Nissan Navara 2009
Nissan het duidelik sy huiswerk gedoen met die Navara: die beste krag- en wringkraglewering in sy klas, die beste sleepvermoë in sy klas, én hy het boonop 50 van sy laaste 63 wedrenne in die Suid-Afrikaanse Veldrykampioenskap gewen.
Maar dis blykbaar nie genoeg nie: Nissan pak nou sy naaste mededingers kaalvuis deur die bekendstelling van die middel- (SE) en intreevlak- (XE) dubbelkajuitmodelle. Op dié manier dek Navara-modelle nou veel meer as net die boonste deel van die klas.
En met mededingende pryse en die bekendstelling van die Navara King Cab mik Nissan boonop reguit na die strot van die meer gevestigde spelers in die vergrote-kajuitsegment, byvoorbeeld Ford en Isuzu.
Die King Cab-modelle kos tussen R279 900 en R320 900, en die dubbelkajuitmodelle tussen R293 900 en R375 900.
Die nuwe reeks is steeds beskikbaar in 4x4 en 4x2, en jy kan ook nog kies tussen ’n 2.5 dCi-dieselenjin en ’n 4.0 V6-petrolenjin.
Oorspronklik gepubliseer in WegRy #14 | Aug-Sept 2009




Kommentare
Hierdie voertuig is kragtig en betroubaar, boonop heel ekonomies op die diesel (8.3/100km), ek sal dit vir enigeen aanbeveel.
Baie mense reken daar is probleme met die voertuie, maar ek reken dis hoe jy hom behandel.
Die nuwe V6 diesel Navara is al die ander bakkies se baas!
Pos nuwe kommentaar