1997 Isuzu KB 250D

Op die afstandmeter? 
394 000 km, en 20 000 km daar-van was in die veld en op grond.

Hoeveel eienaars?
Ek is die derde eienaar.

Het dit ’n bynaam?
Hy het nogal baie, maar my gunsteling is Bigfoot.

Hoeveel het dit gekos?
R56 000 in 2007

Hoekom ’n Isuzu?

Dis ’n werksesel en baie sterk.

Waar was jy al daarmee?

Ons was al in die Baviaans-kloof, Namakwaland en ook Roete 62.

Jou droombestemming?
’n Toer deur Namibië.

Onklaar?
Op 314 000 km het sy 2,8 liter-dieselenjin opgepak.

Herstelwerk tot dusver?
Hy het ’n nuwe 2,5 liter-dieselenjin en voorste vering gekry.

Modifikasies?

Niks nie.

Waarvan hou jy?
Sy voorkoms, krag, ruimte en beslis sy goeie dieselverbruik.

En waarvan nie?
Sy gebrek aan spoed as jy dit nodig kry.

As jy iets kon verander?

Sal ek die vering effens lig.

Beste herinnering?

Ons laaste toer – deur die Baviaanskloof – saam met die gesin.

Sal jy deur Afrika ry daarmee?

Beslis, as die finansies dit toelaat.

Pak jy enigiets spesiaal voor ’n lang tog?
Buiten die gewone goed, ekstra onderdele wat dalk kan ingee.

Indien dit ’n persoon of bekende was, wie sou dit wees?
’n Brahmaanbul: groot, sterk en bang vir niks.

As ons jou R10 000 sou gee om daaraan te bestee …
Sal ek ’n wen-as op die bakkie se neus sit en daarna ook sy vering opgradeer.


Oorspronklik gepubliseer in WegRy #14 | Aug-Sept 2009

 

 

Kommentare

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association