ATG JIKO-Veelbrandstof-stofie

Kook – altyd en oral
As die spulletjie wil kos hê, en hulle wil dit nou hê, is dié kragtige stofie net wat jy nodig het. Dit kook ’n liter water binne net drie minute.
Dis ook die stofie wat jy in jou ammokrat wil hê as jou gas opraak in Tsodilo-koppies se kampeerplek, want hy werk met byna enige soort brandstof: petrol, paraffien en bensien.
Dit werk selfs met daai propaan/butaangasbommetjies. Paraffien en diesel sal die brander vinniger laat aanpak as ander soorte brandstof.
Dis baie maklik om te gebruik en skoon te maak. Dit werk nes ’n ou primusstofie – jy pomp dit so ’n bietjie om druk op te bou in die silinder, en siedaar!
As enigiets breek of sukkel om te werk, is onderdele maklik te kry van die verspreider, ATG.
Prys: ±R1000
Kontak: Camptrails 021 448 6012; www.camptrails.co.za
WegRy sê:
’n Soortgelyke stofie van Edelrid sal jou nagenoeg R1350 uit die sak jaag.
Oorspronklik gepubliseer in WR #24 Jan-Feb 2011




Kommentare
n ou primus doen dieselfde joppie met parafien (wat jy orals in afrika sal kry) teen minder as 'n kwart van die prys!
Is die stofie nie te hoog geprys nie? Daar is baie ander goedkoper produkte wat dieselfde taak kan verrig
Die stofie is so hoog geprys omdat dit 'n veelbrandstof stofie is en nie bloot op gas werk nie, maar op petrol en ander brandstowwe ook. Dit maak dié stofie 'n wenner wanneer jy diep in Afrika sit sonder gas.
Pos nuwe kommentaar