1999 Toyota Land Cruiser
Wat is op die afstandmeter?
419 458 km
Hoeveel daarvan was in die veld?
120 000 km
Eienaars?
Een
Hoeveel het dit gekos? R151 540 in 1999
Hoekom ’n Toyota?
Land Cruiser is eenvoudig die beste.
Het dit ’n bynaam?
Nee, hy kom nog nie as ek hom roep nie.
Jou droombestemming?
Serengeti, Zambië en Mana Pools.
Waar was jy al daarmee?
Elke provinsie in Suid-Afrika, al die parke van Sanparke, Botswana (Moremi, Savuti en Chobe), Namibië (die Caprivi, Etosha en die Namib), Zimbabwe (Victoria-waterval), Mosambiek (Machangulu, en Maputo tot Beira).
Onklaar?
Twee keer. Een keer het een van die agterste wiellaers in die Moremi die gees gegee. En in die Krugerwildtuin het die inspuiterpunt (injector tip) gebreek omdat daar te veel paraffien in die diesel was wat ek in Mosambiek ingegooi het (ek het 18 maande lank in Mosambiek gewerk, en die diesel daar het nie veel smeermiddel in nie).
Herstelwerk?
Die verkoeler is vervang ná ’n lekplek.
Modifikasies?
Dit het ’n Warn-wenas, ’n dubbelbatterystelsel, ’n langafstanddieseltenk (nou is daar plek vir 180 liter), veringstelsel en ’n uittreklaai waarop ek die vrieskas en dies meer pak, gekry.
As jy iets kon verander?
Die brandstofprys. Met die Cruiser skort daar net mooi niks nie.
Waarvan hou jy?
Ek hou van sy betroubaarheid.
En waarvan nie?
Die nuwes is net te duur.
Sal jy deur Afrika ry daarmee?
Maklik.
Beste herinnering?
Dis nooit nodig om te wonder of ek by my bestemming en terug gaan uitkom nie; ek weet dit.
Pak jy enigiets spesiaal vir ’n lang tog?
’n Vrieskas, dak- of boogtent, rooster, driepootpotjies, en kamera en lense.
Indien dit ’n persoon of bekende was?
Dis die Jan Wilkens van bakkies.
As ons jou R10 000 sou gee ...
Diesel. Afrika, hier kom ek. (Of dalk sal ek ewenaarslotte laat aansit.)
Oorspronklik gepubliseer in WegRy #12 | Apr-Mei 2009
Gebruiker stories
Gewilde artikels





Kommentare
Pos nuwe kommentaar