Sports in die Soutpansberge
See video

‘n Paar naweke gelede is Albertus van Wyk saam met die eienaar van LA Sport in Centurion, Herman Timmerman, en ‘n paar kliënte en vriende vir ‘n paar dae Soutpansberg toe. Met hulle aankoms in Louis Trichard op die Vrydagoggend het dit al ou tannies met knopkieries gereën, en so het dit aangehou deur die hele naweek. Dit was natuurlik moeilik om te kamp, maar dit was ook veel 4x4 pret. 

“Ek was op laerskool laas in die Soutpansberge in en ek het vergeet hoe ongelooflik mooi dit is. Dis ongerep en subtropies – hier is selfs ‘n paar reënwoude," sê Ali. "Dis ook nog net soos ek dit onthou in terme daarvan dat daar nie veel toeriste hier is nie. Dis net jy en die ongelooflike natuur en die vriendelike Vendas wat hier bly.”

Lewer kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.

Gebruiker stories

Geen gebruiker stories bygelas
 
geen
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association