Veldrywiele vir Disco en Range Rover Sport

Hoewel die Land Rover Discovery 4 sowel as die Range Rover Sport albei redelik bekwaam is in die veld, is hulle 19 duim-bande baie kwesbaar vir skade. ’n Suid-Afrikaanse maatskappy genaamd 18 Inch Off-Road het nou egter die plaaslike verspreidingsregte van Australiese Compomotive 18 duim-wiele bekom.
Hierdie wiele stel die eienaars nie net in staat om hulle bande behoorlik af te blaas vir veldrytoestande nie, maar ook om ’n baie groter verskeidenheid bande in die hande te kry.
Die Compomotive-wiele is só ontwerp dat hulle steeds om die groot remknypers van dié rygoed pas – dié remme was die einste rede hoekom Land Rover hulle nie met 18 duim-wiele toegerus het nie. Die wiele se individuele gewigdravermoë van 950kg is 10kg meer as dié van standaard-Land Rover-wiele en hulle gebruik standaard-Land Rover-wielmoere, hoewel die LR-toesluitmoere nie op hulle werk nie. Hulle verbreed die wielspoor met 18mm en pas op die Disco 3, Disco 4, Range Rover Sport (behalwe dié met groot Brembo-remknypers) asook die Freelander 2.
Vir meer inligting oor die Compomotive 18 duim-wiele, kontak Hercu van der Walt by 010 590 5888 of 082 326 4924 of stuur e-pos by *hercu@18inchoffroad.co.za.











