Resultate 1 tot 24 van 24

Draad: Lekker resep vir 'n springbokboud?

  1. #1
    Administrateur WegRy-admin's Avatar
    Aangesluit
    14-10-11
    Plek
    Kaapstad
    Boodskappe
    439
    Wat ry jy?
    Fiat Panda 4x2, maar hopelik binnekort 'n Jimny (donasies welkom!)
    Regte naam
    Marilize Nel

    Question Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Ek het hulp nodig en julle is mos die regte mense om te vra Ek het twee Springbokboude by my Pa gekry (hy jag gereeld) en ek wil een daarvan op die kole gaarmaak. Ek gaan die ander een sommer in die oond maak met 'n paar aartappeltjies en groente - dit proe mos heeltemal anders.

    Het iemand dalk vir my 'n lekker resep vir 'n boud op die kole? Waarin moet ek hom laat lê voor die tyd en watter speserye moet ek gebruik? Hoe warm moet die kole wees? Wat sit mens saam met dit voor?

    Jammer vir die baie vrae, maar dit is my eerste springbokboud op die kole en ek's bang dit flop!

  2. #2
    Administrateur Gerrie van Eeden's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Slaapstad
    Boodskappe
    543
    Wat ry jy?
    Op die oomblik, 'n Camry.
    Regte naam
    Gerrie van Eeden

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Net solank jy daarvan kantoor toe ook bring...
    Daar is nooit iets soos genoeg grondpad nie.

    Gerrie van Eeden
    Joernalis - WegRy/ Journalist - Drive Out
    gerrie@wegry.co.za

  3. #3
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    as ek jou vertel .. gan ek 'nkarmenaatjie in di epos kan verwag ... Hmmmmmmmmmmmmmmm??? so gedink .. O K - gee dan maar vir Gerrie 'n happie, wat.

    [Ek neem aan jy het 'n WEBER? wil jy die Weber gebruik of regtig direk op die kole??]
    [oompi gaan verder as ek eers die antoord het]

  4. #4
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Marilize....assegrootasseblief.....as jy goete op die oop kole wil braai, braai, maar tog net nie n Springbokboud nie. Nee man, jy braai dan mos nie n skaapboud nie......

    Pot, hy hoort in n pot. Nadat jy hom oornag in wyn of karringmelk laat le^ het. Dit is nou nadat jy hom gestop het met alles wat wettig en onwettig is.

    Knoffel.....spek....baie spek (wild is van nature droog) , steek gate en stop hom met die spek,knoffel en naeltjies.

    Dan maak jy hom in daardie selfde wyn of karringmelk gaar.....stadige hitte tot hy half uitmekaar uit wil val.

    Beste vleis....heel beste
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

  5. #5
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    hmmmmm - I feel a challenge coming on .. Chris, 'orgnaaiz' 'n springbok boudjie, en bring, oompie sal hoom mooi lekker oppi kole maak - en jy sal fingers af-eet [verrrrrrrrr verby lek lekker]

  6. #6
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Nee wat Mac.....ek sal nie met jou verskil nie, maar ek bly skepties.

    Enige iets is moontlik, ek meen , jy kan seker afval grill.....of oxtail op oop kole braai as dit is wat jou "kite maak vlieg"

    My opinie : Jy kook nie T-bone in n pot nie en jy braai nie n heel boud op n oop vuur nie (tensy jy familie is van 7de Laan se Hilda)
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

  7. #7
    Administrateur WegRy-admin's Avatar
    Aangesluit
    14-10-11
    Plek
    Kaapstad
    Boodskappe
    439
    Wat ry jy?
    Fiat Panda 4x2, maar hopelik binnekort 'n Jimny (donasies welkom!)
    Regte naam
    Marilize Nel

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Oom Mac, ek het nie 'n Weber nie, net 'n gewone braai. My Pa het nog altyd vir ons die lekkerste boud direk op die kole gebraai, so ek weet dit kan vreeslik lekker wees. Dit val nie uitmekaar nie - dis meer soos steak in tekstuur, maar jitte, dit is darem baie lekker.

    Chris, ons sal jou moet nooi om te kom proe!

  8. #8
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Is reg Marilize, jy en Mac kan hom bou, ek is bereid om drinks aan te dra en te proe....soos my handtekening se^ "Bang skrik en bewe is n aanwendsel"
    Last edited by Chris van der Merwe; 01-03-12 at 16:32.
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

  9. #9
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    telkom werk aan die ADSL lyne en kort kort VREKKKKKKKKKKK alles oppi lessenaar - di eresep kom, "patiënte mens, pasiënte"

  10. #10
    4x4 met agterste ewenaarslot frik's Avatar
    Aangesluit
    07-12-11
    Plek
    Waterpoort
    Boodskappe
    717
    Wat ry jy?
    1 Toyota Prado 2 Willys cj2a 1946
    Gunstelingplekke
    Daar waar mooi is!
    Regte naam
    Frik Ferreira

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Ai-ai-ai, hoe water my mond nou!! Chris, so n ontbeende skaapboud oor die kole, lekker mopanie hout kole, maak darem daai vleisie mooi loop jong. So, ek glo ook daai ander boud sal mooi gaan.
    [SIGPIC][/SIGPIC]Ons ry enige plek

  11. #11
    4x4-grondpadkar bostokelos's Avatar
    Aangesluit
    03-01-12
    Plek
    BOKSBURG
    Boodskappe
    244
    Wat ry jy?
    colt 3.o d/cab4x4 sac chip aluminium canopy drawer system all self built double battery system & roo
    Gunstelingplekke
    moz botswana & henties
    Regte naam
    Christo Viljoen

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    marilize ek gebruik hierdie resep vir n skaapboud maar ek glo hy sal werk vir n springbok boud

    spuit of smeer jou pot gooi twee bottels franse slaaisous(knorr) by jou boud en dis al prut oor matige kole vir 2- 3 ure

    skep so dan en wan van die sous bo oor draai hom om so na n uur om.al jou speserye & geur is binne daai sous

  12. #12
    4x4 met laestrek Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    495
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Gabriel Safaris, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Krugerwildtuin, Mosambiek (enige plek), Weskus Nasionale Park, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho ens.
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Ek braai sommer maklik 'n skaapboud. Vlek hom, marineer hom, en braai hom op matige kole vir so veertig minute. Ek sit 'n casserole deksel oor laat hy so half 'n oondjie maak. Baie lekker. Maar ek dink mens sal sukkel om nie 'n wildsboud uit te droog nie, behalwe as jy nie omgee vir rare nie...


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  13. #13
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    KOPIEREG VOORBEHOU -- hirri resep is nog nooit nêrens êrens iewers op papier gesit nie .. hy kom as erfstuk van Oorle Ouma Fytjie saam:

    Vòòr jy begin - maak skoon die sinkbadjie [of koop of leen een as jy nie het nie] Nie die heel grote vir kjenners was nie, die kleintjie, vir voetewas en luiers uitspoel] WAT ??? jy kannie een kry nie??? Nou vat dan maar 'n sink-emmer of 'n slopsemmer [maar SKROP tog die emmer met kookwater en sôre lat die spullitjie suiwersilwerblinkskoon is [ter wille van die gewete ook, nê? .. Dis mos hoekom lat Wyle Cerneels Langenhoven gese het "Jy eet lekker in jou ei ehuis want jy weet hoe gaan dit in jou kombuis .. jy eet lekker by anner se huis ... want jy weet dit niè..]

    Die springbok moet ryp wees [anners los jy dit, dan kan jy hom net oond] Om die bok ryp te maak - Hang hom in die koelkamer vir kortste drie dae na hy gejag is. As daai bok gekwes was of sleg gevrek het ... da' oond jy hom ook liewerster. .. en o-ja, as daai boud ooit gevries was .. versjeet maar van hirri - da' oond jy hom ook maar net. Nekskoot, kopskoot en hartskoot se boudjies is aljimmers maar net lekkerder]
    As jy wil kan jy hom ontbeen [maar virWAT?]

    Sny die boud lank-af kepe in die lengte [NIE dwars nie] so 3 - 4 vingers uitmekaar. Sny maar lekker diep, netnie tot teenaan die been nie [as jy tot teen die been kom is dit ook nounie treinsmesj nie]
    Nou het jy mos vooraf al gesorg vir VARS tiemie en roosmaryn takkies en blare en so 10 sali blare [sali is SAGE as jy wonner] (of Robertsons se gedroogde salie/sage)
    Nou frummel jy die tiemie/roosmaryn en Salie saam, sommer so handewringend inni handpalms.

    Die werk jy nou eweridig in die kepe wat jy mos gesny het, in. Eweveel in elke keep.
    Nou kom hier 'n opsie wat ek gewoonlik uitlaat - Ouma Fytjie het dit net gedoen as Oom Jowell [oud burgermeester van Springbok en oom Uys oorgekom het vir ete" Sny gedroogde pruime / pruimedante en droo perske sulke strepies repies, en die lê jy nou ook mooi in, in jou kepe wat jy mos vroeër gesny het]

    Nou het jy ook by jou slagter loop mooipraat vir 'n mooi middelslag vark se spare ribs se velstroke aan jou te bemaak [of te verkoop, die mensdom is tog so inhalig deesdae] Daar moet nog vleis en vet aan die vel wees - nes hy van die sper-rib af kom - Nou diè sny jy weer in repe en lê dit nou in jou [springbok] boud se kepe in. VELKANT BUITENTOE - en klap die kjent bo-oor die laerskool se saal se dak as hy hier droo-maak en die velkant binnetoe inlê

    Nou het jy ook mos al so 4 of 6 skurweskil suurlemoene gaan pluk ??? Oooo, jy het nie .. gaan koop dan. As jy nie kan kry nie, koop dan maar lemmetjies, so naby as demmit aan tennsibôl saaiz - Net so 4 van die sal doen. -- Vat so koppie en half gehalte olyfolie [maar sonneblomolie is ook raakslaan orraait] Druk die suurlemoene droo droog uit [munni worri oor die pitjies nie - haal uit of los - makie sakie] Meng die suurlemoensap en die kookolie en die maak jy mooi versigtig oor matige hitte warm tot hy by sy voetenent so wil-wil borreltjies maak. [weerstaan die versoeking om daai botteltjie "Tru-Lem nader te trek ... jy kan liewer sjou skoo'ma saamvat op honeymoon as wat jy kortpad vat met hirre een - Hoor maar vir oompie]

    Nou gooi jy 4 eetlepels hoogvol karamelsuiker [Dit MOET daardie loperige Karamel bruinsuiker wees - munni met anner suikers eens probeer nie] by die suurle-oliemoen mix en roer versigtig tot die suiker opgelos is [triek is nou om die spulletjie so "opgelos" te hou - gebruik jou breins en hou dit net-net louwarm] [ek sit so 2 kooltjies onner my groot blikbeker]

    Teen die tyd moet jy nou ook al 'n smeerkwas hê [as jy nie het nie - 'n skoon verfkwas werk ook - en as jy diè nie het nie, 'n vlak ou ronne soplepel is ook orraait.

    Heitse - Het jy al vuur gemaak en is daar al kole??? Verdomp, amper versjeet ik van diè.. Noutoe - die vuur kan jy maak nes jy wil. Wingerdstomp of Mopanie hout of Ebbe hout of !Xouru-bos of soetdoringboom se hou - selfs rooi vye hout is reg en ek het al vrystaatse mieliestronk gebruik en EEN keer mat "Charca Charcoal" - maar dit was 'n smesjop-gemors gewees [en ook darem netnie port jackson nie en onder GEEN omstandighede bloekomhout nie]
    Die kole moet warmer as matig wees - maar as hulle erg warm is, dan moet jy die rooster maar net hoër lig. -

    Nou kyk jy op jou horlosie - en merk die tyd [skree vir die spul daar voor die tiewie wat sit en rugby kjyk hulle moet jou dop kom aanvul]
    Verf nou die boud met jou suurle-oliebruinmoensuikermix [nie alles op een slag nie, net 'n lagie] sit die boud op die rooster, en sit die emmer [want 'k wèèt tog jy het nie 'n sinkbadjie kon inni hanne kry nie] - bo-oor die boud.
    Maak seker jy het vatlappe want die emmer raak speels-warm, en jy gaan hom nog baie kere optel vandag.
    (Nee, jy kannie gaan rugby kyk nie - jy moet die boud oppas .. elke paar minute, sodra die onderste op die rooster deel van die boud goed warm is en begin bruin, draai jy die boud 'n kwart draai, en kwas weer die suurl-oliemoenbruinsuiker-mix bo oor)
    Jy moet maar kyk hoe lyk jou kole .. .as jy reg geraai het en die hitte werk reg, behoort jy so 40 minute per kilogram aan die boudjie te braai ...

    WAT ?????? maar my hjêlllll mens, wil jy vir my sê jy het NIE die boudjie geweeg nie???? Nee kjyk, vandag se kjenners, jy kan hulle aantrek maar jy kan hulle nersens heen vat nie - jy kan nie eens ploeë m't hulle nie - want as jy hom inspan skeit hy op die tuie ... aitog..

    Nou RAAI dan maar die boudjie se gewig. Hou die varkrepe ook fyn dop. As die suurle-oliemoenbruisuiker-mix al op is, gebruik eie oordeel, trek jy daai repe varkribswoerd uit die boudjie uit, en braai dit langs die boud oppi kole [of nog anner hopie warmer kole] tot lekker chrispy-crackling [daar is nie 'n Afrikaans vertaling vir "crackling" nie ???] - maar nie TE bros-droog nie, mens moet darm WIL eet.

    Elders het jy golfbalgrootte aartappeltjies met skil-en-al gaargemaak. 'n Lekker pot stampkoring OF bruin-willerys [die mengsel ] OF Groenmieliekoppe en 'n lekker potbrood as jy die koring nie gedoen het nie.

    Pampoen??? Kool?? anner groen goed?? NEE - nie by hirri gereg nie.

    Noutoe- loop maak hom, en kom getuig hier in die openbaar wat het jy alles verkeerd gedoen..

    Sout??? Peper??? Maar maskas mens - jy is mos al mooi groot, die sit jy aan die begin op en oor selle as wat jy die boudjie vir die oond sou gemaak het.. na eie smaak [lekker ou growwe seesout bly my fywrit...] ek het al - èèn keer net, rooipepertjie bygetik, maar min .. as jy nie weet wat jy doen nie - laat staan dit liewerster.

    Vir nagereg maak jy Oompie sye "Bye-Appel" [hy is iewers daar by "kombuis" se drade .. Hy werk mooi.
    En as jy die mense koffi egee - met hirri enetjie - samblieftrog MOER koffie - STERK moer koffie met so 'n mespuntjie sout by elke beker koffie [Ter wille van oompie, g'n anner rede nie] - Met BRUINSuiker en volroommelk en twee teelpels kondensmelk

    [eenkeer is ie genoeg om enigeen dood te maak nie, dibete tjek net eers met jou dokter ]
    Last edited by Oompie Mac; 02-03-12 at 18:36.

  14. #14
    4x4-grondpadkar bostokelos's Avatar
    Aangesluit
    03-01-12
    Plek
    BOKSBURG
    Boodskappe
    244
    Wat ry jy?
    colt 3.o d/cab4x4 sac chip aluminium canopy drawer system all self built double battery system & roo
    Gunstelingplekke
    moz botswana & henties
    Regte naam
    Christo Viljoen

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    eish eks honger

  15. #15
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Centurion, langs Groenkloof Natuur Reservaat
    Boodskappe
    826
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Quote Originally Posted by bostokelos Lees boodskap
    eish eks honger
    Ai, een Oompie Mac vertel dan daai geheime resep sooooo lekker, ek skater nou nog. Gaan hom traai, het twee boudjies hier in die vrieskas.
    Johann

  16. #16
    Administrateur WegRy-admin's Avatar
    Aangesluit
    14-10-11
    Plek
    Kaapstad
    Boodskappe
    439
    Wat ry jy?
    Fiat Panda 4x2, maar hopelik binnekort 'n Jimny (donasies welkom!)
    Regte naam
    Marilize Nel

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Sjoe, Oom Mac! Baie dankie hiervoor - dit is presies waarna ek gesoek het! Die beste resepte is mos daai wat van Ouma afkom Ek sal julle laat weet hoe dit gegaan het. 'n Kookverslag is definitief in orde.
    Last edited by WegRy-admin; 05-03-12 at 13:35.

  17. #17
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    eisjjjjjjjjj - ek lees julle boude is geVRIES ... einaaaa
    O K - sit die boud in waterdigte plastieksak 'ziplock' - vryf hom met olyfolie - sit die hele gedoente in 'n emmer water [kraan temperatuur] - vervang die water so elke paar ure [voel maar as hy te koud raak - dat die boud oor 24 uur ontdooi... MOENIE oorhaastig raak met die ontdooi nie.]
    AS jy dit reg doen - kry so 'n koppie Liquer Brandewyn [nie tjiepstuff nie] en meng dit met die olyfolie vooraf wat jy die boud mee gaan smeer. Net slegs en alleenlik Liquer Brannewyn .. moenie versoek word om Port te gebruik nie -- ek sal jou bekla vir plagiaat [ek gebruik Port, maar ook neteen soort wat werk - en Boplaas is sy Baas]

  18. #18
    4x4 met twee ewenaarslotte Vlakvark's Avatar
    Aangesluit
    02-12-11
    Plek
    Worcester, (Die Breederivier Vallei, ... net langs die hemel)
    Boodskappe
    1,091
    Wat ry jy?
    Datsun Safari '82
    Gunstelingplekke
    Worcester, Die Kruger, Stilbaai. .... daar is nog ander plekke ook!
    Regte naam
    Kiewiet Van Der Westhuizen

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Mac, jy mak mulikgeit in my huis .... (as iemand my `n maand terug sou gesê het dat ek sou resepte lees dan ... ). Vrou het nou al my bakkiesboek oorgeneem, en ek lees so nou en dan vir haar uit kampvuur, maar jou resepte stories gat maak dat sy wil my kampvuur ôk wil ôkupeer ... nee man ... Ekke gat my teësit. (Sy sukkel dan metti tieeviee se riekôrd besigheid ... sy't ni tyd hi, want sy moet werk...).

    ..... nou sal ekke haar moet traain om tussen al hierri drade by jou resepte uit te kom, .... jy maak nou vir my hoop werk ou!!! ... ennne ek sukkel met die traain besigheid man!!! Genade !!!! ... ek sal haar ôk seg om die Dokter vooraf te 'tjek' ....


    Newwermaaind die boukie, die resep is al kla 'lekke' genoeg gewees ....
    Last edited by Vlakvark; 06-03-12 at 06:51.
    Kiewiet.
    If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.

  19. #19
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    ek be-oog om so 'n MANNE Naweek te reel [vir fondsinsameling vir OutreachAfrica se uitreike vanjaar] - da gaan ons lekker saam kuier - ' lekker 4x4 speel en vasval - en so bikkie lesse kry in "recovery" - en ek klompie van my ou Spies-n-Plessis stories afstof vir die Satragaand - en ook 'n respe of twee 'n "vetelvormaat" oordra.

    voor ek nou my naam met 'n plank platmurr - net eers so ligweg 'n opname (i) sal jy so 'n manaweek bywoon ? (ii) hoeveel is jy bereid om et betaal vir so 'n "outing" [onthou, winste gaan vir my sending uitreike]
    laat oompie hoor.

  20. #20
    4x4 met agterste ewenaarslot jotto's Avatar
    Aangesluit
    10-02-12
    Plek
    Centurion, langs Groenkloof Natuur Reservaat
    Boodskappe
    826
    Wat ry jy?
    4x4 Pajero 3.2 Di D Home made "ARB" bumper, home made roof rack
    Gunstelingplekke
    George, Knysna, Waterberge, Laeveld
    Regte naam
    Johann

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Quote Originally Posted by Oompie Mac Lees boodskap
    ek be-oog om so 'n MANNE Naweek te reel [vir fondsinsameling vir OutreachAfrica se uitreike vanjaar] - da gaan ons lekker saam kuier - ' lekker 4x4 speel en vasval - en so bikkie lesse kry in "recovery" - en ek klompie van my ou Spies-n-Plessis stories afstof vir die Satragaand - en ook 'n respe of twee 'n "vetelvormaat" oordra.

    voor ek nou my naam met 'n plank platmurr - net eers so ligweg 'n opname (i) sal jy so 'n manaweek bywoon ? (ii) hoeveel is jy bereid om et betaal vir so 'n "outing" [onthou, winste gaan vir my sending uitreike]
    laat oompie hoor.
    Oompie Mac, eks daar. Jy skree die prys en ons kom draai, dis mos vir 'n goeie saak, ek ly dan ook af daar sal so paar Landr... (oeps het ek dit hardop gesê) ook wees.
    Johann

  21. #21
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    sit 'k netnoe en bedink - WAT het geword van daai sprimmokboukjiekie - of het Admin daai Springbokboud ge fomfaai ??? - kom kom -- erken, kom na vore met die sak patats, bely-bely, ek wil weet wat het gewrord van "ons" boud??
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  22. #22
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,327
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    - sy het daai boud op ge ********** ???
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  23. #23
    Administrateur WegRy-admin's Avatar
    Aangesluit
    14-10-11
    Plek
    Kaapstad
    Boodskappe
    439
    Wat ry jy?
    Fiat Panda 4x2, maar hopelik binnekort 'n Jimny (donasies welkom!)
    Regte naam
    Marilize Nel

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Quote Originally Posted by Oompie Mac Lees boodskap
    sit 'k netnoe en bedink - WAT het geword van daai sprimmokboukjiekie - of het Admin daai Springbokboud ge fomfaai ??? - kom kom -- erken, kom na vore met die sak patats, bely-bely, ek wil weet wat het gewrord van "ons" boud??
    Om eerlik te wees, ek het dit nog nie gebraai nie . Ek het die eerste boudjie Vrydagaand in die slow cooker gemaak en my kuiergaste het die bak met hulle vingers uitgelek. Ek kon dit nie glo nie.

    Ek het die boud eers vir 'n dag in Bulgaarse joghurt geweek en toe vir twee dae in rooiwyn gemarineer. Vrydagoggend het ek al die bestandele in die slow cooker gesit, die ding aangesit op HIGH en werktoe gegaan. Toe ek by die huis kom ruik dit soos die Spur en daai voorheen-gevriesde springbokboudjie val uitmekaar! Hier's my resep:

    5 Wortels (opgesny in 2 cm stukke);
    'n Houer sampioene (opgesny);
    3 Uie (fyngekap);
    1 Koppie sampioensop;
    1 Pakkie Bruinuiesop;
    1 Pakkie Roast Beef gravy;
    Ina Paarman Garlic & Herb speserye
    Sout en peper

    So maak mens: Vryf die boudvleis met die Garlic & Herb speserye, sout en peper. Pak die wortels, sampioene en uie onder in die slow cooker. Sit die boudjie bo-op en gooi die vloeistowwe bo-oor. Skakel die slow cooker aan op HIGH en daarsy! Die boud was so lekker sag dat dit uitmekaar geval het terwyl die vleis nog 'n bietjie pienk was in die middel. Die sous was ook heerlik en volop. Ek het dit bedien met couscous en 'n kaas-broccoli-blomkool gebak. Daar was net-net genoeg vleis oor vir ontbyt die volgende dag.

    Ek moet erken, die versoeking om dieselfde resep weer te maak is groot! Probeer dit gerus.
    Last edited by WegRy-admin; 23-03-12 at 16:00.

  24. #24
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: Lekker resep vir 'n springbokboud?

    Mmmmm....nou ja toe, so verskyn daar n springbok en n gemsbok op my werf. So nou lees ek weer hierdie draad en beloer die twee spingbok boude so. Sal een op my potmanier doen en die ander een braai soos julle hier voorstel !
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •