My droomlys



In die volgende jaar of twee wil ek my Hilux op die goedkoopste moontlike manier uitrus as ’n ernstige boswa, waarin ’n mens vir twee weke heeltemal selfversorgend kan wees. Hier’s die boeresom waarmee ek werk.

Net eers bietjie agtergrond. Ek het die vaste-vooras Hilux 2.2 petrol 1992-model so drie jaar gelede gekoop vir omtrent R55 000. Toe’t hy reeds 160 000 km gedoen. Hy’t sopas oorgeslaan na 200 000 km.
Aanvanklik het ek hom deur Johann Meyer van JB Auto laat deurkyk. Hy’t aanbeveel dat ek die propshafts laat oordoen, wat ek gedoen het. Hy moes ook die vergasser heeltemal uitmekaar haal en oorbou – een van die eienaars voor my het die jets omgeruil of verkeerd om ingesit of iets, wat die bakkie onegalig laat idle het. Nou spin hy soos ’n kat.
Die agterste ewenaar is ook in Januarie vervang ná die vorige een “Kaptein, span die seile” begin sing het in Desember op die Wildekus. So een of twee ouens het aanbeveel ek moet net piesangskille ingooi (!) en aanry, maar ek het maar vasgebyt en die R7000 uitgevurk.

Groot uitgawes

1. Duike uitklop en spuitverf
Die bakkie het ’n redelike dieperige duik onder die linkerste voorste deur, en dan nog so twee brandewynvlekke (van vorige eienaars...) wat ek wil laat uitklop, en dan wil ek hom net een laag bloedrooi verf gee – dieselfde kleur as wat hy is.
Begroot - R12 000
(baie optimisties, ek weet. Ek hoop ek ontmoet ’n vriendelike, vrygewige panelbeater.)

2. Vering
Die bakkie het nog sy oorspronklike vering en dis nou behoorlik moeg. Ek is eintlik verbaas oor hoe ver ek daarop gery het, want veral die voorste bladvere hang soos nat waslappe.
Die goeie nuus is dat ek volgende week nuwe vere laat insit by Gomad4x4 hier in Brackenfell. Ek het nie genoeg pitte vir die hele Old Man Emu-besigheid nie, maar ek kry nou OME bladvere plus vier Gabriel Safari-gasskokbrekers. Dis ’n baie goeie stelsel vir ver ry eerder as ekstreme 4x4-speletjies. En die voordeel is dat jy ’n ekstra skokbreker vir voor en agter kan saamry, want hulle kos so by die R400 elk.
(OME kos hier by die R2000...)
Begroot
OME-bladvere – R6219 (dis ’n mooi special)
Gabriel Safari-skokbrekers – R1769

Kleiner uitgawes

1. Kappie
Soos almal anders wil ek ook ’n aluminium-kappie hê, maar dis ’n vrek duur ding en ek is nie oortuig dat dit vir iemand soos ek die geld werd is nie. Deur my gewone ou glasvesel-kappie bietjie te modify, kan ek dieselfde waarde daaruit kry as ’n aluminium-kappie.
Ek het basies nodig om van die kant af in die kappie te kan inkom en om omtrent 350 kg bo-op te kan dra.
Rainbow Polyurethane in Bellville het my ’n goeie kwotasie gegee om aluminium-deurtjies in te sit waar die kantvenstertjies nou is. Hulle gaan ook vir my ’n ordentlike aluminium dakrakkie bou vir bo-op vir die kappie, en hulle gaan die dak van binne af versterk.
Begroot
Aluminium-sydeurtjies – R2274;
dakrakkie en versterking – R1818

2. Hoëlig-domkragpunte en herwinningspunte

Dis baie belangrik om bietjie rond te vra om jou gunsteling-4x4-forum voor jy sommer na die naaste beste groot 4x4-winkel hardloop om hierdie soort ding te laat doen. Een van die groot 4x4-kettingwinkels het my meer as R1700 ge-quote hiervoor (en die ander grotes quote in dieselfde omgewing), terwyl Gomad 4x4 in Brackenfell dit vir my gaan doen vir R850.
Begroot R850

3. Glyrak vir yskas
Ek is nie seker wat dit sal kos nie, maar ek is seker ek kan dit vir minder as R2000 iewers laat maak.
Begroot – R1800

4. Laaistelsel

Ek is nie ’n groot DIY-man nie, maar ek sal graag self ’n eenvoudige laastelsel wil bou wat links van die yskas ingaan en vier ammokratte vat. Ek wil ook ’n dek bou wat bo-oor die laaistelsel en yskas gaan, miskien tot reg voor teen die kajuit, waarop ek goed kan pak.
Begroot sowat R3000, miskien minder

5. Watertenk|
Ek soek ’n lekker plastiek-watertenk wat mooi tussen die twee wielboë pas. Ek sien ’n mens kry die goed deesdae by Makro, maar ek is nie seker of ek daar een sal kry wat pas nie. Laat weet as julle van een weet wat mooi sal pas.
Begroothoogstens R1000

6. Dakrak
Ek het ’n lekker sterk staal en houtdakrak op die oomblik op die kajuit, wat goed werk (en wat ek vir R400 gekoop het...) en waaroor ek baie gespot word. Ek sal seker die een of ander tyd opgradeer na ’n aluminiumrak, soos wat Frontrunner verkoop. Die Frontrunner s’n kos ongelukkig R4500. Ek hoop om een tweedehands te kry.
Begroot R3000

7. Jerrykanne en brackets
Ek gaan nie ‘n ekstra petroltenk insit nie, want dis nou een ding waarvan amateurs moet wegbly, en ’n Frontrunner geïnstalleer kos jou hier rondom R4500 of meer. Ek het een goeie jerrykan, en sal nog drie bykoop. Ek sal twee dubbel-brackets op my dakrak vasmaak.
Begroot
R900 vir kanne,
R500 vir bracets

8. Dubbelbatterystelsel
Ek het reeds self ’n dubbelbatterystelsel ingesit vir omtrent R1700 (diepsiklusbattery ingesluit). By die groot 4x4-winkels gaan jy minstens R4000 betaal. Dis beslis die moeite werd om dit self te doen.

Dis omtrent dit.

As jy alles bymekaartel, kry jy R34 830
.

Ek dink dis die geld werd om ’n gewone bakkie te omskep in ’n betroubare boswa wat jy nog tussen vyf en tien jaar op lang reise kan vat, veral as jy in ag neem dat ander mense R150 000 op karavane spandeer wat hulle net in oorde kan gebruik.

Kommentare

Pieter

Die algemene reel oor brandstof is dat 'n mens 'n 1000 km moet kan ry met die brandstof in jou tenks. So op my Hilux sal dit 'n vol tenk petrol en vier na vyf jerrykanne wees. Dit gee dan so 160 liter, wat teen 7 km per liter darem oor die 1000 km. Ek weet nie of jou 60-series 'n petrol of diesel is nie, maar as hy petrol is gaan jy 'n reeks kanne nodig hê...

Albertus

Albertus

Ek het 'n petrol, so jy praat waar oor die reeks kanne.

Dankie

Dankie, hierdie is nou 'n interessante topic wat ek graag sal wil volg.Ek is self nog nuut in die ding en het nog net 'n paar maande my 60 Cruiser. Ek bou hom ook maar so (geld)stuk vir (geld)stuk op.

Cedric, ek vind jou opinie oor die bladvere wat breek weens voertuie wat te swaar is baie interessant. Kan jy dalk uitbrei op dit. Hoe weet jy wanneer jou wa te swaar is? Mens dink outomaties mens kan net laai en laat waai..

Albertus, ek weet hoe jy voel oor die dakrak. Ek het self so ou staal rak met hout. Ek het hom darem verniet gekry,maar ek sukkel om iemand te kry om hom vas te maak aan die dak. So huidiglik is hy vas met ratchet tie down toue en waar hy in die gleuwe ingly het ek ou vatdoeke om te keer dat hy krap. People are laughing man...

 

Ek het self gestoei met die jerry kanne vs long range tank idee, dink ook ek sal eers met die jerry kanne voortgaan. Hoeveel kanne sal genoeg wees vir 'n 2 weke trip byvoorbeeld? My wa is nogal dors.

Ai, ek wens ons het 'n JB Auto hier in Gauteng gehad

Laastens, ek het darem lekker gelag vir die sê-ding: "Nou spin hy soos 'n kat"

 

Right ok!

Pieter, jammer, ek sien nou eers jou vraag.


As jy met standaard vering ry, sal jy voel as die voertuig te swaar is, want die vere sal "uitbottom" teen die as. Veral agter, want die agterste vere is langer en flex meer. As jy oor elke baksteen of speedbump uitbottom, dan is jy te swaar. As jy net so nou en dan teen n moerse spoed deur n donga ry, en dan eers uitbottom dan is jy ok. Vering is ontwerp om teen die rubber-stop op die as vas te slaan, maar nie 1000 keer per dag nie.


As jy daai lang grondpad na Ngoro-goro toe ry en jou voertuig is te swaar, dan gaan jou vere die gees gee. Daai sinkplaat pad is baie erg. Hulle ry met groot vragmotors daar en die sinkplaat le so 3 voet uitmekaar en dan ongeveer so 6 duim hoog!


Dieselfde geld vir die grondpad agter die spergibied in Namibie (toe ek laas daar gery het in 2005 in elkgeval...)


Ek weet al die ouens se dat jy moet met so n 1000km se brandstof saamry, maar en stem nie heeltemal saam nie. Ja, as jy die Sahara aan die weskus van Afrika aandurf, of vir n week of wat in Damarraland wil explore dan sal ek se maak seker jy het genoeg.


Ek het self net 4 jerrykanne gehad. My ou Landie het n hooftenk van 45 liter en ek kon op teerpad net so 300km ry. Ek het bitter min nie brandstof binne in 300km gekry nie. Ek het wel 1 kan altyd vol gehou, en alleen net as ek regtig diep in die bos in gegaan het, het ek al 4 kanne volgemaak. Daar is nie noodwendig vulstasies elke 300km nie, maar mense verkoop orals langs die pad petrol en diesel.

Cedric

Thanks! Baie interessante punte. Jy moet meer hier praat want min van ons het soveel ondervinding.

Op my eie sal ek maklik sonder yskas travel, maar as jy drie kinders het en drie weke om Zambië toe en terug te gaan, dan het jy nie tyd... om te veel te soek vir bier en veral vleis nie.

1. Verf en uitklop - dis eerste op my lysie maar laaste op my prioriteitslys. Uiteindelik sal dit maar net nice wees om so mooi blink rooi Lux te hê. Maar ja, dit kan die R34000 tot R22000 afbring.

2. Die vering - ek is seker die Gabriel Safari shocks is heavy duty en goed vir langafstand, want dis die standaard shocks op die 76 series Cruiser. Oor die OME blades is ek nie seker nie en ek sal graag mense se reaksie wil hoor. Ek sal ook die vraag op www.hilux4x4.co.za post.

3. Een van die redes hoekom ek nie vir aluminium gaan nie is gewig. Wat ek gaan doen gaan die kappie nie juis swaarder maak nie. Ek gaan ook nooit 350 kg bo-op die kappie sit nie. Dis vir die stoele en tafels. Ek wil net he dit moet gewig kan vat vir 'n noodgeval.

4. Ek stem saam. Ek wil ook nie die winch he nie want dis duur, dit doen niks vir jare nie (behalwe om nat te word) en as jy die dag jou tjommies wil uitsleep werk dit nie meer nie. Ek het wel al gehoor hand winches as 'n emergency back-up is baie goed.

5. Pakstelsels. Ek soek die eenvoudigste en ligste moontlik. Ek dink sommer aan hout, dalk in 'n aluminium raam. Die glyrak vir die yskas moet in, want my vrou moet die yskas maklik kan gerbuik.

6. Ek soek die dakrak sodat ek nie die hele bak hoef vol te laai sodat dit moeilik is om by goed uit te kom nie. Vyf mense is baie. Ek like dit ook om die gewig te versprei sodat die meeste in die middelpunt sit, sodat die gat nie hang nie.

7. Ek is met jou op die jerrykanne issue.

8. Myne is baie eenvoudig. Battery agter met solenoid wat keer dat hy nie voorste een pap trek nie. As die solenoid breek, koppel ek hom direk en dan ontkoppe jy hom net as jy stop. Ek beplan anyway nie om alleen te ry nie, maar altyd saam met iemand wat darem iets weet. Hoeo jy Piet van Heerde?

Ek glo jou oor die tyres maar ek het die bakkie met groot tyres op gekoop en nou stick ek maar daarby. Die Bridgestone Dueller 31 duime wat ek het werk tot dusver heel goed. Ek beplan ook om twee eksrta wiele saam te vat op hectic trips. Ouens het al vir my gese jy moenie 'n tube insit nie want as hy afgeblaas word na 1 bar skuif die tyre op die rym in hectic 4x4 situasies en breek die valve af. Ek weet nou jy snork oor daai ene Pieterse. Ek vat maar ekstra tubes saam en gators en naald en gare as dit moet...

Jou vriend

Albertus



Cedric Pieterse
Albertus, ek het jou blog gelees en het n paar tips.
Ek het vir 6 jaar lank in Afrika rongery met my ou Landie, ek het 140 000km afgele!
Ek het nie een pap wiel gehad nie!
Ek het nie gevrek van die honger nie.
Ek het altyd n koue bier gehad, ...of daar was altyd koue bier te koop, jy sal verbaas wees hoe maklik n man n koue bier in die middel van nerens kan opspoor...
Ek het bitter min breakdowns gehad, maar ek het darem eenkeer n ratkas in Botswana langs die Chobe rivier oorgebou terwyl die olifante en buffels om my gewy het, dit was die saligste ratkas oorbou wat ek nog ooit gedien het.
Ek het wel baie ander mense gesien wat breakdowns gehad het, en n paar van hulle kon ek help.
Die ouens wat ek nie kon help nie was die ouens wat moderne voertuie gehad het, en ek kon nie met die rekenaartjie, wat alles in hulle fancy karre beheer, oor die weg kom nie.
1. Hoekom wil jy die duike uithaal en die wa verf?
dis tog immers n boswa, en jy gaan hom ook nog n paarkeer teen die bome skraap.
Verf liewer die wa as jy hom gaan verkoop, net voor jy hom verkoop.
2. Goeie vering is belangrik, maar, jy moet seker wees die vering wat jy opsit is nie net vir extreme 4x4 bedoel nie, hulle kan nie n las dra nie, en hulle padhouvermoe is tos.Die meeste breakdowns wat ek op my reistogte gesien het na pap wiele, was gebreekte vere, deels omdat die voertuie oorbelas was, en deels omdat hulle die verkeerde vere opgehad het. Gewig is jou grootste vyand, hou jou voertuig so lig as wat jy kan. Maak ook seker, dat as jy ander vere insit, dat hulle nie die standaard hegpunte verander nie, want as jy in die bos moet vere koop, dan hoef jy nie nog met n grinder en sweismasjien te sukkel nie, as daar elektrisiteit is...
3. Kappie.
Dit is elke ou se persoonlike keuse, maar hou dit eenvoudig, dan kan jy leer hoe om in te pak, in die donker, en dit moet jou ure vat nie.
4 Hoelig-domkragpunte en herwinningspunte.
Hierdie ietems word deur baie mense onderskat, dit is tien teen een die beste investment wat jy kan maak op jou voertuig. Onthou net die domkrag en leer om hom te gebruik. Jy het nie n winch nodig nie, daar is baie plekke waar hy handig is, maar die prys is dit nie werd nie, en hy kan jou nie agter-toe trek nie, 9 uit 10 keer die enigste weg uit n moddergat uit in die bos. N hoelig-domkrag en n graaf kry jou uit alles uit. (en baie tyd)
4. Laaistelsel.
Weereens n persoonlike keuse, nie n slegte idee nie, maar hou dit eenvoudig.
Dit geld ook vir die glyrak vir jou yskas. (jou boswa raak al klaar swaar...)
5.Watertenk.
n 25-Litertenk het my deur die meeste gevat, en wanneer ek deud die woestyne gery het, het ek meer water saamgedra.
Dink aan jou bladvere en hou jou voertuig lig!
6. Dakrak.
Mmmm, ek het n klein katjie dood aan dakrakke. My leuse is, as dit nie binne-in pas nie, kom dit nie saam nie. Maar ek was single toe ek deur Afrika gery het, en ek verstaan as vroulief en kinders saamkom, dan is daar eenvoudig nie plek nie. Probeer om die gewig so laag as moontlik te hou in jou voertuig, en probeer om die groot bulky goed wat nie baie weeg nie, op die dakrak te sit. Nie altyd moontlik nie, maar probeer.
Maak seker jy het goeie versterkings in die kappie, want daai sinkplaat paaie gaan die kappie laat kraak en breuk as jy gewig op die dakrak het.
Swaar dakrakke gooi ook voertuie om, as jy teen skuinstes ry, of vir n Koedoe uistwaai...
7. Jerrykanne.
n Baie goeie idee! Die 2de grootste breakdown oorsaak wat ek teegekom het, was ouens wat ekstra tenks laat inbou het, en of hulle het n gat in die tenk gekry ek AL hulle brandstof het uitgelek, of die verplasingspompie het gebreuk en hulle kan nie brandstof tot by die enjin kry nie. Vir een of ander rede gee ekstra tenks jou altyd kak. Ek het net jerrykanne gebruik. jy kan selfs n jerrykan gebruik wanneer jou hoof tenk n gat kry, of as die brandstof-pomp oppak. Jy sit nit n gewone pypie in die jerrykan, sit hom op die dak, en laat gravitasie jou brandstof by die vergasser kry.
8. Dubbel battery stelsel.
Mmmm ek hel al baie van die goed gesien wat kak gee.
n Eenvoudige sisteem waar jy altwee laai met die alternator, maar dan n goeie isolator wat die voertuig battery isoleer van die yskas battery as jy staan. Jy moet net onthou om die skakelaar aan en af te sit, anders maak jy beide batterye pap. of jy vergeet om die pap een te laai. Maak n checklist soos n vlienier...

Dan wil ek bylas. Bande.
Soos ek gese het, ek het nie n pap band gekry nie.
Deels was dit omdat ek nie swaar gelaai was nie, en deels was dit die tipe bande.
Ek het Kelly Springfield 750/16 crossply-8ply, bande gebruik, met binnebande.
Ja, die goed ry hard, maar ek kon die druk laar afdaal na 1.3bar toe, en vir maande ry sonder probleme. Jy gaan sukkel om in die bos n tubeless band, wat n groot gat of n skeur het, reg te maak. Dan gaan jy ook sukkel om hom weer op die rim te kry en op te pomp.
Moenie geldmors en bree flashy tekkies koop nie, daai goed is vir pimps en poepholle bedoel.
See More

Baie interressant projek.Ek ry self 'n Hilux SFA en sal die vordering dophou.


Ek is ook bly ons (GOMAD)kan 'n aandeel he in jou projek.


Sterkte vorentoe!!!

kontak my by gerhard.beukes@webmail.co.za en ek spaar jou R3000 op die yskas glyrak en die laaistelsel

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association