Die Bakkieprojek: Deel 8 - ONS HET HOM!

’n Paar maande en vele bakkies wat nie die mas opgekom het nie later, is ons uiteindelik nou die trotse eienaars van ’n 1988 Toyota Hilux 2,2-liter-4x4. Ons Hilux-kenner, Allan Venter, het hom die kennersoog gegee en ’n kwotasie van wat ons gaan nodig hê om hom in 100% werkende toestand te kry. Na die agterste ewenaar oorgedoen is, die koppelaar vervang is en die dryfaste ook oorgedoen is, kan ons met trots sê dat ons onder ons mikpunt van R70 000 ’n bakkie het waarmee ons nou kan begin werk sonder enige meganiese- of bakwerk probleme. Lees weer: GEEN ROES! 
    So van nou af moet julle ons webtuiste en die tydskrif dophou om te sien presies waarop ons die oorblywende geld gaan spandeer om uiteindelik ’n veldry-droomvoertuig ter waarde van R120 000 weg te gee aan een gelukkig intekenaar.

Kyk hoe mooi

Kyk hoe mooi! Die 1988 Toyota Hilux 2,2-liter-4x4. Een gelukkige leser gaan hom wen...

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association