Drie nagte se staan in die Boso-Trail
Ingeskryf deur: 
Tom Rademan

ONS TOER BEGIN

Ek , my vrou Linda en ons bakkie Hessie ’n 1985 Toyota Hilux 4x4, wat ’n wenner was in die Wegry #18 April-Mei maand het ons toer beplan na Mabuasehube, Kgalagadi en Richterveld. Aangesien ons die roete al vantevore gedoen het, was ons nie bekommerd oor die alleen ryery nie. Ons toer program was twee aande by Mpayatyaltwa pan kamp, een aand by Matopi 1, twee aande by Polentswa en een aand by Rooiput.


Tom en die sekuriteitsman met die skelm

LANGVINGERS LOOP SY RIEME STYF - Oom en die sekuriteiswag met die skelm


In Kuruman het ons by ’n groot kettingwinkel gestop om ons voorraad aan tevul voor ons die tog sou aan pak. Ek stop voor die winkel, Linda klim uit sluit haar deur en ek bly by Hessie want soos julle weet as jy toer is al jou besitting in die bakkie. Ek klim toe uit om my trui uit te trek. Die volgende oomblik kom n jong meisie (jammer ons het nie haar naam gevra nie) en sê “Oom hulle het jou bakkie oop gemaak aan die passesiers kant, geen venster is gebreek nie. Ek was soos blits om Hessie en vang ta binnein Hessie met ons GPS, kamera,  vidiokamera, selfoon en Linda se sonbril binnein ’n  sak. Wel ek het  sy sake so bietjie gewerk en wou sommer sy vingers afsny maar ongelukkig het n verkeersman wat kom kyk het  wat aangaan my gekeer. Met die hulp van die sekruteitman het ons sy hande en voete vas gebind met “cableties”. Ons het hom  polisiestasie toe gevat maar verder weet ek nie wat met hom gebeur het nie want ek gaan defnitief nie van Stilbaai na Kuruman ry vir die hofsaak nie. Daardie aand slaap ons by Die Oog, so bietjie onrustig want waar is ta se vriende?.
Het dit al vantevore gesê maar nee wil mos nie luister nie, maar daar kamp ons nie weer nie. Wat ’n  raserige kamp. Mense wat heel nag in en uit ry en gesels
Die aand voor ons Botswana ingegaan het, het ons een aand by Springbokpan geslaap. Wat ’n  fantasiese kamp

JA EN TOE STAAN ONS

Hier het ons vir drie dae gestaan

Daarna het alles goed gegaan  tot ons die Boso-trail aangepak het. So 26km van Motopi 2 sê Linda vir my kyk die groot trop gemsbokke, lig my voet van die petrolpedaal af en toe ek haar weer wil trap is daar niks. Hessie is morsdood, haar momentum het ons darem so onder ’n  dooie doringboom laat stil hou.. Ek en Linda kyk namekaar en al wat ek  aan kan dink is dat dit vuil petrol is wat ons in Thabong in gegooi het. Klim  uit en haal die vergasser af ,  spuit hom skoon en sit dit terug terwyl Linda ’n ogie hou vir die leeus want ons is mos in die natuur.. Vol verwagting klim ons terug in Hessie en draai die sleutel maar niks. Hessie bly so dood soos ’n  mossie.

Ek sê dan moet dit  die vonkverdeler wees,  toets dit en vind dat daar geen vuur is nie. Nou na 25 jaar wat ons Hessie het ken ek haar binnegoed soos ek my gesig ken, maar ek het die ou verdeler vervang met n elektroniese verdeler . Ek het alles probeer maar sy bly dood. Die uiteinde van die hele besigheid is ons staan daar in die diep twee spoor sand paadjie vir drie hele dae.

Saans sodra dit begin skemer raak klim ons maar in want dan voel ons veiliger Linda sê weet jy ander mense kyk nou Binnelanders en hier lê ons al in die bed, party nagte was maar lank. Gelukkig is ons so ingerig ons slaap binne Hessie en al ons goed is  byderhand. In die nag het ons leeus, hiënas en jakkelse gehoor maar niks gesien nie. Om ons besig te hou dis te sê as ons nie aan Hessie gewerk het nie, het ons albaster ge speel met bok drolletjies, nee ons het nie n spoeg kompitiese gehou nie.

Water en kos het ons genoeg gehad maar die oggend van die derde dag het ons yskas se battery die gees begin  gee en hier staan ons in die middel van die pad met die sonpaneel toe ook sommer maar in die pad.

Die oggend sê Linda vir my die Here het vir haar gesê  Hy stuur vir ons n wit Toyota om ons te kom help. Nie lank daarna nie sê sy vir my sy hoor ’n kar, nee sê ek dit is miskien die wind. Ons was toe maar weer besig om te sien of ons Hessie aan die gang kan kry. Nie lank daarna nie sê sy weer hier kom ’n kar, nee sê ek dit is die yskas en die volgende oomblik staan die wit Toyata agter ons. Dit is toe Pieter Gerber en Cora Loubser in ’n CCK bakkie. Pieter sê toe reguit hy kan ons nie sleep nie want hy is bang vir die duine.  Dit is die eerste keer wat hy die pad ry en die mense het hom bang gepraat en gesê die duine is kwaai. Nee sê ek dit is reg so as hy ons dan net tot by Matopi 2 kan vat, dat ons darem nie so in die pad en die vlaktes staan nie. Ek verduidelik ook aan  hom die duine begin eers na Matopi 1.

 
 Hy besluit toe dan vat hy ons tot by Matopi 1.  
Dankie WEGRY vir die HANNIBAL-HERWINNINGSTEL wat ek gewen het want hy het baie handig te pas gekom. Daar los hy ons toe met die belofte hy sal sorg dat  Nossob van ons sal weet. Daar by Matopi staan ons toe twee dae. Ek sê  ons sal moet bietjie stadig met ons water want ek dink by myself dit is Saterdag en parkeraad sal nie oor n naweek uit kom nie.

ONS NAGMERRIE RIT BEGIN

Johan en Christell Oosthuizen met die Landie

Maar die Saterdag middag so om en by 14.15 sleep ’n  Landie hier by ons in van Mabua se kant af. Twee jongerige mense klim uit, stel hulle voor as Johan en Christell Oosthuizen. Hulle het in Mabua gehoor van ons en besluit om ons te kom geselsskap hou vir die aand. Johan sê  vir my hy kan ons ook nie sleep nie want sy koppelaar is nie so goed nie. Nee sê ek dit is reg al wat hy moet doen is om net weer vir Nossob van ons te herinner. Terwyl ons nog praat sien ons hier kom die parkeraad se bakkie aan.  Oom William Strauss en Chanelle Barends personeel van Nossob klim uit groet en gee my ’n vonkverdelerkop, maar onmiddelik sien ek die ding is ook gebreek. Oom William sê hy het opdrag gekry hy mag ons onder geen omstandighede sleep nie. Die volgende oomblik sê Johan ” oom as die parkeraad bakkie saam ry sal ek julle sleep”. Nee maar dit sal reg wees  sê oom William . Soos blits het ons alles gepak en hier pak ons die 96km aan en dit is 16.15,  so die dag stap aand se kant toe. Ja Toyota manne ek is jammer maar daar sleep die Landie ons. Eerste ding wat die stoere Toyota manne gevra het was “ is daar enige fotos geneem. Maar dit was nie al nie, die Landie is n Blou Bul met so ’n blou bulletjie sticker wat mense heeltyd loer en hier sleep hy stoere Shark en W.P. ondersteuners. Toemaar julle twee ons waardeur nog altyd  wat julle vir ons gedoen het.

Dit was’n  vreeslike rit. Linda sit met die GPS op die skoot en sy tel die kms af, Hessie het nie remme of stuur nie en Johan laat waai hier voor en oom William agterna. Die eerste paar duine het alles goed gegaan maar toe kom ons op ’n  paar duine af waar die sagte  4x4 gate geskop het waar ’n  olifant kon weg kruip. Die Landie het in party van die gate so vas geval dan hy  nie genoeg krag gehad om homself en ons uit die gat te trek nie. Oom William haak ons dan agter en sleep ons so ent terug en dan haak Johan ons weer dan stort hy die duine soos n ware Blou Bul, party duine moes ons 2-3 keer storm en dit was nou reeds pikdonker, Johan sê hy kan nie die duine  lekker sien in die donker nie so hy moet sy spoed probeer behou. Maar Hessie sit soos ’n neut hier agter hom. Party duine het  Linda, Christell, oom William en Chanelle Hessie gestoot om die Landie te help en al wat oom William sê is mense julle moet onthou ons is in leeu wereld. Linda en Christell het partykeer agter op die parkeraad se bakkie geklim sodat die Blou Bul en die Shark oor die duin kon kom. Nou om daardie pad te ry in die nag is ’n  ondervinding maar om iemand te sleep en om gesleep te word is so bietjie erger. Al wat jy sien is die 9m tussen jou en die Landie en die twee klein rooi liggies wat so nou en dan verdwyn in die sand en stof. Partykeer was Hessie toe onder die sand soos die Landie sand op geskop het.  Wel deur die Here se goedheid en genade kom ons toe 21.30 by Nossob aan. Wel ek sal sê die koningin het nie so verwelkoming gehad nie.

VEILIGE AANKOMS BY NOSSOB

Dis Saterdagaand en die kamp was vol maar die beste kamp plek was oop. Daar het Johan ons so ver as moontlik onder die boom in getrek want hy het ’n  dak tent op gehad maar soveel mense het kom help om ons onder die boom in te stoot. Nadat ons alles reg gekry het, het  mense na ons toe gekom om te hoor of ons genoeg kos en water het. Daar het ’n Toyota tegnikus na ons gekom en gesê hy sal na Hessie kyk maar ook hy kon die fout nie vind nie, tot ’n elektroniese ingeneur het kom kyk. Die Maandag bestel ons toe maar  n hele verdeler van Upington af met die hoop dat dit die probleem was,  Dinsdag het die parkeraad se vragmotor Upington toe gegaan vir voorraad en dit vir ons saam gebring tot by 2 Rivieren. Woensdag het al die bestuurders vergadering gehad by 2 Rivieren en toe bring Nossob se manne vir ons die part saam. Donderoggend vroeg kry ons die part en toe sak daar so ’n stilte oor die kamp. Ek sit die part in en almal wag in spanning om te hoor of Hessie gaan vat. Ek klim in en draai die sleutel en daar vat Hessie sommer met die eerste draai en die volgende oomblik hoor jy hoe die mense handklap. n Uur later toe sien jy net so ’n rooi streep soos Hessie ry om uit die kamp te kom. Wel van die kamp by Polentswa en Rooiputs het niks van gekom nie.

Chanelle se troos woorde aan  Linda was ” mevrou dink net nie een persoon kan sê dat hy 3 dae in daardie pad gestaan het nie, 2 nagte by Matopi gestaan het want dit is net ’n oornag kamp en dan niemand het nog ooit daardie pad in die nag gery nie en nogal agter iemand met net ’n 9m spasie en 2 klein rooi Landieliggies om te volg.

Nou wil ek net sê ons het April maand die verdeler vervang toe ons in Durban was. Oktober het ek opgevlieg Durdan toe met die part in my rugsak en daar sê hulle vir my dit was n elektroniese fout en hulle het die vonkverdeler vervang.

DANKIE MENSE

Chanelle Barendse

So hiermee wil ek net weer eens al die mense wie ek hier genoem het  sê baie baie dankie vir alles wat julle vir ons gedoen het en ook Motty en Elaine Allison vir daardie lekker vars groen slaai  wat ons by julle gekry. Chanelle wat ons op hoogte gehou het waar die part was.

Baie baie dankie Tom en Linda Rademan, Stilbaai


Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
geen
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association