Resultate 1 tot 11 van 11

Draad: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

  1. #1
    4x4-grondpadkar Piet van Heerde's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hopefield
    Boodskappe
    197
    Wat ry jy?
    60 series Land Cruisers
    Gunstelingplekke
    Enige woestyn
    Regte naam
    Piet van Heerde

    My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Hier is 'n foto van my twee langafstand karre, heel voor. Ou Diesel Daisy en die Wit Perd.

    Diesel Daisy het die vorige eienaar, verander van 'n 2F na 'n 2H, na heelwat tandekry is hy nou so reg soe reg.
    Hy het 420kkm op, Ironman suspensie, 195l brandstof tenk, 80L NL Yskas, 800W inverter, Finny kompressor, en VHF radio.

    Die Wit Perd het 260kkm op, ek vermoed hy was baie teruggedraai toe ek hom gekoop het. 2F Petrol, wat lekker krag het vanaf 500rpm en in die duine hier van 3500rpm af op sy mooiste sing en trek.
    Standaard suspensie maar Ironman gas skokbrekers, 80L NL yskas, 150W inverer, 180L branstof tenk.

    Albei het dakrak op, twee spaar bande, herwinnings toerusting op die dak en sonpanele wat die ekstra battery vol hou as ek staan.
    Hier is 'n foto in die Richtersveld geneem:
    Click image for larger version. 

Name:	konfooikarre.jpg 
Views:	76 
Size:	81.9 KB 
ID:	1274
    Oja, het ek genoem hulle het sulke mooi oranje wiele!
    Piet van Heerde
    4x4 Veld en Marine gids
    Richtersveld spesialis

    Vol vrag op volle vaart, lekker!

  2. #2
    4x4 met twee ewenaarslotte Chris van der Merwe's Avatar
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    Polokwane
    Boodskappe
    1,113
    Wat ry jy?
    Land Cruiser 80 GX 4500 Petrol alias "Obelix" . Land Cruiser 80 VX 4200 T/Diesel alias "Ku
    Gunstelingplekke
    Afrika - Suid van die Sahara
    Regte naam
    Chris van der Merwe

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Twee ysters Pieta !!!
    Chris.
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=68&dateline=1325073423

    Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels

  3. #3
    4x2 met ewenaarslot roland b's Avatar
    Aangesluit
    12-12-11
    Plek
    FAERIE GLEN
    Boodskappe
    29
    Wat ry jy?
    1996 Toyota Land Cruiser 80GX 4500
    Regte naam
    Roland Bergh

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Quote Originally Posted by Piet van Heerde Lees boodskap
    Hier is 'n foto van my twee langafstand karre
    Ek sien ek was ook daar - pas die Land Rover op

    Dis twee cool karre daai, Piet!
    Roland
    http://www.wegry.co.za/forum/image.php?type=sigpic&userid=531&dateline=1323786612

  4. #4
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    23-01-12
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    25
    Wat ry jy?
    Geen 4x4 op die oomblik
    Gunstelingplekke
    Enige plek in Suider Afrika, maar deesdae is die Kalahari en Noord Natal my gunsteling
    Regte naam
    Pieter Louw

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Kyk net hoe mooi. Daar antwoord jy nounet my vraag oor "Wat is mooier as 'n 60 reeks Cruiser?" - 2 x 60 reeks Cruisers langs mekaar!
    "Dis nooit te koud om te kamp nie" - Plato (circa 300 B.C)

  5. #5
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    23-01-12
    Plek
    Kempton Park
    Boodskappe
    25
    Wat ry jy?
    Geen 4x4 op die oomblik
    Gunstelingplekke
    Enige plek in Suider Afrika, maar deesdae is die Kalahari en Noord Natal my gunsteling
    Regte naam
    Pieter Louw

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Piet, is daar 'n groot verskil tussen die een met standaard suspensie en die ene met die Ironman suspensie?

    Myne het nog die standaard suspensie (wat ek onlangs net laat "retension" het) met Monroe Magnum Gas skokbrekers voor.
    "Dis nooit te koud om te kamp nie" - Plato (circa 300 B.C)

  6. #6
    4x4-grondpadkar Piet van Heerde's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hopefield
    Boodskappe
    197
    Wat ry jy?
    60 series Land Cruisers
    Gunstelingplekke
    Enige woestyn
    Regte naam
    Piet van Heerde

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Ja in my opinie is daar 'n reuse verskil, eerstens is die ironman bietjie sagter, dan kry ek ongelooflike artikulasie, sien hieronder op my handtekening. Met die gas skokbrekers is ek ook baie tevrede, veral op sinplaat, gewoonlik word dit te warm en dan werk die skokbreker nie meer soos hy moet nie maar die ironman doen sy ding, ek voel heelpad veilig.
    En die vere self het ek ekstra veer blaaie ook van ironman ingesit om 'n lekker swaar vrag te dra, ek laai gemaklik sowat 800kg en kan dan nog steeds die road to hell uitry.
    Piet van Heerde
    4x4 Veld en Marine gids
    Richtersveld spesialis

    Vol vrag op volle vaart, lekker!

  7. #7
    4x2 met ewenaarslot Vince's Avatar
    Aangesluit
    13-01-12
    Plek
    Piet Retief
    Boodskappe
    57
    Wat ry jy?
    2011 Triton 3.2 DC 4x4, sleep n' Sprite Tourer SP; Anders sommer die Offroad waentjie met die Oz Ten
    Gunstelingplekke
    Richtersveldt; Kgalagadi;Bhanganek; Injisuthi
    Regte naam
    Vince Aslett

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Piet , is jou sonpanele op die dak gemonteer?
    It's not about the destination, it's about the journey.....

  8. #8
    4x4-grondpadkar Piet van Heerde's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hopefield
    Boodskappe
    197
    Wat ry jy?
    60 series Land Cruisers
    Gunstelingplekke
    Enige woestyn
    Regte naam
    Piet van Heerde

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Ja, sonpanele op die dak gemonteer hulle is nie opgestel terwyl ek ry nie maar maak oop as ek stop en ek het 'n opsie om hulle af te haal en in die son te gaan neersit as ek in die skadu van 'n boom parkeer, maak net seker jou draad is nie te lank nie en het baie lae weerstand om spanningsval te voorkom.
    Piet van Heerde
    4x4 Veld en Marine gids
    Richtersveld spesialis

    Vol vrag op volle vaart, lekker!

  9. #9
    4x2 met ewenaarslot Vrankois's Avatar
    Aangesluit
    15-02-12
    Plek
    Naby Paarl
    Boodskappe
    79
    Wat ry jy?
    Toyota Condor 3000D 4x4 TX
    Gunstelingplekke
    Woestyne
    Regte naam
    Francois Steyn

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Piet, ek weet hierdie is seker 'n onmoontlike (gevaarlike) vraag om te beantwoord, maar wat ding jy is 'n goeie prys om te betaal vir 'n goeie 60 (2F of 3F) sonder roes?

  10. #10
    4x4-grondpadkar Piet van Heerde's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Hopefield
    Boodskappe
    197
    Wat ry jy?
    60 series Land Cruisers
    Gunstelingplekke
    Enige woestyn
    Regte naam
    Piet van Heerde

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Sonder roes is 'n gevaarlike stelling, die ouens steek dit baie goed weg en na 3 jaar sit jy skielik met groot moeilikheid. Maar as jy seker is hy is sonder roes hang dit ook van die res van die voertuig af, ewenaars, birfields, ratkaste en enjin, jy sal mooi moet kyk na alles tot die verkoelingstelsel. Die binnekant kan jou ook 'n aanduiding gee oor hoe die ou behandel is in die verlede.

    Maar vir 'n mooi goeie een kan jy verwag om tot so R85k te betaal, en dan afhangende van sy toestand kan jy nog 'n heel skaflike ou kry in die omgewing van R50k.
    Piet van Heerde
    4x4 Veld en Marine gids
    Richtersveld spesialis

    Vol vrag op volle vaart, lekker!

  11. #11
    4x2 met ewenaarslot Vrankois's Avatar
    Aangesluit
    15-02-12
    Plek
    Naby Paarl
    Boodskappe
    79
    Wat ry jy?
    Toyota Condor 3000D 4x4 TX
    Gunstelingplekke
    Woestyne
    Regte naam
    Francois Steyn

    Re: My 60 series cruisers, Piet van Heerde

    Dankie Piet. Ek sal maar geduldig wees en rondsoek.

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •