Kamp met my Corsa

Body: 

Wees gegroet mede kampeerders...

Ek is tans besig om my eie kampwa te bou en vorder redelik goed. Maar in tussen moes ek ander plan maak vir die vinnige naweek by die dam of net lui lekker in 'n park te gaan ontspan.
Ek het die daktent wat ek aangeskaf het vir my kampwa tydelik maak le op my 1.4 Opel Corsa se laaibak en ek kan ook nogsteeds die seiltjie oortrek om die bagasie mooi weg te steek.
Ek en my vroutjie het nou al 'n paar keer so gaan kamp en ons geniet dit terdee. ...Wie het nou gese jy moet 'n 4x4 he om met jou daktent te gaan kamp.
Lekker kamp

Kommentare

Boer maak 'n plan, ek sê!

Pieter.


Ek het self 'n Corsa. Dit is 'n lekker voertuig en ek dink jy het 'n puik idee met die kamppery.


Dit is sulke innoveerende idees wat die kamp ding daai lekker ding maak.

Pos nuwe kommentaar

Die inhoud van die veld word privaat gehou en sal nie aan die publiek verskyn nie.
Alle regte voorbehou. © WegRy 2009. Gepubliseer in Suid-Afrika deur Media24 
Digital Media and Marketing Association