Mosselsop


DO38_WR20_boskos_3

Enige Weskusklong wat uit die bos uit branders toe verlang, kan in ’n japtrap hierdie nommertjie aanmekaarslaan.

Jy het nodig (vir 4-6 porsies):

• 1 x 305 g-blik gekonsentreerde hoendersop
• 1 tamatie, geskil en in klein blokkies gesny
• 2 x 105 g-blikkies gerookte mossels, gedreineer en fyngedruk
• 1½ koppie melk
• 1½ koppie water
• 250 ml-kartonnetjie langleweroom
• 4 eetlepels koekmeel
• 2 eetlepels droë sjerrie (opsioneel)
• knypie suiker
• sout en witpeper na smaak

Dan maak jy só:

Dit kóók.
Gooi die hoendersop, tamatie, mossels, melk en water in ’n kastrol en bring dit tot kookpunt. Verlaag die hitte.

Ryk en romerig.

Stir the cream and cake flour together until there are no more lumps and add to the mussel mixture.
Simmer over low heat for a few minutes while stirring continuously.

’n Knippie sout.
Voeg die sjerrie, suiker, sout en peper by.

PROBEER OOK: Ertjiesop; Botterskorsie-en-tamatiesop;  Grondboontjiesop