Damon-4x4-roete


101 Roetegids | 2010

Damon-4x4-roete   

Die Damon-4x4-roete het sy naam aan ’n berugte kalant te danke. Dis genoem na ’n veedief wat in die vroeë 1900’s skape en varke in die omgewing van Worcester gesteel het, en dit in ’n geheime grot diep in die Langeberg versteek het.
Damon se kordate diefstalpogings, en sy slinkse ontwykende aard het hom toe “legendestatus” laat verwerf.

GoogleMap GPS blurb: 
roete-koordinate

The Dunes


The Dunes

101 Roetegids | 2010

Op soek na ’n 4x4-roete waar jy jou sandryvernuf kan verbeter?
Dan is The Dunes, net buite Lambertsbaai aan die Weskus, sowat twee en ’n half uur se ry van Kaapstad, die plek vir jou. Dié roete se duine, wat in ’n natuurlike duineveld van 350 ha geleë is, is eiesoortig omdat dit nie groter word of skuif soos ander nie.

Bass Lake-avonture


GoogleMap GPS blurb: 
Naaste dorp-koordinate

Mabote-rivierkamp


101 Roetegids | 2010

Mabote-rivierkamp

Die Mabote-rivierkamp het vier 4x4-roetes, watervalle, swempoele en die kans om ’n blinklyf of twee uit te trek, alles onder die wakende oog van die Waterberg se indrukwekkende sandsteenkranse.
Die uiteenlopende roetes bied jou omtrent die hele spektrum van ry-ervarings: sand, water, modder en klippe.

Zingela Indlela


101 Roetegids | 2010

Zingela Indlela

In die voetheuwels van die Outeniquaberge, 19 km van Mosselbaai af, sal jy dié werkende wild-, krokodil- en veeplaas aantref.

GoogleMap GPS blurb: 
Nearest trail co-ordinates

Walkerbaai-hengelroete


101 Roetegids | 2010

Walkerbaai-hengelroete

As jy ’n 4x4 het en daarvan droom om ’n stukkie strand net vir jouself te hê, dan is die Walkerbaai-hengelroete uitgeknip vir jou.
Dis waarskynlik die naaste wat jy in Suid-Afrika aan strandry kan kom sonder om regtig daarop te ry.

Buffelsfontein-4x4


101 Roetegids | 2010

Buffelsfontein-natuurreservaat

‘Roete’ is waarskynlik nie die regte beskrywing van Buffelsfontein se 4x4-baaan nie – dis eerder ’n groot sandspeelput in ’n natuurlike duinstrook. Dis 7 km lank, kan in albei rigtings gery word, en reservaatpersoneel hou ’n ogie oor die in- en uitgang.

GoogleMap GPS blurb: 
Naaste roete-koordinate
Syndicate content
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association