Koës is ’n kwáái plek

Kollega Toast Coetzer van ons sustertydskrif Weg loop vanoggend hier verby.
“Jy was mos onlangs in Koës in Namibië?”
Ja, hoekom vra jy”
“Nee, want hulle het vir my gesê jy was daar.”
“Het jy vir Bonsai ontmoet?”
“Nee, hy’t gaan wild oes. Maar ek het met sy vrou gepraat.”
Almal weet wie “Bonsai” is.
Dis waarskynlik net sy ouers wat hom ken as “Johan Combrink”.

Jislaaik, maar die wêreld is ’n klein plek. Ek het seker net ’n paar sinne met Elmarie gepraat, daar waar sy en Bonsai agter die toonbank van die kroeg van die Koës Hotel gestaan en mense bedien het.



Om te dink, dit was meer as ’n maand gelede.
Sedertdien dink ek pal aan Koës.
Dis ’n besonderse plek.
So half eenkant op die rand van die Namibiese Kalahari, iewers tussen niks en nêrens. Op pad na nêrens heen nie.

Want om Koës toe te gaan, moet spesifiek Koës toe wil gaan. En as jy eers ’n dag of wat daar gekuier het, sal jy weet hoekom baie mense juis soontoe gaan.

Volgende jaar sal ek weer aanlê by die Koës Hotel.
Dan sal Elmarie waarskynlik vir my vra of ek vir Toast Coetzer ken. En terwyl sy omdraai om ys in my glas te skep, sal sy waarskynlik sê: “Ja, hy was mos laasjaar ook hier gewees.”
En dan sal ek sê: “Jislaaik, maar die wêreld is ’n klein plek.”
En dan sal sy sê: “Ja, die wêreld is ’n blêddie klein plek.”
En dan sal ek dink oor hoe ’n blêddie lekker plek Koës is.


Kommentare

Ouboet! Hemel maar jy het oud geraak...


Die naam Bonsai het begin by Klein Johan (Pa is ook Johan). Hy het homself Bonsai Johan begin noem, en staan onder sy vriende ook bekend as "Boompie".


Koes is ook bekend vir sy Pan Rally / Koes Rally en natuurlik die Desert run wat altyd 2 keer per jaar daar deurgekom het (nie seker of dit nog die geval is nie).


Ek kan 'n af tydjie op Koes ten sterkste aanbeveel - glo my, julle sal nie spyt wees nie.


Alles in daardie omgewing is "organies" en die gasvryheid van die mense is legendaries.


Ek verlang erg terug...


Groete,


Pieter Combrinck

Bonsai, laat my altyd, dis nou Elmarie se pa verstaan dat;


Dat sy skoonma vir pappa moet gaan roep en aan hom oordra dat dit sy '' geliefkoosde skoonseun is wat op die lyn is en dat ma moet op hou om pa so rond te f@*, want hy raak nou oud.

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association