Pin It

Kalahari Mountain View Dune Trail


trails_noordkaap_mountain_1


101 Roetegids | 2010

Kalahari Mountain View-4×4-duinroete

Die Kalahari Mountain View-4×4-duinroete is op ’n plaas net langs die Witsand-natuurreservaat geleë. Dis ’n uitstekende roete, en die plaaseienaar, Kobie van der Walt, stel dit beskikbaar aan besoekers aan Witsand.
Die Witsand-reservaat op
’n bergrug van wit duine wat 20 m-60 m hoog is, word deur koperrooi Kalahariduine, doringboomwêreld en die Langeberg-bergreeks omring.
Die Kalahari Mountain View-roete is die perfekte manier om dié eiesoortige omgewing te ervaar. Jy kan reël vir permitte by Witsand se ontvangs, waar jy ook GPS-punte en ’n kaart van die roete sal kry. Die roete lê reg tussen twee bergreekse, die Lange- en die Skurweberg, en bestaan uit twee dele: 23 km duinry en 4 km teen die berghelling.
Moenie dink die deel deur die sand is onavontuurlik nie – daar is verskillende moeilikheidsgrade, onder meer ernstig tegniese sandry terwyl jy die bekende rooi duine verken. Laestrek is nodig as jy die steiler duine wil aanpak, maar die roete is ook geskik vir sagte 4×4’s aangesien die moeilikste dele misgery kan word. (Die moeilikheidsgraad wissel aansienlik van seisoen tot seisoen.)
En as jy lus is vir iets anders, is daar ’n opsionele 4 km-sirkelroete teen ’n berg, wat plek-plek rotsagtig en baie steil is; goeie grondvryhoogte en laestrek is noodsaaklik.

Wat jy moet weet

Blyplek:
Daar is tien selfsorggrasdaklogdes met lugversorging by Witsand, en elkeen het ’n braaiplek in die koelte. Daar is ook hutte vir groepe waarin tot 20 mense kan slaap, sowel as ’n goed onderhoude karavaan- en kampplek.

Wat nog?
Witsand is bekend daarvoor dat stappers letterlik vrye teuels het; pak dus jou stapstewels in. Jy kan ook fietse en duinborde huur. Let daarop dat geen vierwielmotorfietse toegelaat word nie.

Kontak:
Witsand-natuurreservaat,
Jeanene Jessnitz
053 313 1061;
083 656 2117;
witsandkalahari@telkomsa.net;
www.witsandkalahari.co.za;

Kobie van der Walt
083 234 7930

Naaste dorp: Postmasburg (80 km)

Beste tyd om te gaan: Heeljaar, maar Maart tot Augustus is die beste tyd.

Roeteafstand: 27 km

Hoe lank gaan ek ry? 2-4 uur


 

Wat jy moet weet

Kontak:

Jeanene Jessnitz; Kobie van der Walt

Telefoon:

053 313 1061

Selfoon:

083 656 2117; 083 234 7930

E-pos-adres:

witsandkalahari@telkomsa.net

Webblad:

http://www.witsandkalahari.co.za

Beste tyd om te gaan:

Heeljaar, maar Maart tot Augustus is die beste tyd.

Roeteafstand:

27 km

Verblyf

Daar is tien selfsorggrasdaklogdes. Daar is ook hutte vir groepe waarin tot 20 mense kan slaap.

Kampering:

Daar is ’n goed onderhoude karavaan- en kampplek.

Wat nog?

Witsand is bekend daarvoor dat stappers letterlik vrye teuels het; pak dus jou stapstewels in. Jy kan ook fietse en duinborde huur. Let daarop dat geen vierwielmotorfietse toegelaat word nie.