
101 Roetegids | 2010
Eureka City
Die Eureka City-roete is ’n 25 km lange eenrigtingroete wat ’n ongewone versnit van geologiese wonders, goudmyne en geskiedenis is. Dis ’n reis deur die geskiedenis oor die Barbertonse Greenstone-gordel – oeroue neerslae met van die bes bewaarde en oudste rotsformasies op die planeet, en boonop van die rykste goudmyne wat nóg ontdek is.