Resultate 1 tot 1 van 1

Draad: Pannekoek resepte

  1. #1
    Administrateur WegRy-admin's Avatar
    Aangesluit
    14-10-11
    Plek
    Kaapstad
    Boodskappe
    514
    Wat ry jy?
    Toyota Condor
    Regte naam
    Op die oomblik niemand

    Post Pannekoek resepte

    Pannekoek is nie net vir kerkbasaars nie

    Jou ma het dalk altyd pannekoekdeeg aangemaak as dit sous buite, maar die boere glo jy moenie pannekoek bak as dit reŽn nie, want dit jaag glo die reŽn weg. Diep in die bos sal jy vergewe word as jy teen dag drie van gietende donderstorms pannekoek bak om te kyk of jy dit nie kan laat opklaar nie.

    Pannekoek is eintlik uitstekende kos vir die bos, want jy kan dit voor die tyd vries in ’n plat plastiekbak en saamtoer. Dan kan jy in ’n japtrap ’n vulsel of sous vir aandete aanmekaar slaan.

    Basiese pannekoekdeeg resep:

    Jy het nodig vir sowat 30 pannekoeke:
    • 4 eiers
    • 5 koppies water
    • 1 koppie sonneblomolie (plus ekstra om te bak)
    • ľ koppie witasyn
    • 1 teelepel koeksoda
    • 1 teelepel sout
    • 4 koppies koekmeel
    • 4 teelepels bakpoeier
    Meng die deeg. Klits die eiers goed. Voeg 1 koppie van die water by en dan die olie en asyn. Meng die koeksoda, sout en meel met die res van die water en klits hierdie mengsel stadig by die vloeistof. Roer die bakpoeier in. Sit die deeg minstens ’n uur in jou kampyskas voor jy die pannekoeke bak.

    Hou dit warm. Hou die gebakte pannekoeke warm deur dit op ’n bord oor ’n kastrol met warm water te sit. As dit deurgaar is, sal die pannekoeke nie aan mekaar vassit nie, maar dit help ook as jy elke pannekoek eers met suiker besprinkel wanneer jy dit opstapel (dis nou as jy soet pannekoeke gaan maak).


    Afgesien van die immergewilde kaneelsuikerpannekoek kan jy dit vir ontbyt opdis met roereier, vir middagete voorsit met blokkies advokado en tamaties en vir aandete vul met ’n lekker bredie. En die moontlikhede vir nagereg met pannekoek is natuurlik legio.

    Hier is WegRy se idees vir vulsels:

    Patat-en-spinasie-pannekoek

    Chilli con Carne-pannekoek

    Maleisiese bonebredie

    Melktertpannekoek
    Aangehegte duimnaelsketse Aangehegte duimnaelsketse DO47_WR29_Boskos-2.jpg‎   DO47_WR29_Boskos-3.jpg‎   DO47_WR29_Boskos-4.jpg‎   DO47_WR29_Boskos-5.jpg‎  
    Last edited by WegRy-admin; 12-01-12 at 09:11.

Merkers vir hierdie draad

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •