd, maar kan van handelaar na handelaar verskil.