Resultate 1 tot 6 van 6

Draad: Walvisbaai na Sesriem

  1. #1
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Walvisbaai na Sesriem

    Wie van julle kan ooit die kordondraad onthou wat so van noord na suid deur ons land geloop het om die bek-en klouseer onder beheer te kry? By die groter paaie was daar hekke wat deur mense beman was waardeur resigers kon kom, mits hulle nie die verkeerde soort produkte deur daai grens probeer vat het nie. Baie boere het ekstra geld gaan verdien deur te gaan diens doen by die kordonhekke.
    Hierrie hekwagte het neffens die hekke in sulke wit kloktente van die SWA Administrasie gebly en daar het hulle maar gedoen soos wat hulle wou en soos wat so 'n spul mans mos maar bymekaar in die veld maak, het drinkwater 'n veel groter prioriteit gehad as waswater. Wie wil dan ook daar op die vlaktes oopketel staan en jou uithangstukke staan en was vir almal om te sien in elk geval? Dan klap hulle maar net die nodigste [mees jeukende?] sommer so met 'n nat waslap en niemand ken die verskil nie, want almal maak mos maar só en ruik later dieselle.
    Maar nou kom daar mos afnaweke vir die manne en oom Chris het al lank ekstra skofte gewerk vir daai nuwe kragkop wat hy nog moes koop, maar toe wéét hy hy sal móét huistoe en by die vrou kom voor hy ontplof. Toe hy egter daai Vrydagaand by die plaashuis inrol, het sy vrou net haar arm so in die rigting van die badkamer gegooi en hy het toe geweet hy sal eers moet gaan was voor hy enigiets gaan regkry.
    So het hy alles mooi skoongewas en afgedroog en met die wat sy gedagtes al lankal in die slaapkamer was, is daar deel van hom wat nie meer so passief is as wat dit was toe hy by die badkamer ingekom het nie en toe hy omdraai, toe swaai dié met so 'n boog en raak met 'n 'ssssttttt' aan die paraffienlamp se warm glas en daar val al sy idees letterlik plat! Só flêt dat sy vrou eers behoorlik moes 'kiss it better' voor dinge na normaal teruggekeer het...................

  2. #2
    4x4-grondpadkar Eben Goosen's Avatar
    Aangesluit
    25-01-12
    Plek
    Lichtenburg
    Boodskappe
    154
    Wat ry jy?
    Ford Everest 4x4
    Gunstelingplekke
    Kalahari oor al die grense
    Regte naam
    Eben Goosen

    Re: Kordonsake in die ou Suidwesjare

    Hi Spook - jammer dat ek sommer van die draad af val maar jy is die man ter plaatse - watter is die mooiste pad van Walvis af na Sesriem - ek het al rondgevra en daardie pad oor Homeb(?) ens lyk vir my interessant, maar hoe rybaar is met 'n boswa agter - dit lyk my dit sluit in elk geval weer by grondpad aan ek dink dis die 506 of soiets - kan jy moontlik help?
    Dankie - sorry vir die verdwaalde draad

  3. #3
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Kordonsake in die ou Suidwesjare

    Quote Originally Posted by Eben Goosen Lees boodskap
    Hi Spook - jammer dat ek sommer van die draad af val maar jy is die man ter plaatse - watter is die mooiste pad van Walvis af na Sesriem - ek het al rondgevra en daardie pad oor Homeb(?) ens lyk vir my interessant, maar hoe rybaar is met 'n boswa agter - dit lyk my dit sluit in elk geval weer by grondpad aan ek dink dis die 506 of soiets - kan jy moontlik help?
    Dankie - sorry vir die verdwaalde draad
    Die pad waarvan jy praat, loop al langs die Kuisebrivier af rigting oos, eers verby Gobabeb en dan Homeb en dan draai jy weer so effe noord-oos om maar weer by die hoofpad van Walvis af na Solitaire aan te sluit. Dis wel 'n geskraapde pad, maar nie 'n geboude pad nie. Verkeer soontoe is nie baie nie en daarom word dit nie te gereeld geskraap nie. Jy kan met 'n gewone kar daar ry en om 'n boswa agter te sleep, ook nie 'n probleem nie. Jy sal egter nie veel van 'n spoed kan handhaaf nie want die pad is vol hobbeltjies, swikke, draaie en dips. Die rooi duine agter die Kuiseb is pragtig, maar so van die pad af is dit eintlik te ver. Vir die res is dit maar die kaal Namib met nie veel om te sien sover dit opwindende goete aangaan nie. By Homeb is 'n kampeerterrein waar jy kan oorstaan, maar daar is nie veel van geriewe behalwe 'n braaiplek nie. Die omgewing daar is egter briljant...as jy dit wil gaan verken [rivier en duine].
    Dus, as jy haastig is, vat die reguit pad van Walvis af na Solitaire toe. As jy tyd het vir rondkuier en soek vir unieke plekke, dan kan Homeb vir jou iets anders bring. Onthou tog net dat jy dan in die Naukluft is en jy mag net daar ry met 'n permit wat jy by die Swakopmund kantore moet gaan uitneem!

  4. #4
    4x4-grondpadkar Eben Goosen's Avatar
    Aangesluit
    25-01-12
    Plek
    Lichtenburg
    Boodskappe
    154
    Wat ry jy?
    Ford Everest 4x4
    Gunstelingplekke
    Kalahari oor al die grense
    Regte naam
    Eben Goosen

    Re: Kordonsake in die ou Suidwesjare

    Baie dankie Spook dit is nou waardevolle informasie, ek moet deurdruk vanaf Whit Lady na Sesriem daardie dag so ek sal beslis nie soveel tyd kan opneem om daardie pad te ry nie

  5. #5
    4x4-grondpadkar
    Aangesluit
    09-12-11
    Plek
    Swakopmund
    Boodskappe
    181
    Wat ry jy?
    Hilux 4Y
    Regte naam
    Schalk van Schalkwyk

    Re: Kordonsake in die ou Suidwesjare

    Ek stem saam, want dis 'n stywe stoot vir 'n enkele dag. Dis so rondom 240km Swakop toe en dan so 360km deur na Sesriem toe. Dis 600km en so 8 ure se ry. Begin vroeg by die lodge ry! Daar is alternatiewe paaie, maar dit sal langer vat as die grootpad waar jy ten minste 'n spoed kan handhaaf. Net vir die snaaksgeid: Jy trek weg by die lodge/Uis/draai weg anderkant die dorp en vat die pad by die Spitzkuppe verby en dan klim jy op die teerpad vanaf Usakos na Swakop toe. As ons moedswillig is, kan jy by die Goanikontes-pad links draai en deur Goanikontes die pad deur die Naukluft volg tot jy uiteindlik aansluit by die hoofpad van Walvis af na Solitaire toe. Probleem is net, daar's so baie dinge om te kyk op die pad, jy sal dit nooit in een dag maak nie! Mens kan egter op Goanikontes lekker kamp. Daar's egter nie brandstof op hierdie roete voor Solitaire nie, so jou kar sal moet wyd kan loop!

    As julle haastig is, vat eerder die grootpad via Henties en Swakop en moenie vergeet om by Treff se bakkery in Swakop te stop vir heerlikhede nie!

  6. #6
    4x4 met twee ewenaarslotte georgeb's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hartbeespoort
    Boodskappe
    1,144
    Wat ry jy?
    2006 Nissan Hardbody, 3.3, DK, 4x4, EFS veringstelsel, Nudge-M bosbreker, Frontrunner dakrak
    Gunstelingplekke
    Oral waar 4x4 nodig is....
    Regte naam
    George Brittnell

    Re: Walvisbaai na Sesriem

    Toets vir my eie gebruik
    Groete

    George Brittnell
    4x4@vodamail.co.za


Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •