Karee Krans-4×4-roetes


101 Roetegids | 2010
Karee Krans
Karee Krans, diep in die Magaliesberg en net twee uur van Johannesburg af, is ’n lekker wegbreek vir die hele gesin.
Daar is drie 4×4-roetes van verskillende moeilikheidsgrade wat jy op jou eie of saam met ’n gids kan aanpak.
Die roetes het goeie aanwysings en met jou aankoms kry jy ’n kaart; jy sal dus nie verdwaal nie.
Die meeste mense begin met die bedrieglike A-roete. Pak dit stadig aan en beoordeel elke uitdaging voor jy die hand aan die wiel slaan. ’n Ewenaarslot is noodsaaklik, maar moet jou nie verknies as jy nie een het nie omdat daar ontsnaproetes vir noodgevalle is.
Jy sal af en toe begeleiding nodig hê op die korter 2,5 km lange B-roete. Plek-plek is die roete skrikwekkend steil met waterhindernisse – meer blaf as byt, maar moenie aan die slaap gevang word nie, en vat dit rustig. Die kortste en maklikste keuse is die C-roete. Dis met een oogmerk ontwerp: om jou pas te verstadig reg in die middel van die natuur.
Die hele ervaring kan van vier uur tot ’n volle dag duur om te ry. Haal dus ’n slag jou horlosie af en kom sommer vir ’n langnaweek.
Blyplek:
Jy kan in ’n chalet bly of kampeer. Die chalets het ’n kombuis, eetkamer, twee slaapkamers en is volledig toegerus. Die kampeerterrein op gras is goed onderhou, maar dis selfsorg en jy is dus op jouself aangewese. Daar is ook slaapplek vir groepe stappers en skoolkinders.
Wat nog?
As jy in geskiedenis belangstel, sal jy van Karee Krans hou. Heelwat grafte kom op die plaas voor, en dit is die laaste bymekaarkomplek van die Boere voor die slag van Moedwil. Die res van die gesin kan rotsklim, abseil, perdry, in kano’s en op ’n foefieslaaid ry. Die plaas het ook ’n gim.
Wat jy moet weet
Kontak:
Robert van der Merwe
073 158 1545;
kareekrans4x4@gmail.com
Naaste dorp: Rustenburg (42 km)
Beste tyd om te gaan: Heeljaar
Roeteafstand: Altesaam 12 km
Hoe lank sal ek ry? Vier uur (as jy haastig is)
GPS: S25.34726 E26.53318

Wat jy moet weet
Kontak:
Robert van der Merwe
Selfoon:
073 158 1545
E-pos-adres:
Webblad:
Beste tyd om te gaan:
Heeljaar
Roeteafstand:
Altesaam 12 km
Verblyf
Die chalets het ’n kombuis, eetkamer, twee slaapkamers en is volledig toegerus. Daar is ook slaapplek vir groepe stappers en skoolkinders.
Kampering:
Die kampeerterrein op gras is goed onderhou, maar dis selfsorg en jy is dus op jouself aangewese.
Wat nog?
Heelwat grafte kom op die plaas voor, en dit is die laaste bymekaarkomplek van die Boere voor die slag van Moedwil. Die res van die gesin kan rotsklim, abseil, perdry, in kano’s en op ’n foefieslaaid ry. Die plaas het ook ’n gim.






























