Ek het hulp nodig en julle is mos die regte mense om te vraEk het twee Springbokboude by my Pa gekry (hy jag gereeld) en ek wil een daarvan op die kole gaarmaak. Ek gaan die ander een sommer in die oond maak met 'n paar aartappeltjies en groente - dit proe mos heeltemal anders.
Het iemand dalk vir my 'n lekker resep vir 'n boud op die kole? Waarin moet ek hom laat lê voor die tyd en watter speserye moet ek gebruik? Hoe warm moet die kole wees? Wat sit mens saam met dit voor?
Jammer vir die baie vrae, maar dit is my eerste springbokboud op die kole en ek's bang dit flop!



Antwoord met aanhaling



]


(as iemand my `n maand terug sou gesê het dat ek sou resepte lees dan ...
If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.
- sy het daai boud op ge ********** ???
