Tralies met Canvas Canopy
Raak betrokke: lewer kommentaar, bespreek, deel jou ervarings en lug jou mening op WegRy se forum vir avontuurlustige 4x4- en veldry-entoesiaste.
Voeg gerus jou stem by dié forum deur op ’n onderwerp te klik waarin jy belangstel en lewer kommentaar.
Of as jy ’n nuwe besprekingspunt (“thread”) wil begin, teken eenvoudig in met jou gebruikersnaam en wagwoord onderaan die bladsy. Klik dan op die kategorie waarby jou nuwe besprekingspunt sal inskakel en voeg jou nuwe onderwerp by.

Ek wil graag vir my bakkie tralies met 'n canvas canopy opsit, maar ek het nou al gehoor dat die canopies skeur in die wind en dat dit baie stof suig. Party ouens waarsku ook dat die tralies die bakwerk van die bakkie laat skeur. Kan iemand wat dit ophet my asb uithelp?

Hi Dixon ek het so 'n seil op
Hi Dixon ek het so 'n seil op my plaascruiser en dit werk goed.Al probleem met die tralies is die hekkie agter wat te swaar kan wees.As jy die hek oopswaai kry jy 'n hefboomaksie wat die kant van die bak kan skeur daar bo waar die tralies op die kant van die bak vaskom.So as jy so iets laat bou maak daar 'n plan.Party ouens sit 'n hoekyster van onder in die bak regop tot die bokant van die tralie.Ek weet nie van die stof nie .Ek ry partykeer klein volstruiskuikens agterin my bakkie en hulle lyk nie stowwerig nie.Moet sê daar is baie meer stof agterin ons Dubbelkajuit se bak wat by die agterklap insuig.Ek dink daar is genoeg ventilasie deur die seilkappie.Oppas net daar is party van die vervaardigers wat meer as 'n kappie se prys vra vir so tralie en seilkappie.sterkte