1993 Toyota Hilux Surf 2.4

 

Op die afstandmeter?
402 460 km

Hoeveel eienaars?
Ons weet van drie voor ons.

Hoeveel het dit gekos?
R75 000 in 2004

Hoekom ’n Toyota?
Net een woord: betroubaarheid. Ons 1969 Toyota 1500-bakkie is nog oorspronklik en ry ná 40 jaar nog net so goed soos die Surf.

Het dit ’n bynaam?
Nee, maar ons drie kleinkinders noem dit Die Skoolbus.

Waar was julle al daarmee?
Ons was al op heelwat plekke in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Tanzanië, Mosambiek en Malawi. En ons het Suid-Afrika van noord na suid deurkruis.

Jul droombestemming?

Uganda, nadat ons Nico en Marianne Roets se artikel in WegRy #12 gelees het.

Herstelwerk tot nou toe?
Die gekompliseerde Surf-ratkas is met ’n gewone Hilux-4x4-ratkas vervang.

Modifikasies?
Die dak is versterk om meer gewig te kan dra, op 401 500 km is ’n gewone Hilux 2,2 liter-petrol-enjin ingebou en Old Man Emu-vering ingesit.

Beste herinnering?

Twee Tanzaniërs wat die silinderkoppakstuk (cylinder head gasket) onder ’n boom vervang het; dit het gehou tot by die huis.

Waarvan hou julle?
Ek hou van sy eenvoud en betroubaarheid. En vroulief hou van die rygemak met die OME-vering.

As julle iets kon verander?
Ons sou die petrolenjin met die nuwe Toyota-dieselenjin vervang.

Indien dit ’n bekende was?
Die Toyota is so sterk en sag soos Tarzan se Jane.

As ons jou R10 000 sou gee om te bestee …

Sal ek ’n langafstandbrandstoftenk laat installeer en my eie yskas koop.


Oorspronklik gepubliseer in WegRy #13 | Jun-Jul 2009

 

 

Kommentare

Die Surf is natuurlik nie 'n welbekende gesig in SA nie, maar hier in Afghanistan is daar derduisende indien nie miljoene van hulle nie. En dit gaan alles oor betroubaarheid, die Afghane het laaaankal uitgewerk dat jy 'n Surf 80,000km kan ry tussen dienste!

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association