Het enige-iemand ervaring van 12V/12V battery laaiers. CTEK het 'n produk op die mark maar die prys is baie swaar. Is daar ander produkte met dieselfde werking wat minder swaar oop die sak sal wees? Ek hoor graag van julle.
Het enige-iemand ervaring van 12V/12V battery laaiers. CTEK het 'n produk op die mark maar die prys is baie swaar. Is daar ander produkte met dieselfde werking wat minder swaar oop die sak sal wees? Ek hoor graag van julle.
Ek het 'n bietjie navorsing gedoen oor die GS - GS laaiers. Daar is ander maar die Ctek 250s Dual lyk na 'n baie goeie idee om sekondere diepsiklus batterye te laai, veral die silver calsium tipe. Hierdie batterye het baie volts nodig om behoorlik vol te laai en die Dual kan dit doen. Wat ek geleer het is dat 'n mens dit naby die sekondere battery installeer want dit het 'n draadjie met 'n hitte sensor wat teen die battery se kant sy temperatuur meet en die volts verminder sodra die battery warm word. Maar as dit koud is laai hy laat dit klap.
So, dit lyk of 'n mens die Dual in die sleepwa sit en dan kan dit die volts wat nou al verminder het oor die lang afstand van voor in die 4X4, opjaag na die 14,2 V wat die sekondere battery behoorlik kan laai. As jy dan langs die ver pad aftrek vir boeretroos en die kar afsit, dan kan 'n sonpaneel aangaan met laai. As die sonpaneel agter die sleepwa of karavaan gemonteer word, kan dit tegelyktydig met die alternator laai terwyl 'n mens ry.
Nou om die tweede diepsiklus battery in die 4X4 ook gelaai te hou moet 'n mens 'n tweede Dual in die 4X4 sit.Nog R3550!!
Wat dink julle van die goedkoper opsie om die Ctek 250s Dual soms in die karavaan en soms in die 4X4 te sit en die batterye dan om die beurt te laai volgens watter een dit die nodigste het.
Wat die prys betref, die een hierbo is wat LA Sport in Bloemfontein vra. Op die intertnet sien ek pryse onder R3000. Google net "Ctek 250s Dual price".
Groete en lekker naweek!
Oebie
Probleem is jy kan maksimum 25A laai en almal weet 'n D/C laai stadig so met hulle kan die Ctek werk. As jy egter High Cycle of AGM batterye gebruik wil jy vinniger laai en dan is die Ctek te stadig. Ek sal eerder my geld op AGM of Lead Crystal batterye sit en my stelsel so installeer dat daar die minimum verlies van volt is onder lading.