1995 Toyota Land Cruiser GXL 80

Op die afstandmeter?
411 000 km, waarvan sowat 60 000 km in die veld was.
Hoeveel eienaars?
Ek weet van minstens drie.
Hoekom ’n Toyota?
Dit het ’n geskiedenis van betroubaarheid en ruimte, en die Cruiser het ’n kragtige enjin. Jy kry sommer baie voertuig vir jou geld.
Hoeveel het dit gekos?
R136 000 in 2005
Waar was jy al daarmee?
Ons het al in Botswana, Mosambiek, Namibië, die Richtersveld, Kala-hari en langs die Weskus getoer.
Herstelwerk tot dusver?
Dit was nog net nodig om die vloeitrae koppelaar in die oordragratkas te vervang.
Modifikasies?
Die Cruiser het nuwe vering gekry wat nog 5 cm grondvryhoogte verskaf, agterste lugvere, ’n VHF-radio, en ek het ’n bosbreker en ’n versterkte agterbuffer met ’n noodwieldraer laat aansit.
Waarvan hou jy?
Ek hou van alles aan die Cruiser.
Beste herinnering?
Toe ek van die handelaar weggery het en die besef begin insink: “Ek ry nou my eie Land Cruiser!”
Sal jy deur Afrika ry daarmee?
Dis mos waarom jy ’n Cruiser koop.
Indien dit ’n persoon of bekende was?
Waarskynlik ’n groot bariton soos die twee Duitse sangers Dietrich Fischer-Dieskau of Hermann Prey – daardie diep baritondreuning van die 4500 EFI-sessilinderenjin is onverbeterlike musiek.
As ons jou R10 000 sou gee …
Sal ek ’n agterste ewenaarslot laat aansit.
Oorspronklik gepubliseer in WegRy #14 | Aug-Sept 2009
Gebruiker stories
Gewilde artikels




Kommentare
Pos nuwe kommentaar