
Originally Posted by
wegryadmin
Hi Vlakvark. Baiedankie vir die boodskap. Ek verstaan jou punt oor die Foto-van-die-dag-draadwat jy begin het, maar ek dink glad nie jy was/is/klink arrogant nie. Ek dinkook nie die ander lede sien dit as arrogant nie. Nou, die slegte nuus is dat ekdit nie kan verander nie. Omdat jy dit geplaas het kan ek nie jou naam uit dietitel haal nie. As jy voel dat die draad te lank raak en ons moet nog een skep,laat weet my. Ek kan daai een toemaak en 'n nuwe een skep wat dan nie jou naamsal wys in die titel nie. Wat dink jy?
En dan, kan jy asseblief vir my die link stuur na die draad waar Oom Macfoto's van Vlakvark geplaas het? Ek sal dit van die ander skei sodat ons 'naparte een daarvoor skep.
Laat weet my asseblief as ek met enigiets anders kan help.
Baie dankie!