Serengeti-reis
Maak jou Serengeti-droom waar!
15 300km, 12 groot reservate, ’n miljoen wildebeeste

Droom jy oor ’n maande lange reis in jou eie voertuig na die Serengeti Nasionale Park om die wildmigrasie te sien? Wil jy op pad by van Afrika se mooiste reservate ’n draai maak, soos die Makgadikgadipanne, Hwange, Selous, Tarangire, Ngorongoro, Lake Manyara, Ruaha, Manapoele en Matopos? Wil jy weet hoe om te beplan, jou voertuig voor te berei en wat om saam te vat?
Koop WegRy se volgende agt uitgawes (Junie 2011 - ), want Villiers Steyn het pas net so ’n reis voltooi, en gaan jou presies wys hoe om dit te doen.
Lees Villiers se daaglikse blog-inskrywings gedurende die toer: Serengeti Trip
Deel 1: Pretoria – Njuca Hills, Makgadikgadipanne (3 dae, 1307 km)
Deel 2: Hwange, Mlibizi en Victoria Falls (9 dae, 1497 km)
Deel 3: Van Victoria Falls af deur Zambië tot in Morogoro, Tanzanië (6 dae, 2403 km)




