Gamkaskloof, Die Hel in.
Nooiensvaart na Die Hel en terug
WegRy se nuwe redakteur, Albertus van Wyk, het oor die afgelope Paasnaweek sy eerste WegRY-toer meegemaak...en sommer die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert aangepak.
'n Geesdriftige konvooi lesers het vroegdag van Oudtshoorn se kant vertrek op die rit, onder leiding van Douwe Vlok van Bhejane-toere.
'n Hoogtepunt was die afdraai na waarskynlik die land se mooiste doodloopstraat: die kronkelpad wat afdraai na Gamkaskloof, oftewel, Die Hel.
'n Oomblik van stilte is gehandhaaf by "Koos se klip", ter gedagtenis aan wyle Koos van Zyl wat hierdie ewe indrukwekkende stuk pad - so in die skadu van Thomas Bain se beroemde pas - reeds in 1962 gebou het.
Die kort videogreep hieronder wys juis die pad na Die Hel se kwaaiste haarnaalddraaie, waar mens 1 000 m na benede daal. Iewers in 'n smal skouer van die grondpad het Albertus boonop heel toevallig nog twee geesdriftige WegRY-lesers raakgeloop wat in teenoorgestelde rigting oppad was...
VIDEO * Klik hier vir Weg se video-reeks oor die Swartbergpas: http://www.weg.co.za/bestemmings/storie/272




Kommentare
Pos nuwe kommentaar