Botswana vleis/vrugte vervoer
Raak betrokke: lewer kommentaar, bespreek, deel jou ervarings en lug jou mening op WegRy se forum vir avontuurlustige 4x4- en veldry-entoesiaste.

Voeg gerus jou stem by dié forum deur op ’n onderwerp te klik waarin jy belangstel en lewer kommentaar.

Of as jy ’n nuwe besprekingspunt (“thread”) wil begin, teken eenvoudig in met jou gebruikersnaam en wagwoord onderaan die bladsy. Klik dan op die kategorie waarby jou nuwe besprekingspunt sal inskakel en voeg jou nuwe onderwerp by.

Met onlangse Bhejane toer het ek agtergekom die vervoer van vleis/vrugte is 'n moewiese probleem.O.K. ons was saam met 'n georganiseerde groep wat vir ons kos moes sorg, bad luck vir hulle, maar wat as ek self so 'n toer aanpak wat maak mens met al die "Vet checks". Om voorraad te koop in die groter sentra lyk nie of dit help nie. Jy koop vleis in Maun en voor jy by die volgende afsaal kom gaan jy deur 'n streng "Vet check" en iemand anders as jyself eet vanaand steak. Ek aanvaar die probleem by ons grensposte maar hoe gemaak in Botwsana self. En daar is oral van die "Vet checks". Ek verneem graag hoe mede overlanders die probleem oorkom. Dit kom voor die botsies wurg hul eie toerisme. 

Antwoorde

Ons was in September deur

Ons was in September deur Botswana Caprivi toe en ons het geen probleem gehad met die afneem van vleis nie, want ons het dit nie "declare"  nie.  Ons het ons vrieskas voor in die canopy van die bakkie gehad.  Agter by die oopmaak van die canopy het ons 'n lee coolboks gehad wat ons elke keer gewys het.  Net gese ons het geen vleis.  Ons is so op deur Botswana en deur die Caprivi.  Verlede jaar dieselfde.

Jammer net dat die boswa se

Jammer net dat die boswa se yskas ingebou is en maklik om na te gaan. Miskien maar daar koop en dan in 'n koelboks agterin die bakkie te sit, toe te maak en net die yskas te wys met koeldranke in?

Lewer kommentaar op hierdie onderwerp

Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association