Pin It

Moolmanshoek-4×4-ekoroetes


trails_vrystaat_moolman_1


101 Roetegids | 2010

Moolmanshoek-4×4-ekoroetes

Moolmanshoek is ’n private natuurreservaat van 3 000 ha in die Witteberge in die Oos-Vrystaat. Dit bestaan uit drie hoofroetes: Kiepersol Garden, Visierkerf en Langesnek.
’n Vierde roete, Suikerhoek, word opsy gesit vir groepe ervare ryers begelei deur gekwalifiseerde 4×4-gidse.
Elke roete-uitstappie word begelei deur ’n gids op ’n perd (dis verpligtend).

Kiepersol Garden is 8 km lank, en is in wese ’n natuurroete wat jou 2-3 uur sal neem om te ry. Dis meestal ’n maklike graspaadjie wat deur ’n vleigebied, grasvelde en oor klipplate loop voor ’n kort, steil en rowwe klim na ’n uitkykpunt, en jy dan weer teen die berg afry. En tussendeur draai en kronkel jy tussen ouhoutbome deur, plas deur strome en dongas en glip oor sandsteenklipplate.

Die tweede roete, Visierkerf, is die gróót een; dis 28-32 km lank en jy sal 7-8 uur daaraan ry. Dit loop hoofsaaklik oor sandsteenplate, en nou en dan klouter jy oor rotse teen ’n effens waansinnige hoek tot by ’n uitkykpunt wat die swaartekrag tart. En al manier om daar uit te kom, is om besonder uitdagende strome oor te steek.

Op die plato kan jou senuwees bedaar terwyl jy rustig op die bergtop ry, met uitsigte oor die grasvlaktes onder. Dis nie die plek om ’n voet of wiel verkeerd te sit nie, en die roete is ’n deeglike toets van jou voertuig se vermoë en jou vernuf om skerp draaie en met ratkeuses.

Die derde roete, Langesnek, is ’n natuurlike veldry-toetsterrein – die natuur se Gerotek, as jy dan nou wil. Dis 14 km lank, en sal jou minstens 4 uur lank besig hou soos dit die een na die ander hindernis in jou pad rol – van syhellings en rondings tot afdraandes en opdraandes.

Dit begin heel onskuldig, maar anders as die ander roetes, hou hierdie een net aan klim. Dit swenk deur skerp draaitjies, langs die rant van die plato en oor golwende rotsbanke na uitkykpunte waar jy weer tot verhaal kan kom.

Blyplek:
Moolmanshoek se viersterlodge het twintig volledig toegeruste kamers.
As jy iets minder formeel verkies, kan jy in die nege selfsorg-groepslaapkamers of kampgeriewe vir 15 voertuie van die Langesnek-roete bly.

Wat nog?
Voetslaan (met oornaghutte), touklim (high ropes), abseil, kloofverkenning, perdry, vlieghengel en daar is heelwat kans vir voëls kyk. Daar is ook ’n kerkie en geriewe vir troues en konferensies.

Wat jy moet weet

Kontak:
Willie of Wiesman Nel
051 933 2220;
info@moolmanshoek.co.za;
www.moolmanshoek.co.za

Naaste dorp: Rosendal (20 km)

Beste tyd om te gaan: Heeljaar, maar die weer van Februarie tot Junie is die beste.

Roeteafstande: 8 km, 28-32 km en 14 km

Hoe lank gaan ek ry?
2-3 uur, 7-8 uur en 4 uur

GPS: S28.63140 E27.99900


Volledige bespreking | Dec 2009 – Jan 2010

Die leier van die trop

Veldry tussen wild met ’n gids op ’n perd is maar net een ding wat Moolmanshoek van ander roetes onderskei. Nadat hy ’n paar dae daar deurgebring het, verduidelik Philip Sackville-Scott waarom hy nou alle roetes wat hy al gery het, moet herevalueer.

Ná ’n paar dae op Moolmanshoek was dit so duidelik soos daglig: Alle roetes is beslis nié dieselfde nie – hierdie een verskil hemelsbreed van die ander wat ek al gery het.

Met die eerste oogopslag is daar nie veel verskil tussen hierdie private natuurreservaat van sowat 3 000 ha in die Witteberge in die Oos-Vrystaat en die meeste ander goeie roetebestemmings nie.
Dis ’n aksiebelaaide veldrybestemming met topklasverblyf, hartlike gasvryheid en ’n groot verskeidenheid aktiwiteite. En dít teen die agtergrond van dramatiese Oos-Vrystaatse berge …

Maar wat Moolmanshoek van ander roetes onderskei, is dit: Jy kan veldry in ’n wildreservaat tussen ’n groot klomp diere; tussendeur kan jy vlieghengel en voëls kyk; jy kan jou perd opsaal en teen die sonsondergang wegry; daarna kan jy in ’n bekroonde viersterlodge slaap en aan cordon bleu-geregte weglê; en as jy regtig wil (en genoeg tyd het), kan jy abseil of ’n spanbousessie inpas.
O ja, en as jy nog nooit 4×4 gery het terwyl ’n man of vrou op ’n perd jou gids is nie, dan moet jy Moolmanshoek heel bo-aan jou doenlys sit.

Ruiter van die windjie

Moolmanshoek, omring deur ’n perdehoef van sandsteenkranse en die imposante Visierkerfberg, het drie hoofroetes: Langesnek (14 km, 4 uur), Visierkerf/Kloof (28-32 km, 7-8 uur) en Kiepersoltuin (8 km, 2-3 uur).

’n Vierde roete, Suikerhoek, word opsy gesit vir groepe ervare ryers begelei deur gekwalifiseerde 4×4-gidse (ons het nie dié roete gery nie).

Gewoonlik ry mense Langesnek as hulle die Vrydagmiddag op die plaas aankom, Visierkerf/Kloof neem byna die hele Saterdag in beslag en Kiepersoltuin die Sondagoggend – wat jou genoeg tyd gee om huis toe te ry.
Elke roete-uitstappie word begelei deur ’n gids op ’n perd (dis verpligtend), en met meer as 300 Arabier- en boerperde op die plaas is daar nie ’n tekort aan “cowboys” nie.
Die grootte van die 4×4-groep sal bepaal hoeveel perderuiters saamgaan. Hulle ry versprei deur die konvooi, en gee deurentyd raad, hulp en sommer ook opleiding aan bestuurders, en sorg dat die omgewing nie verniel word nie.

Omdat Moolmanshoek nie werklik ’n dagbestemming is nie, word dagbesoekers nie aangemoedig nie. Die roetes kom in elk geval nie tot hul reg as jy korter as ’n naweek daar deurbring nie.

Roete 1: Kiepersoltuin

Dié roete in die noordooste van die reservaat is in wese ’n natuurroete. Dis meestal ’n maklike graspaadjie wat deur ’n vleigebied, grasvelde en oor klipplate loop voor ’n kort, steil en rowwe klim na ’n uitkykpunt, en jy dan weer teen die berg afry.
Tussendeur draai en kronkel jy tussen ouhoutbome deur, plas deur strome en dongas en glip oor sandsteenklipplate.
Jy ry ook verby ’n kransoorhang waar daar glo ’n grot so groot is dat mense gedurende die Anglo-Boereoorlog daar gebly het, het die eienaar, Willie Nel, my vertel. Later is meer as 400 boerbokke daar in die winter gehou.

Roete 2: Visierkerf/Kloof

Visierkerf/Kloof in die suidooste van die reservaat is die gróót een, die een waarvoor entoesiaste van ver af kom. Dit het alles: strome, dongas, modder, klip, afdraandes en opdraandes en natuurskoon, en jy kan foto’s neem tot jou wysvinger lam is.

Jy ry oos van die ontvangs oor die reservaat om te kom tot by die goed bedinkte roete, met die intensiteit wat geleidelik toeneem van die grasvlaktes tot bo-op die bergpieke.

Die eerste deel van die roete loop hoofsaaklik oor sandsteenplate, en nou en dan klouter jy oor rotse teen ’n effens waansinnige hoek tot by ’n uitkykpunt wat die swaartekrag tart.
Al manier om daar uit te kom, is om besonder uitdagende strome oor te steek. Dis nie die plek om ’n voet of wiel verkeerd te sit nie.
Dis ook belangrik om te let op die omgewing se geologie, omdat die verskillende soorte rots beïnvloed hoe jy ry. Die poreuse, gladde sandsteen
gee goeie vastrap, selfs as dit nat is. Daarenteen verkrummel die harde, bros basalt maklik en gee maar min vastrap teen ’n skerp op- en afdraande.
Op die plato kan jou senuwees effens bedaar terwyl jy rustig op die bergtop ry, met Serengeti-agtige uitsigte oor die grasvlaktes onder voor jy na die opstal terugkeer.
In kort: Die roete is ’n deeglike toets van jou voertuig se vermoë en jou aanvoeling vir skerp draaie en ratkeuses.

Roete 3: Langesnek

Een van die mees besondere veldry-ervarings wat ek nóg gehad het, was op Langesnek, in die weste van die reservaat.
Saam met ’n konvooi van agt voertuie, met Willie se seun Wiesman as ons gids, het ek ’n voorsmaak gekry van wat 4×4-groepe ervaar as hulle op ’n perd begelei word.
Willie beskryf die roete as ’n natuurlike veldry-toetsterrein – die natuur se Gerotek, as jy dan nou wil. Soos dit die een na die ander hindernis in ons pad gerol het – van syhellings en rondings tot afdraandes en opdraandes – moes ek eenvoudig saamstem.

Dit begin heel onskuldig as net nog ’n rustige graspaadjie teen die berghelling uit, verby interessante oorblyfsels van vroeë Boere in die omgewing.
Maar, anders as ander paadjies, hou hierdie roete net aan klim, hoër en hoër oor sandsteenplate en grasrante. Dit swenk deur skerp draaitjies, langs die rant van die plato en oor golwende rotsbanke na ’n reeks uitkykpunte.
Op pad boontoe op hierdie roete sal jou hart ’n paar keer ’n slag oorslaan, en om die handgebare van ’n man op ’n perd te volg, kom eenvoudig nie natuurlik vir ’n stadsjapie nie.

Om jou bloeddruk nóg verder op te jaag, is blou lug soms die enigste ding wat jy oor jou enjinkap kan sien. Hier durf jy nie links of regs kyk nie. Die een keer toe ek dit wel gedoen het, het dit die situasie vererger – en boonop was daar niks om te sien nie!

Waarop dit neerkom, is dit: ’n Perd se agterkant is nie die maklikste ding waarop jy jou aandag kan fokus nie.
Dis nou buiten die feit dat die bleddie goed nie stilstaan nie – dis ’n dier met ’n wil van sy eie én ’n twyfelagtige temperament. Ten minste maak my Cruiser nes ek hom voorsê.

WegRy sê: Ek was omgeboul – en jy sal ook wees. En dis ’n belofte.

Wat jy moet weet

HOEKOM MOET EK GAAN?

Dis een van die allerbeste 4×4-roetebestemmings – en boonop is dit geleë in ’n dramatiese berglandskap. Om nie eens te praat van al die ander aktiwiteite nie.

OP DIE ROETE

Hoe lank is die roete(s)?
Onderskeidelik 14 km, 28-32 km en 8 km
Hoe lank gaan ek ry?
Onderskeidelik 4 uur, 7-8 uur en 2-3 uur
Maksimum aantal voertuie?
Minstens 3, hoogstens 20
Kry ek ’n kaart?
Nee, jy kry ’n gids – op ’n perd.
Gaan my kar gekrap word? Nee
Moet ek my treeplanke afhaal? Ja
Moet ek ’n kompressor saamneem?
Ja (1,2 bar aanbeveel)
Kan ek halfpad omdraai? Ja
Kan ek op die roete braai? Nee

OM DIE ROETE

Beste tyd om te gaan?
Heeljaar, maar die weer van Februarie tot Junie is die beste.
Kan ek my gesin vat? Ja
Net vir die dag of die naweek?
Verkieslik ’n langnaweek.
Is daar ablusiegeriewe vir dagbesoekers?
Ja, maar dagbesoeke word beperk tot goedgekeurde groepe.
Kan ek wild sien?
Ja, 14 spesies van vlaktewild (in groot getalle).
Die naaste dorp?
Rosendal (20 km)
Hoe kom ek daar?
As jy van Ficksburg na Fouriesburg op die R26 ry, draai links op die R70 na Rosendal en hou aan vir 29 km. Draai regs op die S384 en hou aan vir 7,5 km tot by Langesnek.
Draai af by die Langesnek-bord, sowat 300 m voor die ingang na Moolmanshoek.
Die naaste brandstof?
Rosendal (20 km) … maar dis toe op Sondae!

BLYPLEK?

Moolmanshoek se 4-ster-lodge het 20 volledig toegeruste kamers.
As jy iets minder formeel verkies, kan jy in die 9 selfsorg-groepslaap-kamers of kampgeriewe vir 15 voertuie van die Langesnek-roete bly.

WAT NOG?

Wat moet ek spesiaal pak?
Vat kos en water saam as jy die roetes ry, want jy kan ’n hele dag daarop deurbring.
Wat kan ek nog daar doen?
Voetslaan (met oornaghutte), touklim (high ropes), abseil, kloofverkenning, perdry, vlieghengel en daar is heelwat kans vir voëls kyk. Moolmanshoek het ook ’n kerkie en geriewe vir troues, asook konferensiegeriewe.

KOSTE?

Roete: R200 per voertuig per roete

Blyplek:
•    Pakket 1: R970-R1 060 p.p.p.n. wat deel (aandete, bed en ontbyt,
en alle aktiwiteite ingesluit)

•    Pakket 2: R700-R790 p.p.p.n. wat deel (aandete en bed en ontbyt)

•    Langesnek Leadership Centre (kamers): R150-R250 p.p.p.n.

•    Groepslaapkamers: R65 p.p.p.n.

•    Kampering: Skakel  051 933 2220 vir inligting

KONTAK?

Willie of Wiesman Nel  

Tel 051 933 2220;
E-pos info@moolmanshoek.co.za;
Web www.moolmanshoek.co.za


Full Review | ROLL OF HONOUR
Drive Out TOP TEN : 2001, 2004, 2005

Contact
Willie Nel
Tel 051 933 2220
Cell 082 788 6623
Email info@moolmanshoek.co.za
Website www.moolmanshoek.co.za
Nearest town Ficksburg (35km)
Best time of year Year round
Maximum vehicles Minimum 3, no day visitors
Route distance Four trails totalling 50km
GPS Points S28 37 55.3 E27 59 59.3

If you take a weekend to drive Moolmanshoek’s four 4×4 trails (Langesnek Route, Visierskerf, Kiepersol Garden, Suikerhoek) – owner Willie Nel will be right there with you… on his horse! And that speaks volumes about Willie’s attitude towards nature, as also indicated on their website:
“It is our privilege to be stewards of more than 3000 hectares of the breathtaking Moolmanshoek valley.”

Set among the trout-rich sandstone ravines of the Koranaberg region, Moolmanshoek offers genuine 4-star accommodation and a restaurant at the lodge, but campers can be accommodated at a neighbouring farm.

The reserve is home to the Free State’s highest mountain, Visierskerf (2407m).

One of the biggest attractions, however, has to be the abundance of game in the valley – including eland, black wildebeest and oryx – so you can enjoy that self-drive game-viewing experience that makes spotting the animals that much more special.

<p
>


 

 

Wat jy moet weet

Kontak:

Willie of Wiesman Nel

Telefoon:

051 933 2220

E-pos-adres:

info@moolmanshoek.co.za

Webblad:

http://www.moolmanshoek.co.za

Beste tyd om te gaan:

Heeljaar, maar die weer van Februarie tot Junie is die beste.

Roeteafstand:

Onderskeidelik 8 km, 28-32 km en 14 km

Maksimum aantal voertuie:

Minstens 3, hoogstens 20

Verblyf

Viersterlodge en nege selfsorg-groepslaapkamers

Kampering:

Kampgeriewe vir 15 voertuie

Wat nog?

Voetslaan (met oornaghutte), touklim (high ropes), abseil, kloofverkenning, perdry, vlieghengel en daar is heelwat kans vir voëls kyk. Daar is ook ’n kerkie en geriewe vir troues en konferensies.