Aktueel | Fortuner

’n Groep besorgde Fortuner-eienaars het onlangs ’n saamtrek gereël om te probeer sin maak van klagtes oor die Fortuner se grondpadhantering. Adrian Burford was daar.
As jy die afgelope paar maande sommige aanlyn-4x4-forums en WegRy se briewerubriek gelees het, kon jy maklik tot die gevolgtrekking gekom het dat die Toyota Fortuner besig is om ’n reputasie te kry as ’n moeilike kalant (en selfs onveilig is) op ’n grondpad.
Dié besprekings is voorafgegaan deur ’n aantal voorvalle waarin Fortuner-bestuurders skynbaar beheer oor hul voertuig verloor het (somtyds teen ’n relatiewe lae snelheid) – in minstens een geval het die voertuig omgeslaan.
In sy aanvanklike reaksie het Toyota te kenne gegee dat as daar fout is, die fout by die bande lê. Baie van die betrokke Fortuners het die standaard General Grabber AW 265/70R16-bande gebruik. Dié band word vervaardig volgens Toyota se spesifikasies en word sedert die Fortuner se bekendstelling in middel-2006 gebruik.
Dinge is aan die einde van Augustus op die spits gedryf toe ’n span van Continental Tyre SA (vervaardigers van General-bande) met Toyota vergader het by die vervaardiger se kantoor in Johannesburg – net ’n dag voor ’n saamtrek en toetsrit op ’n grondpad oos van Pretoria wat ’n groep besorgde Fortuner-eienaars gereël het (foto’s oorkantste blad).
Toyota is verteenwoordig deur Ferdi de Vos, hul skakelhoof, Leon Theron, ’n senior bestuurder van tegniese dienste, asook twee toetsbestuurders. Alan Best van Continental was ook daar.
![]() |
![]() |
![]() |
- 1
- 2
- 3
- 4
- volgende >
- laaste >>
Inhoudsopgawe:
- Aktueel | Fortuner
- Bl 2: Moontlike probleme
- Bl 3: Toyota SA ...
- Bl 4: WegRy-lesers ...







Kommentare
RY SEKER N FORD OF NISSAN
Drie maande gelede het ek nuwe Dunlop bande op my voertuig gesit. Omdat die bande nie stil op die pad is nie het ek dit na 'n handelaar geneem om gebalanseer te word. Die handelaar het my meegedeel dat die bande nie meer rond is nie en defek is. Ek het na die handelaar gegaan by wie ek dit gekoop het en is meegedeel dat hulle niks kan doen nie - ek moet maar self vir Dunlop daaroor skakel. Dunlop reageer egter nie op hierdie klagte nie. Ander Dunlop handelaar sê ek kon dit verwag het.
Miskien moes u my gekontak het. Ek is Dunlop zone eienaar en sou U Verseker kon help. 015 583 0139
Ek besit n KZTE Dubbelkajuit. Toyota se probleem is dat die agtervere baie hard is en dat die agterkant neig om te hop oor sinkplate en dan die gat van die voetuig rondgooi. Dit word opgelos deur laer banddruk agter en/of meer gewig agterin. Toyota kan gerus na Isuzu kyk vir n suspensie stelsel wat sagter is maar steeds gewig kan vat.
Ek werk vir Toyota in Kanada...en sal eerder my lewe in n Toyota waag as enige ander fabrikaat ( suspensie ten spyte)
Sal ek n Fortuner koop? Absoluut!
Ek weier om in die kar te klim. Die Pajero Sport is 'n veel beter keuse.
PROBEER HOM VERKOOP
Koop maar eerder n Jeep .
Nee wat ek dink dis baie veiliger om die Fortuner maar op teer te hou, sodoende bly jou gesin veilig. Ja ek besef dat bande en banddruk en verskeie ander faktore bydra tot die probleem, maar die skade is gedoen. Selfs die verbeterde en nuwe Fortuner is maar onvas as dit kom by grondpaaie, veral die rowwer gedeeltes. Hoekom openbaar die Pajero Sport nie hierdie gedrag nie, inteendeel die Sport se hantering is puik. Ten slotte, ek besit nie enige van bogenoemde voertuie nie, maar het al wel beide ge-toetsbestuur.
Pos nuwe kommentaar