1984 Mercedes-Benz Geländewagen

Soort voertuig?
1984 Mercedes-Benz Geländewagen 4x4
Op die afstandmeter?
842 620 km
Hoeveel in die veld?
Ongeveer 650 000 km
Eienaars?
Een
Bynaam?
Toktokkie, omdat dit oral kan gaan en oor alles kan ry.
Hoeveel het dit gekos?
R43 200
Hoekom ’n Mercedes-Benz?
Omdat ’n Mercedes-Benz-4x4 die beste 4x4 ter wêreld is.
Waarvan hou jy?
Binne is hy lekker ruim, die passasiers het ’n goeie uitsig en hy kan my oral neem sonder om my teleur te stel.
En nie?
’n Bietjie meer wringkrag sou gaaf wees.
Modifikasies?
Ja, ek het die enjin van ’n 280 na ’n 300E verander.
Die enigste ander ding wat ek sal wil doen, is om dit van handrat na outomaties te verander.
Waar was jy al met die voertuig?
Vra eerder waar dit nóg nie was nie. Hy het ons al reg oor Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek en nog baie ander plekke geneem.
Ongelukke of onklaar?
Geen ongelukke nie, maar een groot teenspoed: ratkasprobleme in 1998. Maar jy kan dit nie teen hom hou nie.
Beste herinnering?
Toe ons ’n boot van 2 ton deur Botswana moes trek.
Langste rit?
Een reis van sowat 8 800 km. En die wonderlikste is dat ek net die noodsaaklikste onderdele hoef in te pak.
Wie sou dit wees?
Chuck Norris, vir voor die hand liggende redes.
As ons jou R10 000 sou gee ...
Sal ek beslis die binnekant herstel.
Oorspronklik gepubliseer in WegRy #6 | April - Mei 2008
Gebruiker stories
Gewilde artikels




Kommentare
Stnads back from the keyboard in amazement! Thanks!
Pos nuwe kommentaar