Ek lees nou van Oompie Mac se verlies (Uncle - ek dink aan jou en Dwergie, sterkte) in die familie en sien ook die reaksie van die manne om die vuur - die Forum van ons is anderster, die gees is sag en die manne en dames se harte klop reg warm....met deernis vir ander in die vuurlig....
Kom ons begin met 'n sub-forum waar ons daai seer dinge kan deel soos ons harte voel en sommer ook die lekker van boet of sus wat matriek slaag met paar onderskeidings-----nie windvermaak of 'brag' nie.....net so opreg soos dit net uit die Afrikaans mens se hart kan kom....
Wat sê julle.....?





Antwoord met aanhaling
