Bou jou eie kappie

Greg het sy pa se wyse woorde onthou: “Die regte gereedskap beteken dat die werk al halfpad gedoen is.”
Omdat hy die aluminiumkappie in sy motorhuis wou bou, het hy besluit om die raamwerk van staal te maak aangesien hy dit sommer met sy eie sweismasjien kon bou. Die raamwerk sou dan agterna met aluminiumplate oorgetrek word.
Al wat hy moes aanskaf, was verstelbare klampe en ’n ordentlike skuinshoekmeter (bevel gauge). Dié gereedskap was deurslaggewend vir die projek, sê Greg.

Hoe het jy kappie ontwerp?

Omdat ek nie ’n aluminiumkappie in die hande kon kry nie, het ek foto’s van kappies geneem sodat ek kon besluit hoe myne moet lyk.

Hoe goed werk dit?
Afgesien van ’n lekplek by een deurraam – wat klaar reggemaak is – werk dit goed.
En die hele kappie weeg net 60 kg. My vriende dink dis wonderlik en ek het selfs al ’n bestelling gekry.

Watter gereedskap en ander materiaal het jy gebruik?

•    Werkbank en ’n 100 mm-bankskroef
•    Sweismasjien
•    Skuinshoekmeter (bevel gauge)
•    Klampe – kry soveel as moontlik
•    Skroefbekke (vice grips), wanneer jou klampe te min is
•    Groot en klein slypmasjiene om die staalseksies te sny, sweisplekke netjies te
     maak en slordige plekkies reg te sny
•    Ystersaag
•    Staanboor en ’n handboor
•    Elektriese figuursaag, om openinge vir die slotte en ruite te sny
•    Bokkies
•    Waterpas, om seker te maak die raam – en gevolglik ook die dak – bly gelyk
•    Stanley-mes, om die rubberseëls te sny en gom wat uitpeul te verwyder
•    Plat en vierkantige vyle, om die openinge vir die slotte af te werk
•    Gomspuit vir die kleefmiddel
•    Nylok-boute en moere van vlekvrye staal
•    Versonke, geseëlde aluminiumklinknaels
•    Waterbasisverf
•    Sikaflex Fix-kleefmiddel
•    Verstelbare gassilinders vir die deure

Waar het jy jou materiaal gekoop?
•    RCM Engineering vir al my staal en aluminium
•    McNaughten’s vir die slotte, skarniere en gassilinders
•    KGM vir die aluminiumseksies – hoekig en plat
•    Rivco vir die klinknaels
•    Parow Bolt & Tool vir die boute en moere
•    BASF vir die Sikaflex Fix
•    Rubber Products & Moldings vir die seëls

 

Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association