2001 Nissan Patrol 3.0Di

Wat is die lesing op die afstandmeter?
251 300 km, en sowat 25 000 km daarvan was in die veld.
Hoeveel eienaars?
Ek is die tweede eienaar.
Hoeveel het dit gekos?
R269 000 in 2005
Hoekom ’n Nissan?
Dis uitstekende waarde vir geld teenoor sy twee vernaamste mededingers. Soos verskeie artikels dit stel: “Wat weet die Aussies wat ons nie weet nie?”
Het dit ’n bynaam?
Nog nie.
Waar was jy al daarmee?
Ons was al dikwels in Mosambiek, Botswana, Namibië en Zambië, en oral in Suid-Afrika.
Jou droombestemming?
Die Serengeti en omstreke.
Ongelukke?
Sy oorspronklike voorbuffer en die elektriese veiligheidshek het ’n onderonsie gehad. Die hek sal nie weer kan wen nie.
Onklaar?
Die alternator het ingegee op pad terug van Mosam-biek af. Die Kipor (kragopwekker) se 12 V-stelsel moes oorneem en ek kon verder ry met ’n lopende Kipor op die dakrak wat die Patrol se battery laai.
Herstelwerk tot dusver?
Die alternator is oorgedoen, die EGR-pyp (uitlaatgashersirkuleringspyp) is vervang, die turbo is as ’n voorkomende maatreël oorgedoen, en ’n lekkende lugversorgerpyp en die lugvloeisensor is vervang.
Modifikasies?
Ek het ’n dubbelbatterystelsel en ’n Burnco-voorbuffer laat aannsit. My dakrak, laaistelsel en 29 Mhz-radio is alles verwyderbaar.
Waarvan hou jy?
Sy algehele balans tussen 4x4-vermoë, ry-gerief, kraglewering, outomatiese ratkas en brandstofverbruik.
En waarvan nie?
Nissan Suid-Afrika se swak reklame en beeldboupogings vir hierdie uitstekende voertuig.
As jy iets kon verander?
Ek sal gulsig wees as ek iets sou wou verander.
Beste herinnering aan die voertuig?
Twee weke se probleemvrye veldry deur die noorde van Botswana.
Sal jy deur Afrika ry daarmee?
Definitief – die Voetspore-TV-reeks is my inspirasie om die droom lewend te hou.
Pak jy enigiets spesiaal voor ’n lang tog?
’n Ekstra waaierband en dieselfilter.
Indien dit ’n persoon of be-kende was?
Het iemand al vier jaar agtermekaar die Ysterman-kompetisie gewen?
As ons jou R10 000 sou gee …
Sal ek ’n snorkel laat aansit. Met die res sal ek brandstof ingooi en Serengeti toe ry.
Oorspronklik gepubliseer in WegRy #14 | Aug-Sept 2009
Gebruiker stories
Gewilde artikels




Kommentare
Pos nuwe kommentaar