Besoek aan Zimbabwe
Raak betrokke: lewer kommentaar, bespreek, deel jou ervarings en lug jou mening op WegRy se forum vir avontuurlustige 4x4- en veldry-entoesiaste.

Voeg gerus jou stem by dié forum deur op ’n onderwerp te klik waarin jy belangstel en lewer kommentaar.

Of as jy ’n nuwe besprekingspunt (“thread”) wil begin, teken eenvoudig in met jou gebruikersnaam en wagwoord onderaan die bladsy. Klik dan op die kategorie waarby jou nuwe besprekingspunt sal inskakel en voeg jou nuwe onderwerp by.

Ons beplan 'n toer deur Zimbabwe (Augustus 2010), begin by Vic Falls op langs Kariba tot by Mana Pools en dan na die Ooste tot by Gonarezhou, will daar uit in Mosambiek en al langs die grens af in Moz tot in Pafuri in die Kruger.


1. Kan iemand my se van die beskikbaarheid van diesel in Zim en +- wat dit kos


2. Toestand van die pad vanaf Gonarezhou deur Moz tot in Kruger


3. Het enige iemand probleme in Zim ondervind 

Antwoorde

Hi there Ben, Just this

Hi there Ben,

Just this afternoon I loaded to new stories onto the site, that will definitely answer most of your questions posed above.
Zimbabwe | Die leeuloop in Gonarezhou
Zimbabwe | Waar’s daai bleddie krinkhout?

If you have any further queries, or feel you would like to contact the authors in question you are more than welcome to do that too.

I hope they helpl.

Kind regards

Nadine

Ons het nou net terugggekeer

Ons het nou net terugggekeer van so n toer af. Hier is my pennie waarde:


Zim is duur...vat maar genoeg geld. Ons het 4 ure by Vic Falls se grenspos gestaan - ingery vanaf Chobe. Ek moet noem dat ons GEEN diesel in Kasana kon kry nie, maar baie in Zim?!


Vermy Matusadona: Die wildbewaarders skiet die diere om te eet. Die repe vleis hang oop en bloot. Geen wonder n leeu het n ou daar gebyt nie. Die kamp is water en toiletloos en die pad soontoe is baie sleg. Nie die pyn werd nie.


Chizarira Lodge is op n idiliese plek gelee maar erg verwaarloos. Geen vensters en die beddens is gedaan. Hulle probeer maar dis duur en nie die geld - of uitsig - werd nie.


Antelope Park in Gweru is baie nice, maar kom betyds daaraan. Daar is baie om te doen maar weereens - die beddens is gaar. Slaap eerder in jou 4x4 trailer as jy kan!


Mana Pools is wonderlik. Spandeer soveer tyd soos jy kan daar.


Beitbrug is maar altyd n pyn. Glimlag en doen die ding...


 


Groete

Dankie Deon, Sal jou raad

Dankie Deon,


Sal jou raad volg en dankie vir die terugvoering

Netom terugvoering te gee,

Netom terugvoering te gee, ons was toe 5 voertuie wat in Augustus 2010 +-4000 Km getoer het, alles het baie voorspoedig afgeloop, verblyf in Binga, Kariba dorp, Manapools en Gonarezhou was Afrika maar baie lekker, kon net een keer in Mukuti nie petrol kry nie maar andersins was dit oral beskikbaar, gebruik ook maar eerder USD want hulle ruk jou daar as jy Rande wil ruil, die mense in Zim ontvang almal baie vriendelik

Lewer kommentaar op hierdie onderwerp

Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association