Ons gaan einde April Bhanganek toe. Ons eerste ervaring van sandry. Die optimis in my wil glo dat ons nie gaan vassit nie maar die realis gaan verwinningspunte opsit. Die Jeep het een voor maar niks agter nie. Voor ek my oorgee aan die genade van 'n verkoopsman wil ek graag bietjie meer weet.
Soos:
Ek het al die sleephaakgruwelstories gelees. Jammer as my vrae bietjie dom is. Hoop julle het genoeg geduld.
- Waar kan ek dit laat doen?
- Waaraan sit hulle dit vas?
- Kan dit nodig wees om iets te verander of te versterk?
- Is daar soorte wat beter werk as ander?
- Die sleephaak met die los pen deur, Kan dit gebruik word vir herwinning?
![]()



Antwoord met aanhaling


Goeie kinetiese tou is n moet, kry net al die ander bykomstighede ook saam, soos die straps vir as die ding breek ens. Paula, jy kan daar vir Herman pla vir n ou Pofaddertjie met al die benodighede sommer so in een sak. (

If you are going through hell, keep going. - Sir Winston Churchill.
