Resultate 1 tot 18 van 18

Draad: Gonarezhou Nasionale Park

  1. #1
    4x2 Moremi's Avatar
    Aangesluit
    21-01-12
    Plek
    A, A
    Boodskappe
    16
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.8 Diesel 4x4 en n Landrover Defender 2006 TDI
    Gunstelingplekke
    Botswana chobe,Moreme,Savute, Noorde van Mosambiek, Zim Hgwange
    Regte naam
    Gert

    Gonarezhou Nasionale Park

    Ek wil net hoor of daar iemand is wat my bietjie meer inligting kan gee oor die pad vanaf Pafuri tot by Gonerazhou Np deur die bos, is dit moontlik om so te ry tot in die Suide van Gonarezhou en hoe lank het n mens nodig vanaf Pafuri grenspos tot by Chicualacualo Grens pos, hoe die kamp plek is in die Suide van Gonarezhou by Mabalauta Kamp en hoe lank n mens nodig het om by Chcualacualo grenspos uit te kom in die droe seisoen vanaf Pafuri.Ek beplan om so trip te doen in Junie/Jullie van 2011 en wil net bietjie die gevoel kry by verskillende mense asb.

  2. #2
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,328
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Gert - kyk solank op Tracks4Africa .. dit behoort redelik op datum te wees [anders moet jy die vraag wyer vraa waar meer Burgers dit kan raaklees.. ons is nog inni beginskoene hier ommi vuurtjie

  3. #3
    4x2
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    oos london
    Boodskappe
    10
    Wat ry jy?
    jeep cherokee sport crd automaties 2009 model. n trekstang,ekstra(2) 12v elektriese punte in bagasie
    Gunstelingplekke
    kaokoland, chobe

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Quote Originally Posted by Oompie Mac Lees boodskap
    Gert - kyk solank op Tracks4Africa .. dit behoort redelik op datum te wees [anders moet jy die vraag wyer vraa waar meer Burgers dit kan raaklees.. ons is nog inni beginskoene hier ommi vuurtjie
    ek was daar in aug. laasjaar. ons was 4 voertuie en 12 manne. net na die pafurie het ons die limpopo aangedurf en deur die rivier gegaan na ons dit eers per voet nagegaan het. die landcruiser was eerste om te gaan maar hy het homself in die die rivier ingegrou. dit het ons 2 ure geneem om hom uit tekry mbv landrover, wenas en hoeligdomkrag. die water was sowat 400 meter breed en kniediep met 2 dieper gate waarin die voertuie met die spat van water wegraak. die ander 3 voertuie, landrover defender, fortuneren ek met n standaard jeep cherokee crd sport automaties is deur sonder probleme. ons het die aand in mozambiek op die wal van die rivier genagkamp. volgende dag na chicualacuala toe. geen probleme nie. daar ontmoet ons n afrikaanse man, johan, by die groot stasiegebou. hy het skoon akkomodasie as julle wil he, restuarant, slaghuis(binnekort). hy was vreeslik bly om 12 witmense te sien. ons is deur die grens by sango waar die persoon wat jou paspoort stempel dit met soveel geweld doen dat ek dink die flenter toonbank gaan nie lank hou nie. dit was nogal snaaks hoe hy sy plig uitgevoer tot groot vermaak vir ons. geen probleme nie. ons het n kampplek bespreek gehad in gonarezhou vir 4 nagte. volgende boli en dan in die park in. rivier kruising sonder probleme. daar is n paar kamplekke party met stort en toilet geriewe. een kamp het chalets. ons het sowat 5 km wes van chilojo clifs gekamp op die rivier en met een longdrop. braaihout is volop. taamlik wild en 2 dae probeer om n tiervis te vang sonder geluk. ons sien hulle volg ons aas maar wil net nie vat nie. niemand anders in die park nie tot die naweek toe n klompie zimbos aankom by n ander kamp. weer n rivierkruising en uit by die hoofhek na nandi. jy moet heeltemal selfversorgend wees. wanneer jy wil gaan behoord die riviere laag genoeg wees om te kan deurgaan. groete en geniet

  4. #4
    4x4 met laestrek Alibaba's Avatar
    Aangesluit
    01-12-11
    Plek
    Bellville
    Boodskappe
    495
    Wat ry jy?
    Lucky is 'n Toyota Hilux 2,2 petrol, 1992-model. OME-bladvere, Gabriel Safaris, BFG KM2 Muds.
    Gunstelingplekke
    Krugerwildtuin, Mosambiek (enige plek), Weskus Nasionale Park, Sederberg, Noordooskaap, Lesotho ens.
    Regte naam
    Ali van Wyk

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Moremi - 'n oom het my anderdag gebel om te sê dis die beste pad na Ghonarezhou toe, nie deur Beitbrug soos Villiers Steyn gery het in die tydskrif nie. Maar moenie op my woord gaan nie want ek gaan eers in Julie - was nog nooit daar nie. EK hoop nog ander ouens pos ook hieroor.


    "In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman

    Ali van Wyk
    Tel. +27 21 443 9831
    ali@wegry.co.za
    HEELPAD GRONDPAD!

  5. #5
    4x2 Moremi's Avatar
    Aangesluit
    21-01-12
    Plek
    A, A
    Boodskappe
    16
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.8 Diesel 4x4 en n Landrover Defender 2006 TDI
    Gunstelingplekke
    Botswana chobe,Moreme,Savute, Noorde van Mosambiek, Zim Hgwange
    Regte naam
    Gert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Dankie vir die terug voering Piper, klink of julle lekker pret gehad het daar, dis nog altyd my droom om soontoe te gaan, ek wil net gou nog iets by jou hoor hoe lank plus minus ry mens van Pafuri af tot by die Zim grenspos ?

    Groete

  6. #6
    4x2 Moremi's Avatar
    Aangesluit
    21-01-12
    Plek
    A, A
    Boodskappe
    16
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.8 Diesel 4x4 en n Landrover Defender 2006 TDI
    Gunstelingplekke
    Botswana chobe,Moreme,Savute, Noorde van Mosambiek, Zim Hgwange
    Regte naam
    Gert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Dankie Alibaba vir die terug voering ek wou nog altyd soon toe gegaan het, groete daai kant

  7. #7
    4x2
    Aangesluit
    03-12-11
    Plek
    oos london
    Boodskappe
    10
    Wat ry jy?
    jeep cherokee sport crd automaties 2009 model. n trekstang,ekstra(2) 12v elektriese punte in bagasie
    Gunstelingplekke
    kaokoland, chobe

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Quote Originally Posted by Moremi Lees boodskap
    Dankie vir die terug voering Piper, klink of julle lekker pret gehad het daar, dis nog altyd my droom om soontoe te gaan, ek wil net gou nog iets by jou hoor hoe lank plus minus ry mens van Pafuri af tot by die Zim grenspos ?

    Groete
    moremi, ons het sowat 500 meter na die pafuri grenspos links gedraai en deur die limpopo rivier gegaan. al het ons nie(landcruiser) vasgeval nie sal jy vroeg oggend deur die grenspos moet gaan om die zim grens dieselfde dag te maak. jy kan op enige plek boskamp as jy dit nie maak nie. as jy mapai toe ry om die limpopo oor te steek is daar n ferry wat jou kan oorvat as die rivier te vol is teen n prys. aan die anderkant by dethole is n swart predikant waar jy veilig kan kamp en altyd welkom is. as jy die mapai roete neem is dit n groot ompad. by zim se grens weet ek nie van kampplek nie maar johan by chicualacuala spoorwegstasie kan jou help met goeie oornagverblyf by sy plek. hy het n kroeg restuarant en skoon verblyf in die ou spoorwegstasie. daar woon sowat 7000 mense daar. van daar is dit naby na die park in zim toe. johan het baie inligting. vra hom net. hy is ex zim wat alles verloor het in zim. ek hoop dit help en ek is sommer weer lus om daarheen te gaan. die jaar gaan ek mozabiek toe. groete en lekker toer. piper of flip van der merwe van oos london

  8. #8
    4x2
    Aangesluit
    12-02-12
    Plek
    Op plaas Cookhouse distrik Oos Kaap
    Boodskappe
    1
    Wat ry jy?
    2010 Toyota Fortuner3.0d4d 4x4, ome suspensie
    Gunstelingplekke
    KALAHARI
    Regte naam
    Barend Bouwer

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Ons beplan om Gonarezhou te besoek vanaf 8 tot 16 junie. Ons wil by Pafuri deur die limpopo gaan. Is daar iemand wat dit baie onlangs gedoen het en enige raad kan gee. Ons is twee voertuie.Hoe is die toestand van die pad en hoe lank gaan dit neem vanaf Pafuri tot by die grens met zim,ook is dit moontlik om daardie tyd deur die limpopo te gaan.

  9. #9
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    14-08-12
    Plek
    Nelspruit, Mpumalanga, South Africa
    Boodskappe
    37
    Wat ry jy?
    Mitshibushi Colt D/K 4x4 met ekstra battery stelsel Jurgens Explorer karavaan as my vrou saam ry.
    Gunstelingplekke
    Gonarezhou, Manapoele, Moremi en Chobe.
    Regte naam
    Johan Putter

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Ons was vanaf 5 tot 11 Augustus 2012 in Gonarezhou. Fantasiese plek! Twee voertuie en het deur Pafuri hek in Mosambiek gereis. Talle rivierkruisings maar regte een is ongeveer twee km vanaf grenspos waar jy net na radiotoring, links na Limpopo rivier draai. Het twee en half uur in Mosambiek tot by Sango grenspos (Zimbabwe) gery. Grenspos ouens baie vriendelik. Zim se manne wil eers jou voertuig se engin/onderstelnommer fisies met voertuig sertifikaat kontroleer voordat hulle jou toelaat. Is 'n goeie idee as jy weet waar hierdie nommers op jou voertuig is! Anders kan jy laaank wag! Het in suide van Gonarezhou vir twee dae by Rossi poele gebly. Ongelooflike natuurskoon en redelik baie wild soos koedoes, rooibokke, buffels,kameelperde en olifante gesien. Het tiervis en babers in Save rivier gevang. Sommer in rivier gewas,maar pasop vir krokodille! Daarna het ons drie dae in noorde van Park by oa. Directors kamp gebly. Ek was al by talle plekke soos Moremi,Savuti, Mamili, Mana poele ens, maar het nog nie sulke mooi natuurskoon gesien nie. Het weer tiervis en babers in Rundu rivier gevang. Plek is WILD! Moet heeltemal selfversorgend wees. Bring BAIE bier want plek was baie warm en droog. Het Cheeta gesien. Leeus en ander wild, maar moenie Kruger wildtuin verwag nie. Sal sterk aanbeveel dat daar met twee of meer voertuie gereis word. Moenie daar gaan ry met automatiese voertuig waarvoor jy lowbed gaan benodig as voertuig breek nie.

  10. #10
    4x2 Moremi's Avatar
    Aangesluit
    21-01-12
    Plek
    A, A
    Boodskappe
    16
    Wat ry jy?
    Toyota Hilux 2.8 Diesel 4x4 en n Landrover Defender 2006 TDI
    Gunstelingplekke
    Botswana chobe,Moreme,Savute, Noorde van Mosambiek, Zim Hgwange
    Regte naam
    Gert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Johan,( Visarend )

    Baie dankie vir die inligting ek wardeer dit, ek het nie gedink die grenspos waar jy by Gonarezhou NP in gaan is slegs 2 uur se ry van Paguri grenspos af nie dit is wonderlike nuus, ek beplan om binne kort daai rigting te gaan, ek het al by vele ander mense ook gehoor dat Gonarezhou NP n besonderse plek is en ek wil vreeslik graag so gou as moonlik soontoe gaan, is dit dalk moontlik dat ek jou telefonies kan skakel en net bietjie meer inligting by jou kan kry as jy nie omgee nie asb. Nogmaals baie dankie.

  11. #11
    4x2 met ewenaarslot
    Aangesluit
    14-08-12
    Plek
    Nelspruit, Mpumalanga, South Africa
    Boodskappe
    37
    Wat ry jy?
    Mitshibushi Colt D/K 4x4 met ekstra battery stelsel Jurgens Explorer karavaan as my vrou saam ry.
    Gunstelingplekke
    Gonarezhou, Manapoele, Moremi en Chobe.
    Regte naam
    Johan Putter

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Hallo Moremi;
    Jy is baie welkom om my te bel by sel; 0823396622.
    Groetnis!

  12. #12
    4x4 met twee ewenaarslotte ooooms's Avatar
    Aangesluit
    01-06-12
    Plek
    Roodekrans
    Boodskappe
    1,011
    Wat ry jy?
    2.5 Hilux 4x4 D4D
    Gunstelingplekke
    Namibia / Malawi / Namakwa
    Regte naam
    Mark Schubert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Ek't hier 'n TR geskryf en bietjie inliging oor Gonarezhou vir info:

    http://www.hilux4x4.co.za/views/view...lit=gonarezhou

  13. #13
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,328
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Hallo Mark -- bly om te sien die anner OU Ooooommm is hier ook ingeklok
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  14. #14
    4x4 met twee ewenaarslotte ooooms's Avatar
    Aangesluit
    01-06-12
    Plek
    Roodekrans
    Boodskappe
    1,011
    Wat ry jy?
    2.5 Hilux 4x4 D4D
    Gunstelingplekke
    Namibia / Malawi / Namakwa
    Regte naam
    Mark Schubert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Oooompie Mac, ek het 'n oulike T-Hemps gesien by die flooi mark...moet my nie "dare" om hom te gaan staan en koop nie.....lol!!!

    [off] Gaan dit goed, anders [/off]

  15. #15
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,328
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    eisjjj - i need the money mos .. Gaan koop sommer 7, een vir elke dag
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  16. #16
    4x4 met twee ewenaarslotte ooooms's Avatar
    Aangesluit
    01-06-12
    Plek
    Roodekrans
    Boodskappe
    1,011
    Wat ry jy?
    2.5 Hilux 4x4 D4D
    Gunstelingplekke
    Namibia / Malawi / Namakwa
    Regte naam
    Mark Schubert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Dis x7 Toyota hemde, daar staan agter op, toemaar jy sal dit eendag dra

    Never say never

  17. #17
    4x4 met twee ewenaarslotte Oompie Mac's Avatar
    Aangesluit
    06-12-11
    Plek
    Benoni
    Boodskappe
    2,328
    Wat ry jy?
    Toyota Prado VX, 4.0 V6 en LOBO die legende
    Gunstelingplekke
    Okavango Delta; Moremi, Kalahari, Boesmanland, Richtersveldt
    Regte naam
    Mac Mc Menamin

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Pieter Piesang se sticker sit nog op Brutus -- maar Brutus is inni scrapyard mos
    Hoe weet jy jy is klaar met Uitreik? Solank jy lewe .. is jy nie.
    http://outreach2africa.co.za/

  18. #18
    4x4 met twee ewenaarslotte ooooms's Avatar
    Aangesluit
    01-06-12
    Plek
    Roodekrans
    Boodskappe
    1,011
    Wat ry jy?
    2.5 Hilux 4x4 D4D
    Gunstelingplekke
    Namibia / Malawi / Namakwa
    Regte naam
    Mark Schubert

    Re: Gonarezhou Nasionale Park

    Dis mos sad......

Plasingtoestemmings

  • Jy mag nie nuwe drade skep nie.
  • Jy mag nie boodskappe plaas nie.
  • Jy mag nie aanhegsels plaas nie.
  • Jy mag nie jou boodskappe redigeer nie.
  •