17 footballers, een ou Hilux
Alwyn Viljoen skryf: Oppad na Sani pas gister, sien ek hoe 17-lede van die Franklin Barcelona Sokkerklub in die Underberg in 'n bakkie klim - 14 agter, 3 voor.
Hulle was gaaf genoeg om uit te klim en dit in minder as ’n minuut en ’n half weer vir die kamera te doen.
Hulle doen dit elke liewe Saterdag, en ten spyte van die klub se voor-die-hand-liggende probleme met vervoer, is hulle bo-aan die puntelys in hulle liga. Daar was boonop nog 'n kas quart-biere ook agter in die bak. En hulle het die game gewen.
As dit nie 'n Guiness rekord is nie, is dit minstens genius tetris.
Gewilde artikels
geen





Lewer kommentaar