Eishhh - lyk my nie onnsself gaan hierdie jaar die grense oorry nie.....junior is in matriek en ons moet kar koop.....
Eishhh - lyk my nie onnsself gaan hierdie jaar die grense oorry nie.....junior is in matriek en ons moet kar koop.....
Great Minds think alike - my plannetjie is soos volg:
26 April - Ghanzi (of Kang)
27 April - Spitzkoppe
28 - 29 - April White Lady lodge
30 - 2 - Mei Sesriem
3 - 5 Mei Tweeriviere (ja ek weet Tweeriviere is nie die beste nie -ek was oorspronklik van plan om Rooiputs, Polentswa, Nossob ens te doen, maar alles was vol toe 'n paar weke gelede begin beplan het)
Sien jou dalk daar erens)
Vra maar weer by die hek, dalk het iemand gekanseleer en dan kan julle skuif?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
ja mens probeer maar altyd weer - ek bel maar so weekliks om te hoor van kansellasies
Eben, lyk my ek gaan in jou spore ry vir heelwat van die pad. Ja die kampplek by Tweeriviere is nie wonderlik nie maar ons was nog altyd gelukkig met die wild in daardie omgewing. Hoop ons sien jou daar.
Hiep hiep hoera - ek kry toe gisteraand plek in Nossob, nou gaan ons darem lekker Kgalagadi-kgalagadi
Groetnis
Khutse in die allermooiste Sentraal Kalahari (met sommer so stukkie by LionPark ook ingegooi) - 20 April tot 2 Mei ... nou nog net 'n paar daggies weg. Sal baie foto's neem en met julle kom deel. Die ander safariane is inderdaad in aantog uit allerhande ander uithoeke totdat ons bittervroeg Vrydag-oggend die pad vanuit Pretoria gaan slaan. Vermoed daar gaan nie juis Donderdag-aand geslaap word nie ...
Ons het net een groot "toer" vanjaar... London na Kaapstad in 4 maande via die ooskus van Afrika in samewerking met "The A21 Campaign" in die geveg teen mense handel!!!
Volg ons gerus op http://www.4-africa.net/
Last edited by Ducktape; 23-04-12 at 14:54.
Aug/Sept Namibia trip
1)27 Aug (Augrabies - Khamakirri790 km from Odendaalsrus.
2)28 & 29 Aug (Noordower- Amanzi) 430 km
3)30 & 31 Aug (Klein Aus - Desert Horse Inn) 321 km
4)1 & 2 Sept (Helmeringhausen- Koiimasis Ranch) 147 km
5)3 & 4 Sept (Sesriem - Sossus Oasis camp) 150 km
6) 5 & 6 Sept (Solitare - Rostock Ritz Lodge) 120 km
Eishhhh....julle maak n man lus om te pak !!!
Chris.
Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels
Nee man Expat (Howard), jislaaikit man, jy kannie so kom brêg met al die getoer-ery nie, ek moet nog konsentreer hier op my werk, maar dis nou by die deur uit.![]()
Johann
Ons was begin van die jaar by Luiwa plains het die Wilde bees Migrasie gesien. Toe Namibia Nwamba om Botswana in en Nxai panne en Khumaga om gery.
Ons kom nou net terug van Khutse en CKGR was so 14 dae daar
Gaan komende nawqeek Lesotho toe na kao mines ons doen n uitreik daar.
Einde Augustus gaan ons Sani Pas en Katse dam doen
Einde van die jaar doen ons n lang trip op na Ruaha in Tanzania ons sal seker Botswana Deur Zambia op ry miskien paar dae by luanga spandeer en dan op pad terug ook deur mikumu en die Selous parke draai en dan Mozambiek om terug ry.
Christi sal moet wys & vertel van al daai baie plekke.
Ek kry nie tyd vir meer as 1 3weke trip elke 2 jaar nie.
Dis nou weer sulke tyd & kan skaars wag om weer nam te sien so:
1. 21/06: Abiqua, oranje riv.
2. 22/06: River chalets, mariental.
3. 23/06: Kalahari bush breaks, buitepos.
4. 24/06: Epukiro, boesmanland.
5. 25/06: Skereti, khaudum.
6-7. 26-27/06: Khaudum.
8-10. 28-30/06: Malyo, kwando.
11-12. 01-02/07: Sachsenheim, tsumeb.
13-14. 03-04/07: Kunene riv lodge.
15. 05/07: Epupa valle.
16. 06/07: Hoarusib riv.
17-18. 07-08/07: Puros.
19. 09/07: Hoanib, amspoort.
20. 10/07: Khowareb.
21. 11/07: Monteiro, windhoek.
22. 12/07: White house, grunau.
So oor 2 maande is ek ook eers bietjie weg!
Dit makie sakie! Wanneer ry ons?
Jacques, dit lyk na 'n baie lekker trip wat julle beplan. Hoop julle kry tyd om dit rustig te vat. Geniet dit!
Dagsê Kampvuurders,
ek en vroulief ry einde Mei Windhoek - Hluhluwe - Kosibaai - Ponta Malongaan - al langs Mosambiek kus (insluitend 'n dhow trip na Bazaruto eilande) op na Gorongosa NP - Mutare - Vumba - Chimanimani en dan kortste pad via Masvingu - Bulawayo - Maun terug na Windhoek. So drie weke uit en tuis, maar ek dink met die huidige brandstof pryse sal dit die laaste trip na die Ooste van Afrika wees. Volgende jaar sal ons maar konsentreer op Angola, Kavango moerasse en hier in ons eie mooi Namibië.
Die wat gaan ry of reeds op reis is - veiligry asseblief en hou die rubber op die pad.
Groete uit 'n koudwordende Namibië
Flip, dit moet jy inderwaarheid geniet!
Terloops, het jy familie in die Namakwaland?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry...
Ons is pas terug van 'n 3 weke toer van die Kaap tot by die Kunene. Dis terapeuties, ek sal dit sterk aanbeveel!! Ek sal nog 'n trip reportjies skryf en opsit, maar vir die wat nuuskierig is, hier is solank 'n link na die engelse weergawe wat ek vir die Hilux Club skryf... Dis 'n lewende ding, daai trip report, hy is nog nie klaar nie, en ek haak aan soos en wanneer ek tyd kry...
http://www.hilux4x4.co.za/views/view...hp?f=4&t=25076
Thys de Jager - thys@teamoffroad.co.za
Lid van SANOTA en OGATO
Besoek ons webblad: www.teamoffroad.co.za
Kans lyk goed dat ons 23ste Julie- 4 Augustus saam met Uri n draai in Angola gaan maak, ek ry op die stadium alleen, so as iemand lus is om saam te gaan....ek het n sitplek of drie oop. Ongelukkig nie meer plek vir voertuie nie.
Chris.
Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels
Chris, is dit 'n konvooi? Waar ry julle?
"In a city you don't live, you just show off." Herman Charles Bosman
Ali van Wyk
Tel. +27 21 443 9831
ali@wegry.co.za
HEELPAD GRONDPAD!
Ali ons is so 5/6 voertuie,begin by Katwitwi,beweeg reg noord tot by Kuito,dan in die middel deur verby Mussende tot by Calandula valle (net oos van Luanda). Van daar begin ons kus se kant toe werk en kom verby Quibala,Gabela,Sumbe,Lobito en Namibe, dan weer oos tot by Lubango oor die Leba pas en dan af suid binnelands tot by Ruacana waar ons Namibie weer binneval![]()
Chris.
Bang,Skrik en Bewe is aanwendsels
Haaaaiiibo!!!!...as ek so na al die planne kyk is ek skoon bang om te se ons gaan in Augustus bietjie Shingwedzi en Punda Maria toe (kon maar net gese het ons gaan Kruger toe maar die 2 name klink so bietjie eksoties so dit laat my beter voel)...en as ons terugkom gaan ons n naweek kamp by Bass Lake anderkant Cullinan(my eerste keer daar)....einde van die jaar se dinge is nog nie vas gemaak nie.....mamma wil Serengeti toe...toe se ek roep my as die skip gekom het.
Vir almal om die kampvuur wat planne het....nog planne maak en ook die wat droom soos mamma...sterkte en veilig ry waar julle gaan.!!!
O ja George.....my junior is ook in matriek, en ek moes ook al klaar kar koop...tjeld $ is op, soos laasmaand se "pay".
Last edited by Kasane; 10-06-12 at 12:51.
Dankie Franswa, sal probeer kophou op die pad. Gaan ook einde Junie Wildtuin toe met so paar ander draaie.
Groetnis en geniet dit. Veilg ry buurman
Everyday I'm shuffeling
Ons gaan as gesin ( Ons + getroude seun Sebastian en Enisca met 5 mnde oue Mia + ander seun Freddie van Somerset Wes + Ouma van Jeffreysbaai ) ry Saterdagoggend 16 Junie , vroeg deur Transkei tot op Underberg waar ons vir Swaer Ockie en Petro van Bethlehem ontmoet en oornag . Sondag oggend ry ons Sanipas uit en oornag by Molumong Lodge . Maandag ry ons oor Katse Dam en by Caledonspoort uit , Bethlehem toe . Die naweek daarop moet ons weer tuis wees want Freddie moet weer Maandag in die werk op Stellenbosch wees .
Ek het gepraat met iemand van Lesotho en die sneeu beloof om mooi te wees , volgens die persoon .
Ek sien nogal baie uit na hierdie tog oor die berge deur die sneeu .