Mosambiek - Pisane Lodge, Macenate eiland
Hier is beslis nie genoeg spasie om ons hele ondervinding te kan oordra nie, en wat se ondervinding was dit nie!
Ons was 3 huisgesinne (12 mense) wat vanaf die 26ste Desember 2009 tot en met die 6de Januarie 2010 gaan kamp het by Pisane Lodge. (Gaan soek hom op Google)
Die oord is "wild" maar lekker!!!! Klein, maar pragtige ablusie blok, klein maar lieflike swembad wat deels onder rietdak is, en groot staanplekke met krag en water. Baie dankie aan die einaars, Billy en sy ma Louise wat alles in hulle vermoe gedoen het om dit so maklik as moontlik te maak om daar te kom en te kan ontspan.
Behalwe vir 'n "offroad" karavaan, of 'n karavaan met 'n stewige grondvry hoogte, sal ek nie voorstel dat jy soontoe, of na enige van die ander (van die 5) oorde op die eiland met 'n karavaan besoek nie. Die sand is baie dik en jy mag heel moontlik die onderstel beskadig.
Ons het ge kamp met tente en dit was hemels. 680km vanaf Johannesburg, (35 km noord van Maputo) oor die Nkomatie rivier met 'n "Ferry" en dan so 7km land in tot sowat 250m vanaf die laaste duin tot op die strand. Geen reen vir 10 dae nie, gereeld 'n ligte briesie wat die ergste hitte breek (gemiddeld 40 grade), geen muskiet byte nie (a.g.v. die briesie in die nag)
Macenata word ‘n “eiland” genoem want aan die weste grens hy aan die Nkomati rivier, en aan die ooste aan die see.
Die see water se temperatuur is gemiddeld 26-28 grade en jy swem tot laat in die nag.
Mense wat Mosambiek besoek moet net in gedagte hou dat alhoewel die lewenskoste daar relatief “laag” is, is dit ‘n arm land en die oorgrote mederheid van die locals is baie arm. Jy betaal dus vir alles, van rigting aanwysing tot by wiele pomp. Later pla dit jou nie meer so baie nie want die paar Meticals wat jy hulle in die hand stop bring groot verligting.
Ons ondervinding het ons geleer VAT ALLES WAT JY GAAN NODIG HE SAAM!!!! Veral “kos” gewys. Vleis, groente, meel vir brood (want die PAO wat hulle local brood is, is nie so geredelik beskikbaar nie) koeldrank, drank, lekkergoed ens. Vat sommer ‘n plastiek sak vol goedkoop toffies en ander lekkergoed saam want die plaaslike bevolking se kleintjies hardloop gereeld agter die voertuie aan en smeek vir “sweeties”
Ons gaan beslis weer, heel moontlik tydens die "Sokker wereld beker" indien nie sommer hierdie eerskomende Paasnaweek nie.
Laat weet maar as daar meer spesifieke vrae is.





Kommentare
ek wil na cahora basa ry via pafuri, mapai,423,michaila,412sucane,masangena,duame,mucai,machasi,427tuazene,nova colege,en 1,en 6 gimo,102 changara,103 soca 258 cahora basa. enige iemand al die roete gery of enige voorstelle.
Johan ons is baie lief vir Mosambiek en gaan al die laaste 18jr baie gereeld soontoe, hoofsaaklik Maputo en Xai-Xai omgewing maar is baie bekend met Marequene/Macaneta en die areas tot by Inhambane. Dus dink ek jou stelling van "vat alles saam veral kos" moet beslis heroorweeg word. Jy verwys ook na die armoede. Pao (Portugese broodjies) is 'n baie groot deel van die gemiddelde Mosambieker se daaglikse dieet en dus wyd beskikbaar. Elke dorp het gewoonlik 'n bakery jy moet net moeite doen om uit te vind waar. 'n Goeie idee is om 3 dae se voorraad op 'n slag te koop, hulle raak gewoonlik reeds op die volgende dag taai, maar as jy hulle 'n paar minute op 'n rooster/oond sit is hulle tot 4 dae soos vars en heerlik (werk veral goed in 'n Weber). In Xai-Xai verkoop hulle deedae tot knoffel brood, groter pao amper soos Franse brode en tot "normale" vierkantige brood net soos die in SA. Dan het die meeste groter dorpe baie goeie vars produk markte waar jy tamaties, uie, knoffel, slaai, pepers, papaja, mango ens met gemoedrus kan koop. Gebottelte stil water is algemeen beskikbaar maar net Portugese vonkel water wat in gewoonlik klein botteljies kom, anders as ons eie water smaak en 'n groot koolstofspoor laat weens die vervoer van die glas bottels oor 'n groot afstand. Koeldrank is daar algemeen beskikbaar en baie goedkoper as in SA (in Oktober 20Mt=R5 vir blikkie by kafees!). Bier is goedkoop en algemeen en baie gewild onder SA smaak (word gemaak deur SABrouerye). Seekos (vis, garnale ens) ook oral beskikbaar, plaaslike kalamari nie so verfeind soos in SA. Redelike vleis is ook beskikbaar by slaghuise in plekke soos Xai-Xai, Inhambane en Vilancolous (die pregos en hoender wat verkoop word in restaurante kom van dieselfde plekke af). In Maputo op die groot pad van SA is daar 'n Ckeckers met alles wat jy moontlik mag nodig he, pryse is omtrent selfde as hier in SA (met huidige wisselkoers eintlik goedkoper as hier). Hulle het groot keuse van lekker vleis netjies verpak in lugdigte pakke. Neem gerus niebederfbare "noodkos" saam vir die dae wat jy nie seekos kry nie, bv paar blikies tuna/pasta ens maar ondersteun die plaaslike kleinhandelaars. Sodoende het jy meer plek in jou kar, verklein jou koolstofspoor verlig armoede in Mosambiek en help om plaaslike handelaars aan te moedig om nog meer uit te brei en groter verskeidenheid aan te hou. Tweedens moet asb NIE lekkers vir die kinders gee nie. Dit moedig hulle aan om na die paaie te kom en stel sodoende hulle lewens in gevaar en skep ook 'n bakhand kultuur van arm maar baie trotse mense.
Pos nuwe kommentaar