Ubumanzi Game Lodge 4×4-roetes

101 Roetegids | 2010
Ubumanzi Game Lodge
Die Ubumanzi Game Lodge is net twee en ’n half uur van Gauteng af geleë in die malariavrye Waterbergbiosfeer. Dit wemel van die wild, onder meer witrenosters, elande, kameelperde, sebras, wildebeeste, waterbokke, luiperds en strandwolwe, sowel as talle ander inheemse spesies.
Die diere is gewoond aan voertuie, en jy kan gewoonlik nader ry sonder dat hulle weghardloop. Die besonderse Eugène Marais-broodboom kom net in die Waterbergbiosfeer voor. Die Waterberg is soos ’n reusespons wat die reën gedurende die nat seisoen opslurp, en dit dan die res van die jaar deur tientalle fonteine en klipskeure vrylaat. Daarom sal jy baie natuurlike fonteine, lopende strome en damme aantref.
Maar as jy lus is vir ’n groter uitdaging as wildkyk, is Ubumanzi se bergagtige deel jou voorland. Die lodge het drie 4×4-roetes, waarvan een ideaal is vir groentjies en sagte veldvoertuie. Die ander twee is rowwer, en op party dele sal jy versigtig moet ry.
Die terrein is bergagtige Waterbergbosveld, maar as dit nat is, kan die roete handomkeer verander en kan herwinningstoerusting nodig wees. Die roetes loop almal tot bo-op die Waterbergplato, waarvandaan die uitsigte onverbeterlik is. Kundige gidse kan jou op die wildritte vergesel, indien jy dit verkies.

Wat jy moet weet
Blyplek:
Ubumanzi se en suite-kamers is gerieflik, smaakvol en word gediens. Uitstekende etes word in die lapa voorgesit en gaste kan rondom die vuur in die boma kuier. In die boskamp is basiese blyplek in twee houthutte waarin 8 mense in elk kan slaap. Jy kan ook by die basiese boskamp kampeer.
Wat nog?
Buiten wild- en voëls kyk kan jy jou aan die inheemse plantegroei verkyk en bergfietsry. Die lodge het konferensiegeriewe en ’n kerkie.
Kontak:
Niel en Selomie Maritz
082 4511043
071 864 7500
Naaste dorp: Mookgophong (Naboomspruit) (50 km)
Beste tyd om te gaan: Heeljaar, maar die somerreën kan nuwe uitdagings skep.
Roeteafstand: 2-27 km
Hoe lank gaan ek ry? 2-5 uur
GPS: S24.21078 E28.5594710

Wat jy moet weet
Kontak:
Niel en Selomie Maritz
Selfoon:
082 4511043; 071 864 7500
E-pos-adres:
selomie@palalarhinos.co.za selomie@ubumanzi.com
Webblad:
Beste tyd om te gaan:
Heeljaar, maar die somerreën kan nuwe uitdagings skep.
Roeteafstand:
2-27 km
Verblyf
Ubumanzi se en suite-kamers is gerieflik, smaakvol en word gediens.
Kampering:
In die boskamp is basiese blyplek in twee houthutte waarin 8 mense in elk kan slaap. Jy kan ook by die basiese boskamp kampeer.
Wat nog?
Buiten wild- en voëls kyk kan jy jou aan die inheemse plantegroei verkyk en bergfietsry. Die lodge het konferensiegeriewe en ’n kerkie.






























