Soos Gerrie se, daar is 'n hele wetenskap agter herwinningspunte. Maar daar is recoveries en daar is snatch (kinetiese) recoveries.
In sand moet jy baie verkeerd ry om vas te sit as jou bande genoeg afgeblaas is. Kinetiese recoveries moet jy alleenlik doen as alles anders nie gewerk het nie.. Dis nie die eerste stap nie. Laaaank voor jy by kinetiese herwinning uitgekom het het jy jouself uitgegrawe met 'n graaf, die bande bietjie papper afgeblaas het jy jou voetspoor vergroot sodat jy weer aan die gang kan kom. Die probleem kom in wanneer mens die horlisie dophou en wil jaag met herwinning. Dis gewoonlik wanneer mens begin kortpad vat, en voor jy weet is iemand in die hospitaal. Volg die rigting van minimum geweld, grawe weg voor die wiele, blaas bietjie meer af en wikkel vorentoe en agtertoe... As jy aan die gang kom, hou jou momentum...
Terug by herwinningspunte, dis goeie (veilige) praktyk om die regte, weight rated, herwinningspunte direk op die onderstel te he. Onthou, buffers en sleephake is nie doelgeboude herwinningstoerusting nie, en is dus nie ge-"rate" nie. Niks mee verkeerd om 'n voertuig aan 'n sleephaak met 'n pen rond te sleep nie, maar snatch is 'n ander storie. Wees maar versigtig.
Die enigste manier om te weet hoe jou voertuig in sand gaan gedra is om te loop ry. Speel in beheerde omstandighede met verskillende banddrukke totdat jy agterkom waar die "sweet-spot" le. MAW leer jou voertuig ken. Dan gaan jy al lank voor jy begin vassit al weet wat kom en jy gaan die nodige stappe kan neem om vassit te verhoed. Geniet jou voertuig, leer hom ken en bou 'n lekker verhouding op, dan gaan julle mekaar sommer nog lekker vermaak...




Antwoord met aanhaling

Hou hom in donkie-gear.
