Hilux Ombouing | Gereed vir die Serengeti


hilux_main_after.jpg

Hilux - Before

Hilux-ombouing Deel 1: Laaie

Een van die grootste frustrasies van ’n reis is gewoonlik die pakkery. Jy kan ’n groot klomp gereedskap in die agterkant van ’n Hilux-bakkie laai, maar dit raak lastig om alles elke keer by ’n nuwe kampplek uit en in te pak. Die eerste stap van die ombouing was om ’n laaistelsel agterin te installeer. Volg die skakel en lees meer oor hoe Villiers dit gedoen het: Deel 1: Laaie

Hilux-ombouing Deel 2: Kolligte

Die tweede stap van die Hilux se ombouing was om ’n paar kolligte op die voorkant te monteer. Hoewel hulle nie van plan is om in die nag te ry nie, maak hulle gereed vir onvoorsiene omstandighede en die grootste gevaar is wilde diere wat snags oor die pad loop. Kyk hier hoe lyk dit: Deel 2: Kolligte

Hilux-ombouing Deel 3: Aluminiumkappie

Om die Hilux in ’n behoorlike en gemaklike pakwa te verander is die standaardkappie verruil vir een van aluminium. Nadat hy na verskillende modelle gekyk het, het hy besluit op ’n Alu-Cab met deure aan albei kante asook ’n vollengte deur aan die agterkant. Met al drie deure oop, is al die toerusting binne bereik: Deel 3: Aluminiumkappie

Hilux-ombouing Deel 4: Daktent

Villiers was nog nooit mal oor ’n daktent nie, maar ten spyte hiervan is daar besluit om ’n daktent te toets. Sodra ’n daktent op is, lyk dit regtig indrukwekkend, maar Villiers is steeds nie oortuig dat dit beter is as ’n eenvoudige driemantent op die grond nie. Die daktent is op (kyk hier hoe lyk hy: Deel 4: Daktent), maar daar word nog besluit of hy goed genoeg gaan wees om saam te neem Serengeti toe.

Hilux-ombouing Deel 5: Dakrak (voor)

Een dakrak aan die agterkant sal nooit genoeg wees nie. Die span kort plek vir ’n tweede noodwiel, twee gasbottels, twee petrolkanne en ander ditjies en datjies soos hout, kratte, ens. Om hiervoor plek te maak is ’n voorste dakrak van African Outback geïnstalleer: Deel 5: Dakrak

Hilux-ombouing Deel 6: Stop die stof!

Stof, stof en nogmaals stof! Een van die grootste frustrasies van Afrika se agterpaaie is die stof wat in jou kappie inwaai en alles met ’n dik laag bedek elke keer as jy grondpad ry. Om hierdie rede het Villiers besluit om die agterste flap met ’n dun, stofvrye strook te bedek. Lees meer: Deel 6: Stof

Hilux-ombouing Deel 7: Vering-ondersteuning

Nadat die ses vorige stappe gedoen is, het die vering begin swaarkry en die agterkant van die Hilux het begin hang. Om dit effens te lig is die voertuig toegerus met Load Hog-veringondersteuning op die agterste bladvere. Dit het net twintig minute geneem om in te sit, maar dis ’n groot verbetering aan die vering! Kyk hier hoe lyk dit: Deel 7: Vering

Hilux - After