CGEAR Sandvrye Mat

Ja-wat, trap gerus stof in!
Dink net: ’n grondseil wat stof opsuig soos ’n weggooidoek ’n baba se piepie.
Wel, dis nie so vergesog nie, want Outdoor Warehouse het nou ’n grondseil van materiaal wat ontwerp is om te keer dat militêre helikopters stof opskop as hulle land of opstyg. Sand kan net in een rigting daardeur syfer – ondertoe.
Jy kry ’n klein seiltjie (1,83 x 1,83 m), wat groot genoeg is om op te lê as jy die Defender se uitlaatpyp regmaak, en ’n grote (3,05 x 3,05 m), wat amper ’n behoorlike grondseil is.
Kyk die indrukwekkende video:
Prys: Klein: R399, groot: R699
Kontak: Outdoor Warehouse; info@terrabrands.co.za; www.cgear-sandfree.com
WegRy sê:
Jy sal steeds groter klippies, takkies en blare van die seil moet vee wat nie deur die klein gaatjies kan val nie.
Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011




Kommentare
Hierdie seil is 'n besliste moet as jy by die see kamp! Die sand bly waar dit hoort - onder jou voete!
Pos nuwe kommentaar