Afrika is nie vir sissies nie - dit weet ons almal, en wat is dan nou meer welkom as 'n ou draagbare koeltetjie? Altyd handig vir die kampplek soos as Mamma in die agtermiddag haar gin en tonic met die nuwe Sarie wil geniet terwyl die kroos geduldig, gedienstig en gedweë die skottelgoed was, of hoe?En Pappa sal baie dankbaar wees vir die gazebo as 'n onverwagse haelstorm sy geen-eis bonus bedreig met die nuwe Cayenne...
Maar grappies op 'n stokkie - ek is seker almal het bepaalde vereistes vir 'n gazebo. Myne is eenvoudig - hy moet maklik en vinnig op en af kan slaan, 'n redelike windjie kan weerstaan en kleinerig wees as hy opgevou is. Ongelukkig het ek 'n paar nare herhinneringe van sekere weergawes van die gazebo, waarvoor 'n mens niks minder as 'n B.Sc. graad nodig het om aan mekaar te sit nie!
Hierdie outjie hieronder het ek egter so 4 jaar gelede by die hipermark gekoop (was omtrent so R 800) en wonder bo wonder hou hy nog! Al naam op hom is 'Lifestyle' maar ek kan hom man-alleen in minder as 10 minute staan maak, en ook wegmaak. So nou het jy myne gesien- wys my joune!
![]()




Antwoord met aanhaling
