Die afgelope Saterdag was 495 Toyota Hilux-4x4’s deel van die amptelike wêreldrekordpoging om die meeste voertuie van ’n handelsnaam en ’n spesifieke model bymekaar te kry.
Die Atlantis-duine het die naweek gewemel van dié bakkies. Die manne van die Wes-Kaapse tak van die Four Wheel Drive Club of South Africa het alles gedoen om die reëlings seepglad te laat verloop en om al die Hiluxe betyds deur die hek te kry.
Die eerste bakkies het al van voor 07:00 af daar aangekom en die span afblasers het soos ’n goed ge-oliede (Hilux-) enjin geloop en bande afgeblaas vir die sand – vinniger as wat jy kon sê mes! Hulle het die pas volgehou tot net ná 13:00 toe die amptelike telling gemaak is.
Dit kon so maklik tot die betowerende 500 gestyg het vir die rekord, maar die agterosse het toe nie in die kraal gekom nie. ’n Handjievol Hilux bestuurders het gejaag om betyds daar te wees, maar kon dit helaas nie maak nie.
Die 4x4-gees het nietemin hoog geloop en die Hilux-manne en -vroue het met ’n vriendelike glimlag die rekord opgestel.
Chile hou klaarblyklik die rekord vir die meeste 4x4-voertuie op een slag bymekaar, so ons hier in Suid-Afrika sal dit maar net moet klop. Enige rede om partytjie te hou en rygoed af te show.
Kyk ‘ie foto’s!

Die Arctic Trucks het baie aandag getrek - natuurlik is dit ook Hilux'e!

Die toeskouers het van vroeg al op die groot duin die pragtige prentjie aanskou

Die Land Cruiser Klub se lede het die dag wag gehou om te keer dat almal wild en wakker te kere gaan

Vir die amptelike telling en foto het almal op die duine stelling gekry.

Vier honderd vyf-en-negentig Hilux'e. Mooi, né?
Lewer kommentaar
Onlangse blogs
- Die Bakkieprojek: Deel 8 - ONS HET HOM!
- Die Bakkieprojek: Deel 7
- Die Bakkieprojek: Deel 6
- Die Bakkieprojek: Deel 5
- Die Bakkieprojek: Deel 4
- Die Bakkieprojek: Deel 3
- Die Bakkieprojek: Deel 2
- Die Hilux-kompetisie is verby… Dis tyd vir die volgende een!
- Hilux’e net waar jy kyk (en ’n paar Cruisers tussenin)
- Ons 4x4-verjaardagviering




maar toyota moet hulle sokkies optrek want hulle het die helle gedagte van n plaas bakkie verloor en die doel van n bakkie n bakkie is daar vir werk en moet prakties wees en sterk wees nie n model nie hulle kan maar trug gaan na die ou hilux met die moderne enjins .
gaan kyk maar na die cruzers dit is n hilux op steriods maar die prys is outch en ek sal nie my plaas werkers met die bakkie ry nie so hulle moet back to bacis en boerdery is swaar op n bakkie so hoe meer plastiek hoe meer draad en pop rivts