Fiat Panda 4x2, maar hopelik binnekort 'n Jimny (donasies welkom!)
Regte naam
Marilize Nel
1988 Land Rover Defender 110
As 'n voertuig al dubbel soveel kilometers as die afsnypunt vir die Langafstandklub afgelê het, hoort hy eintlik in 'n afsonderlike hoekie van kanniedoods. Soos byvoorbeeld Sean de Nobrega se 1988 Land Rover Defender 110 3.5 V8.
Op die afstandmeter? 264 620 km
Hoeveel eienaars? Ek is die vyfde of sesde eienaar. Ek het die voertuig sedert 2000, en het meer as die helfte van die kilometers opgesit.
Wat het dit gekos? R42 500 (’n weggeeprys!)
Hoekom ’n Land Rover? My Nissan Hardbody het vir die soveelste keer in die sand in Bainskloof vasgesit. ’n Gawe ou van KwaZulu-Natal het my in sy Series 3 Landie uitgetrek. Dit was al wat nodig was om my te oortuig.